God en sy plan met die mensdom

Die Godheid

« »

Die Joodse en die Christelike godsdiens sowel as die van Islam word monoteïstiese godsdienste genoem. Dit is, hulle glo dat daar net een God is. Tog het hulle heeltemal verskillende opvattinge oor God; hulle leerstellinge en uitgangspunte is in skrille kontras met mekaar. 

Hoe het dit dan gekom tot sulke onderskeidelike ontwikkelinge? Het God nie Homself duidelik genoeg uitgedruk nie? As die aanvangspunt dieselfde was moet die uitgangspunt dieselfde wees. Het die Jodedom Hom nie as draer van Sy getuienisse Sy selfopenbaring erken nie? Het die Christene die Jode misverstaan en die Moslems hulle selfs verwerp? God het 'n alles-omvattende self-getuienis afgelê. Daar moet 'n duidelike onderskeid wees tussen die getuienis van die Skrif, wat in volle ooreenstemming gegee is deur al Sy profete en tussen wat skrifgeleerdes en wyses dit gemaak het. Vir die ware gelowiges kan net van toepassing wees wat God sê in Sy Woord. Wat mense oor Hom en Sy Woord sê is wat die verskillende godsdienste opgelewer het. Die HERE wil Homself voorstel soos Hy is. 

Die profeet Jesaja het verklaar: “Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is – voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie. Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie” (Jes. 43:10-11). ‘n Waaragtige getuie moes gesien en gehoor het. Hy moes daar gewees het toe die ding gebeur het, as hy ‘n getuie wil wees. Die profete was dies na wie die Woord gekom het; God het hulle gebruik om te getuig wat hulle gesien, gehoor en ervaar het. Die volk Israel word kollektiewelik aangespreek as dienaar en getuie. Deur Abraham, Isak en Jakob is hulle gekies om die selfgetuienis van God in die allerheiligstes geloof te dra. Die taak van die Gemeente is om van die self-openbaring van God en van die eintlike verwesenliking van die grootste verborgenheid van God te getuig. 

Van Johannes die Doper is gesê: “Daar was ’n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. Hy het tot ’n getuienis gekom om van die Lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. Hy was nie die Lig nie, maar hy moes van die Lig getuig” (Joh. 1:6-8). Die mees geloofwaardige getuie was die HERE self, wie kon sê: “Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie. Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is" (Joh. 3:31-33). 

Byna dieselfde woorde as in Jesaja 43 is aan die apostels gespreek, wie oor- en ooggetuies was oor alles wat gebeur het in daardie tyd: “… en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde” (Hand. 1:8). Die apostels het ook elkeen op hulle beurt hiervan getuig. Johannes skryf: “Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe … wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle” (1Joh. 1:1-3). Petrus het gesê: “… maar ons was aanskouers van sy majesteit” (2Pet. 1:16). 

Die harmonie van Ou en Nuwe Testament en die volledige ooreenstemming van die profete en apostels moet almal oorweldig. Deurgans is dit die een en ware God wat praat. Johannes skryf: “wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het” (Openb. 1:2). In die profete en apostels se woordeskat kry ‘n mens nie die volgende nie: "Ek bedoel …", "Ek dink.", "Volgens my." of "Dit kan wees …" – in hul woorde en getuienisse is absolute gewisheid omdat hulle gehoor, gesien en ervaar het. 

Ons wil ons in hierdie voorlegging nie bemoei met wat geleerdes in teologie sê, skryf of andersins verduidelik nie, maar ons wil onsself slegs bepaal by die heilige Skrif as die enigste geldige grondslag. Die bewering dat niemand die Bybel kan verstaan nie, is nie waar nie. 1Korinthiërs 2:14 is dit eens: “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word”

Volgens Johannes 16:13 word die ware gelowiges gelei deur die Gees in die volle waarheid van die Woord: “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei”. Nog steeds geld die Woord: “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God” (Rom. 8:14). Die gees van die mens het geen toegang tot daardie dimensie nie: “Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God” (1Kor. 2:10). Deur die Woord van God word God se geheimenisvolle, verborge wysheid, aan ons voorgelê (1Kor. 2:7). 

Van ewigheid af was God, wat in wese gees is (Joh. 4:24), in Sy volheid verborge. In 1Timotheüs 6:16 sê dit: “wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie …” Die ewigheid het nooit begin nie en kan dus nooit eindig nie. Toe God vanuit die ewigheid na vore kom, toe breek tyd aan; die Bybel noem daardie oomblik "die begin". In die begin het God se onsigbare bestaan 'n sigbare gees-liggaam manifestasie geword. 

