---
type: BookChapter
work_id: '546'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1958
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1958.md
language: za
position: 46
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5956
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5956.md
markdown_source: converted
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5956.md
---

# Die Werking van Openbaring

## Diens van engele

Aan die begin van die Nuwe Testament word die geboorte van Johannes die Doper deur 'n engel aangekondig (Lukas 1). In dieselfde hoofstuk het die engel Gabriël die geboorte van die Here Jesus Christus aangekondig. In hoofstuk 2, vers 9 kan ons lees, hoe 'n engel van die Here die geboorte van Jesus Christus aan die herders aangekondig het: *“En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees ...”.* Die hele hemel het gedeel in wat God op aarde gedoen het. Vers 13 sê: *“En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leër-skare wat God prys …”.* God het Sy boodskappers in die hemel en Hy het hulle op aarde. *“En 'n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa ...”*' (Hand. 8:26).

Petrus het 'n besonderse ervaring gehad: *“En meteens staan daar 'n engel van die Here by hom, en 'n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê vir hom ...”*(Handelinge 12:7) Die diens van die engele is 'n werklikheid. Paulus vertel van 'n soortgelyke ervaring: *“Want daar het in hierdie nag by my gestaan 'n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien. En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus …”* (Hand. 27:23).

Die diens van die engele is 'n goddelike bevestiging van die bonatuurlike werk van die Here in die lewe van God se diensknegte wat 'n roeping en 'n sending ontvang het. Die Bybel is nie 'n natuurlike boek nie, maar 'n bonatuurlike boek. Nie net in die Nuwe Testament nie, maar ook in die Ou Testament, is engele deur God gestuur om aan Sy diensknegte 'n boodskap of opdrag te lewer.

Daniel het 'n visioen gehad wat hy nie verstaan het nie. Toe word ‘n engel onmiddellik na hom gestuur met die opdrag: *“Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan!”*(Dan. 8:16). *“... Toe sê hy: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde”* (Dan. 8:19).

Daar kan baie skrifgedeeltes genoem word wat getuig van die bonatuurlike diens in die lewens van die knegte en profete van God. Die skrywer van die Hebreërs-brief sê die volgende oor die diens van die engele: *“Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?”* (Heb. 1:14). God se werk is onveranderlik. Jesus Christus is gister, vandag en ewig dieselfde.

Die dienste van engele is vandag nog geldig. Ons verneem met diepe dankbaarheid, dat 'n engel van die Here in 1946 na Broeder Branham gestuur was en vir hom gesê het: **“Moenie vrees nie! Ek is uit die teenwoordigheid van die Almagtige God gestuur om vir jou te sê dat jou ongewone lewe en misverstaande weë, aandui dat God jou met 'n gawe van goddelike genesing na die mense van die wêreld stuur. As jy opreg is en mense jou laat glo, sal niks jou gebed verhinder ​​nie, nie eens kanker nie”**. Na hierdie opdrag was hy op ‘n unieke wyse as baanbreker gebruik vir die kragtigste genesings-herlewing in die geskiedenis van die Gemeente.

Profete word deur God vooruit bestem: *“Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak”* (Jer. 1:5). *“Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik”* (Rom. 11:29).

Broeder Branham het herhaaldelik gepraat van die feit dat hy op 6 April, 1909, omstreeks 5v.m. gebore was. Hy het sy eerste bonatuurlike ervaring gehad toe hy driejaar was en 'n hoorbare stem vir hom gesê het dat hy die grootste deel van sy lewe naby New Albany sou deurbring. Op die ouderdom van sewe het hy dieselfde stem hoor sê: “Moenie drink nie, moenie rook nie en moenie jou liggaam op enige manier bevlek nie, want as jy ouer word, is daar ‘n werk wat jy moet doen”.

Op 11 Junie, 1933, terwyl Broeder Branham 'n paar honderd mense in die rivier gedoop het na 'n evangelisasie-diens, het iets buitengewoons gebeur. Net toe hy die sewentiende persoon wou doop, het 'n lig deur die lae wolke gebreek en bo hom gebly terwyl 'n kragtige stem gesê het: “Soos Johannes die Doper, die eerste koms van Christus vooruit gestuur is, word jy met 'n boodskap gestuur, voor die Wederkoms van Christus”. Baie van die omtrent 4,000 mense wat hierdie doop-diens bygewoon het, het flou geword toe hulle die hemelse verskynsel sien.

Die invloed van sy God-geseënde bediening was wêreldwyd. Johannes 14, vers 12 is vervul: *“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen ...”.* Ontelbare mense is bevry van sonde en gered deur geloof in Jesus Christus en tienduisende is genees van elke soort siekte en lyding, selfs kanker. Dit sou te veel wees as ons die vele ervarings in die lewe van die dienskneg van God, wie die Here in ons tyd gebruik het, sou wou beskryf. Hy het God se teenwoordigheid nie net in die byeenkomste ervaar nie, maar ook in sy daaglikse lewe.

Aan die einde van die vyftigerjare het Broeder Branham in besonders gelei gevoel om die bybelse leringe op die kandelaar te plaas. Sy bediening het die profetiese wêreld betree. Hy het gepraat oor die sewe sendbriewe en die sewe seëls van Openbaring, sowel as al die verborgenhede van die Bybel vanaf Genesis tot Openbaring.


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5955.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1958.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5957.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5956.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5956)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5956.md)
