---
type: BookChapter
work_id: '109'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1960
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1960.md
language: za
position: 19
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5977
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5977.md
markdown_source: converted
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5977.md
---

# Globale Inligting - Opklaring van Bo

## So spreek die Here: "Ek sal My Gemeente bou!"

Die Nuwe Testament ken net die een Gemeente van Jesus Christus, wat die pilaar en grondslag van die waarheid is (ITim. 3:15). Sy Gemeente bestaan ​​uit die eersgeborene wat in die hemele opgeskrywe is (Heb. 12:23), wie se name in die boek van die lewe is (Openb. 3:5). Hulle word as *"lewende stene*opgebou*, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus"* Alle ware gelowiges in Jesus Christus is *"'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry …"* (IPet. 2: 5-10). Amen.

Die ware Gemeente van Jesus Christus is *"...**gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is**, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van God in die Gees"* (Efé 2: 20-22). Amen. In hierdie Gemeente is waarlik, *"een Here, een geloof, een doop"* (Efé. 4:5).

Diegene wat weergebore is deur die Gees van God, vorm die liggaam van Christus: *"Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.**Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam**, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge".* Amen. Deur die doping met die Gees, word die individuele lede bonatuurlik geplaas in die liggaam van Christus. *"**Maar julle is die liggaam van Christus**en lede afsonderlik.**En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking**..."* (IKorinthiërs 12: 4-30). Amen. Weereens hier, word ons vertel dat dit God self is wat die bedieninge in die Gemeente daarstel.

Die Here het in Sy Gemeente geplaas, *"... sommige as **apostels**, ander as**profete**, ander as **evangeliste**, ander as **herders**en **leraars**, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus ..."* (Efé. 4: 1-16). Amen.

Vanaf die begin af, in hul opbouing, tot die voltooiing met die Wederkoms van Christus, ervaar die Gemeente van Jesus Christus die bonatuurlike werk van God deur die krag van die Heilige Gees. *"… Daar is wel**verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees**; en daar is**verskeidenheid van bedieninge**, en tog is dit dieselfde Here; en daar is**verskeidenheid van werkinge**, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk"*. Amen.

In die Gemeente van die lewende God, is van toepassing op Sy diensknegte, soos geskryf is: *"Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is"*.

In die Gemeente is die volgende bedieninge, wat slegs werkend is deur die Gees van God:

*"… aan die een word deur die Gees 'n**woord van wysheid**gegee, en aan die ander 'n**woord van kennis**vanweë dieselfde Gees; aan 'n ander weer **geloof**deur dieselfde Gees, en aan 'n ander **genadegawes van gesondmaking**deur dieselfde Gees; aan 'n ander**werkinge van kragte**, aan 'n ander**profesie**, aan 'n ander **onderskeiding van die geeste**, aan 'n ander **allerhande tale**, aan 'n ander **uitleg van tale**.**Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil**".* Amen. Die Skrif ken nie enige liturgie nie.

Die volgorde van aanbidding en die harmonie in die vroeë Gemeente word aan ons in IKorinthiërs 14 in meer detail beskryf. Daar word dit aangedui hoe spontaan die Gees van God werk: *"Maar as daar iets geopenbaar is aan 'n ander wat daar sit, laat die eerste swyg ... God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges".* Vroue moet nie tydens eredienste vrae vra nie, maar hulle eggenote by die huis vra. Dit is die riglyn waarteen niemand beswaar kan het nie. Dan volg die heel verstaanbare verklaring: *"As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe,**bevele van die Here is**.**Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly**"* (IKor. 14: 37-38). Amen. Wie nie die God-gegewe gemeentelike orde van die Nuwe Testamentiese Gemeente erken nie, word ook nie deur God erken nie. En almal weet dat daardie orde glad nie bestaan ​​in enige staats- of formele kerk op aarde nie! almal het hul eie liturgie en hulle aanbiddingsorde dui slegs op 'n vorm van godsaligheid.

Maar ons besef dat dit goddelike opdragte en verordeninge is wat ‘n man van God, op grond van ‘n goddelike roeping, oordra aan die Gemeente. In die vroeë Gemeente het die goddelike orde in alle plaaslike gemeentes gegeld.