In Génesis 1:1 lees ons: “In die begin het God die hemel en die aarde geskape”. Eerstens skape God die hemel en alles wat dit vul, daarna die aarde en die see en alles wat daarin is. Aanvanklik was hierdie planeet woes en leeg; daar was geen lig en geen lewe op die aarde nie en duisternis was op die wêreld vloed. Toe sê Hy in Sy almagtigheid: “Laat daar lig wees! En daar was lig.” Alles het deur die krag van Sy gesproke woord ontstaan, want Sy Woord het skeppingskrag (Heb. 11:3). Die majestueuse skepping van die heelal is ‘n geweldige getuienis van die magtigheid van die Skepper. 

Niemand moet probeer om God te peil met hul gedagtes of God met tasbare formulerings verklaar nie. Hy is in beginsel verhewe bo alles wat verstaanbaar is. Dit is geskryf: “Kyk, die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie …” (1Kon. 8:27). Ook: “So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete” (Jes. 66:1). 

Die oral-teenwoordige en Almagtige vul die oneindige heelal; Hy het nie 'n onbekende, naamlose, verborge God gebly nie, maar het Homself van die begin af op menigvuldige wyse aan die mense geopenbaar. 

Die Joodse en die Christelike godsdiens sowel as die van Islam word monoteïstiese godsdienste genoem. Dit is, hulle glo dat daar net een God is. Tog het hulle heeltemal verskillende opvattinge oor God; hulle leerstellinge en uitgangspunte is in skrille kontras met mekaar. 

Hoe het dit dan gekom tot sulke onderskeidelike ontwikkelinge? Het God nie Homself duidelik genoeg uitgedruk nie? As die aanvangspunt dieselfde was moet die uitgangspunt dieselfde wees. Het die Jodedom Hom nie as draer van Sy getuienisse Sy selfopenbaring erken nie? Het die Christene die Jode misverstaan en die Moslems hulle selfs verwerp? God het 'n alles-omvattende self-getuienis afgelê. Daar moet 'n duidelike onderskeid wees tussen die getuienis van die Skrif, wat in volle ooreenstemming gegee is deur al Sy profete en tussen wat skrifgeleerdes en wyses dit gemaak het. Vir die ware gelowiges kan net van toepassing wees wat God sê in Sy Woord. Wat mense oor Hom en Sy Woord sê is wat die verskillende godsdienste opgelewer het. Die HERE wil Homself voorstel soos Hy is. 

Die profeet Jesaja het verklaar: “Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is – voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie. Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie” (Jes. 43:10-11). ‘n Waaragtige getuie moes gesien en gehoor het. Hy moes daar gewees het toe die ding gebeur het, as hy ‘n getuie wil wees. Die profete was dies na wie die Woord gekom het; God het hulle gebruik om te getuig wat hulle gesien, gehoor en ervaar het. Die volk Israel word kollektiewelik aangespreek as dienaar en getuie. Deur Abraham, Isak en Jakob is hulle gekies om die selfgetuienis van God in die allerheiligstes geloof te dra. Die taak van die Gemeente is om van die self-openbaring van God en van die eintlike verwesenliking van die grootste verborgenheid van God te getuig. 

Van Johannes die Doper is gesê: “Daar was ’n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. Hy het tot ’n getuienis gekom om van die Lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. Hy was nie die Lig nie, maar hy moes van die Lig getuig” (Joh. 1:6-8). Die mees geloofwaardige getuie was die HERE self, wie kon sê: “Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie. Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is" (Joh. 3:31-33). 

Byna dieselfde woorde as in Jesaja 43 is aan die apostels gespreek, wie oor- en ooggetuies was oor alles wat gebeur het in daardie tyd: “… en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde” (Hand. 1:8). Die apostels het ook elkeen op hulle beurt hiervan getuig. Johannes skryf: “Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe … wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle” (1Joh. 1:1-3). Petrus het gesê: “… maar ons was aanskouers van sy majesteit” (2Pet. 1:16). 

Die harmonie van Ou en Nuwe Testament en die volledige ooreenstemming van die profete en apostels moet almal oorweldig. Deurgans is dit die een en ware God wat praat. Johannes skryf: “wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christusalles wat hy gesien het” (Openb. 1:2). In die profete en apostels se woordeskat kry ‘n mens nie die volgende nie: "Ek bedoel …", "Ek dink….", "Volgens my…." of "Dit kan wees …" – in hul woorde en getuienisse is absolute gewisheid omdat hulle gehoor, gesien en ervaar het. 