---
type: BookChapter
work_id: '546'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1958
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1958.md
language: za
position: 42
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5952
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5952.md
markdown_source: converted
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5952.md
---

# Die Werking van Openbaring

## Die belofte vir ons tyd

*“Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons”* (IIKor. 1:20). Na die uitstorting van die Heilige Gees op die Pinksterdag in Jerusalem, was die apostel Petrus op 'n spesiale manier as spreker deur God gebruik. Nog steeds onder die invloed van openbaring, gewapen met die krag van die Heilige Gees, lewer hy sy eerste preek. Toe die toestromende skare mense vra: *“Wat kan dit tog wees?”,* het Petrus uit die Woord van God geantwoord: *“Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie … Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is ...”* (Hand. 2: 15-16).

Die apostel Petrus het herhaaldelik verwysings na die profesieë gemaak. Geïnspireer deur die Heilige Gees het hy ons laat weet wat sou gebeur voor die Wederkoms van Jesus Christus. *“Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al Sy heilige profete”* (Hand. 3:21).

Vanweë die outoriteit van hierdie profesie, kan gesê word dat alle dinge herstel en in plek moet kom voordat Jesus Christus weer kom. Die oorspronklike leringe en handelinge van die vroeë Gemeente moet terugkeer in die Gemeente van vandag. Die Here Jesus self het ook duidelik oor die restitusie gepraat en deur wie dit sou gebeur: *“Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel”* (Matt. 17:11).

Jesus het die belofte van restitusie gegee in verband met die bediening van die profeet, wat alles reg tot die regte stand sal bring. Die uitspraak van die Here was in die toekomstige tyd, want Johannes het alreeds sy bediening voltooi en het die heerlikheid betree. Niemand kan dit ontken dat hierdie belofte ooreenstem met Maleági 4, verse 5-6 nie. Dit is die belofte vir ons tyd. Voordat die Here Jesus weer kom, moet alles in orde gebring word en tot die regte toestand herstel word. Deur die profeet Joël sê God: *“En Ek sal julle vergoed die jare …”* (Joël 2:25).


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5951.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1958.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5953.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5952.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5952)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5952.md)