*"… daar was in die plaaslike gemeente in Antiochíë sekere profete en leraars, naamlik Bárnabas en Símeon wat Niger genoem word, en Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met Herodes, die viervors grootgeword het, en Saulus".*

Aangaande die bediening van die profete en leraars, beskrywe die volgende Skrif ‘n erediens in die oorspronklike gemeente: *"En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas,**het die Heilige Gees gesê**: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het. En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan. So het hulle dan,**deur die Heilige Gees uitgestuur**, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus. En toe hulle in Sálamis kom, het hulle die woord van God verkondig  ...."* (Hand. 13: 1-5).

Die struktuur, orde, bedieninge en gawes van die Gemeente van Jesus Christus, word in detail aan ons beskryf in die baie hoofstukke van die boek Handelinge en in die briewe. Dit is die oorspronklike patroon van die Gemeente van die lewende God! In Handelinge 15 word ons vertel hoe die ouderlinge en die apostels, die veel-besproke kwessie oor die besnydenis gehanteer het. Die antwoord kom toe uit die mond van die verordeneerde Petrus: *"Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.**En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof**"*. So, dit was 'n voortsetting, net soos in die begin met die ware doping van die Heilige Gees, wat die gelowiges ontvang het. Dan gaan Jakobus voort: *"Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om 'n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.**En hiermee stem die woorde van die profete ooreen**, soos geskrywe is (Amos 9: 11-12) ...”.* As slotsom, sê dit: *"**Want die Heilige Gees en ons het besluit**om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: ..."*.

Ons lees verder: *"En Judas en Silas,**wat self ook profete was**, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk"* (Hand. 15: 1-34). Sedert die stigting van die nuwe-testamentiese Gemeente, deur die uitstorting van die Heilige Gees, sien ons die bonatuurlike werking van God, deur Sy bedieninge en gawes. Direk met die aanvang is die ware evangelie van Jesus Christus en die hele raad van God aan Sy Gemeente deur die van Hom gekose getuies, geopenbaar: *"waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan, wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie**soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het**... volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here ..."* (Efé. 3: 4-11). Amen.

Die apostel Petrus het alreeds in die vroeë Gemeente vermaan: *"... sodat julle die woorde kan onthou **wat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser**"* (IIPet. 3:2).

Die Apostel Johannes skryf: *"**Wat van die begin af was**, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe — en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe ..."* (IJoh. 1: 1-2.). Amen. Die aanvoering van die uur is dus: Terug na die begin.

Kom ons som dit kortliks op: die Gemeente van Jesus Christus, onse Here, is nie ’n mens-geleide organisasie nie, maar 'n lewende organisme; dit is die liggaam van Jesus Christus, wat bestaan ​​uit baie lede. Die gemeente van die lewende God, word hier aan die einde van die genadetyd, weer heeltemal teruggebring na die goddelike heilsorde. Die beloofde terugkeer van ons Here en Bruidegom (Joh. 14: 1-3; Matt 25: 1-10), kan volgens die getuienis van die Heilige Skrif, eers plaasvind wanneer die Gemeente na die oorspronklike stand terug gebring is: *"HOM wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die**wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete**…"* (Hand. 3:21). Amen.

Van die gelowiges in die vroeë Gemeente word gesê: *"En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede"* (Hand. 2:42). Dit is die kenmerke van die ware Gemeente van Jesus Christus: Eerstens die leer van die apostels; tweedens, die gemeenskap van diegene wat in hierdie leer bly; derdens, dat hulle deelneem aan die nagmaal van die Here, wat gekenmerk word deur die breking van die brood en vierdens, die handhawing van gebedsgemeenskap. Onse Here en Verlosser het self die voorbeeld van die broodbreking gegee. Hy het nie misbrooidjies uitgedeel nie, maar gedoen soos geskrywe is: *"… neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels ..."* (Matt. 26:26). Amen.

Die ware gemeente vier die nagmaal vandag met brood wat voorberei is en in ooreenstemming met die aantal deelnemers. So ook vier die gemeente vandag die nagmaal met 'n beker, wat geseën word en waaraan almal deelneem. So is dit geskrywe, en so is dit vir ewig. Na Sy opstanding het onse Here dieselfde gedoen as voorheen: *"... En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle ..."* (Luk. 24:30). Amen. In Handelinge 20, vers 7, lees ons: *"En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek ...".* Paulus skryf aan die gemeente in Korinthe: *"die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?"* (IKor. 10: 16-22 ; IKor. 11: 23-34). Amen.


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5976.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1960.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5978.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5977.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5977)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5977.md)
