---
type: BookChapter
work_id: '177'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1964
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1964.md
language: za
position: 277
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/6042
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/6042.md
markdown_source: converted
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/6042.md
---

# Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

## Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het?

Antwoord: “SOOS JOHANNES DIE DOPER GESTUUR WAS OM DIE EERSTE KOMS VAN CHRISTUS VOORUIT TE LOOP, SO SAL DIE BOODSKAP WAT AAN JOU GEGEE WORD, DIE TWEEDE KOMS VOORUITLOOP”.

Dieselfde woorde het ongeveer veertig keer uit die mond van Broeder Branham in verskillende preke gekom. Ongelukkig was die bewoording gewysig na die volgende weergawe en selfs later aan die binnekant van die voordeur van Broeder Branham se huis in Tucson gekerf: “Soos Johannes die Doper gestuur was om die eerste koms van die HERE vooruit te loop, so word jy gestuur om die tweede koms vooruit te loop”.

Niemand het die reg om so 'n verandering aan te bring nie. Daardeur word die oorspronklike opdrag, dat dit die boodskap is wat die tweede koms van Christus vooraf sal gaan, dus ontken! Wie dit doen impliseer dat Broeder Branham meer as veertig keer gelieg het, dws, elke keer toe hy die oorspronklike bewoording weergee het, naamlik dat *die boodskap*die tweede koms van Christus sal voorafgaan. Hy het selfs benadruk:

“… nie dat ek die voorloper sal wees nie, maar die boodskap sal die voorloper wees” (“TESTIMONY”, Puerto Rico, 10 Februarie, 1959).

Wie praat nou die waarheid? Die manne wie Broeder Branham persoonlik geken het, of William Branham, wie die HERE persoonlik geken het? Wat motiveer hierdie broeders om ander te mislei en geestelik aan húlle siening te bind? Hulle wys op die verlede en ook na die vermeende toekomstige bediening van die profeet, maar ignoreer wat God teenwoordiglik doen.


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/6041.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1964.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/6043.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/6042.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/6042)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/6042.md)
