---
type: BookChapter
work_id: '546'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1958
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1958.md
language: za
position: 40
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5950
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5950.md
markdown_source: converted
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5950.md
---

# Die Werking van Openbaring

## Die Stem van God vandag

*“In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het ...”* (Luk. 10:21). God het telkens Sy Woord vars vanaf die troon geopenbaar en die oë van Sy volk geopen, sodat hulle Sy werk kon herken. Diegene aan wie die Woord deur die Heilige Gees geopenbaar word, kan jubel en juig en die eer bring aan die God van hemel en aarde. *“... vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar My Vader wat in die hemele is”* (Matt. 16:17). Alle ware gelowiges was onder die invloed van openbaring.

Ons vind hierdie feit reeds in Abel, wie se geloof geanker was in die belofte. Hy het geweet dat versoening met God slegs deur die bloed van die Lam gedoen kan word en nie deur die vrugte van die veld nie. Deur geloof het hy 'n welvallige offer aan God gebring.

In Hebreërs 4, vers 7, lees ons: *“… Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie …”.* Daar was 'n *'vandag*' in al die tydperke van die Ou en Nuwe Testamente. Daar was 'n '*Vandag*' in die dae van Noag, Abraham, Moses, ens. Jesus Christus beklemtoon die '*Vandag*' van Sy tyd met die woorde: *“Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul”* (Luk. 4:21).

Oor die algemeen wil almal tred hou met die tye. Maar wat van geestelike vooruitgang? Te veel Christene leef in die verlede. Hulle verwys na die Hervorming en ander herlewingsbewegings uit die verlede asof God niks “vandag” gedoen het nie. Hulle het geen verband gevind met die volgende en verdere werk van God nie. Jesus het gesê: *“Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra”* (Matt. 21:43). Dit is nie genoeg dat ons die tekens van die tyd sien nie, maar ons moet ook die Woord wat God op hierdie tydstip geopenbaar het, erken. Ons moet die regte verbinding met die werk van God kry deur ook onse *'vandag'* te sien. As ons nie onsself ondersoek nie, berou toon en die lering van die Woord van God aanneem nie, dan sal Hy die kandelaar (die simbool vir die Gemeente) verwyder (Openb. 2:5). Dit was altyd 'n minderheid onder die gelowiges, wat wakker geword het deur herlewing. Die ander het denominasies gestig omdat hulle nie hul *'vandag'* van goddelike besoek erken het nie. Dit is algemeen bekend dat die Heilige Gees aan die begin van die eeu op 'n aantal gelowiges geval het. Diegene wat nie deur die werk van die Gees aangegryp is nie omdat hulle hul harte verhard het, het die gawes van die Gees met die skyn-effekte, wat nie van God was nie, voorgehou. Nadat die vuur van hierdie herlewing uitgebus was, het menslik-gesinde predikante weer organisasies gestig. Hulle het in dieselfde lokval beland waarvandaan hulle uitgekom het. Hulle was dus vanaf die uitstorting van die goddelike lewe afgesny en het die beloftes vir die voltooiing van God se werk teëgestaan. *“My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My”* (Joh. 10:27).


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5949.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1958.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5951.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5950.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5950)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5950.md)
