Die Antichris

Inleiding

« »

In hierdie skrywe bepaal ons onsself hoofsaaklik op die boek van Daniël en die boek Openbaring. Tot redelik onlangs nog, kon selfs die internasionaal-bekende bybel-leraars nie regtig die inhoud van hierdie twee profetiese boeke onder die knie kry nie. Hulle was voortdurend voor nuwe raaisels, want hulle was nie in 'n posisie om die simboliese taal-gebruik te ontsyfer nie. Wat onder direkte inspirasie van bo geskryf is kan ook net deur 'n spesiale openbaring vanuit die hoogte onthul en bekend gemaak word. In hierdie opsig kan geen mensegees hierdie dinge peil nie of menslike filosofie daaroor navors nie; dit is slegs die Gees van God wat hierdie dinge kan verlig en dit onthul wat verborge is (1Kor. 2: 10-13). Toe die tyd vir profetiese daarlegging nog nie aangebreek het nie, het mense eenvoudig net geskryf volgens hul eie kennis en na die beste van hul vermoë.

Bybel-profesieë kan nie geïnterpreteer word nie. Inteendeel, die vervulling daarvan moet eerder net erken en waargeneem word. Eskatologiese gebeure, dws, die gebeure van die eindtyd, is vooraf geprogrammeer deur goddelike vootuitbestemming. God het beide die menselike geskiedenis en die plan van verlossing vooraf laat neerskryf. Wat bybel-kenners tot dusver gesê het is, soos ons sal sien, teenstrydig met die duidelike direkte antwoorde uit die Woord van God. As iemand meen dat hy iets weet, moet hy in gedagte hou dat alles ooreen moet stem met die hele getuienis van die Skrif en net soos dit vasgelê is. Wat oor 'n tema gesê word is net waar wanneer die laaste vraag wat daarmee verband hou, ook duidelik en bevredigend beantwoord kan word uit die Woord van God.

As die HERE ons insig gegee het oor die profesiëe van die Skrif, is dit nie omdat ons die Bybel deeglik gelees het nie, maar omdat die tyd nou aangebreek het dat die verborgenhede van God bekend gemaak moet word. Sonder enige twyfel leef ons nou in die laaste deel van die heilsgeskiedenis. Die besef van hierdie bevinding is nie om paniek te saai of om die wêreldondergang aan te blaas nie, maar eerder sodat 'n ontwaking en 'n ontnugtering kan plaasvind. Dit gaan daarom: om aan te dui dat die profetiese woord, wat agter die evangelistiese en lerings- gedeeltes sit, nie moet agterbly nie.

Die profeet Daniël was beveel: "En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder" (Hoofstuk 12:4).

Die verseëling van die belangrike inhoud van hierdie boek was nie om vir ewig te bly nie, maar net tot op die eindtyd. Beide die Ou en Nuwe Testament praat oor die "eindtyd", oftewel, die "laaste dae". In Daniël 8:17 en 19 sê dit: "Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde ... Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde".

Wat tot onlangs nog verborge en verseël was, en gevolglik nie verstaan was nie, is nou geopenbaar. Na hierdie aanbieding uit die boek van Daniël en die boek Openbaring sal alles gewis beter verstaan word.

Die profeet Daniël het visioene gesien waarin sekere verwikkelinge en gebeure in simbool-vorm aangekondig was en nie vertolk was nie, maar die engel Gabriël was na hom gestuur om aan hom te verduidelik wat hy gesien het. Daniël getuig hieroor in hoofstuk 9, verse 22 en 23: "En hy het my onderrig en met my gespreek en gesê: Daniël, nou het ek heengegaan om jou insig te gee. By die begin van jou smekinge het 'n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is 'n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig".

Net soos destyds, so moet ons vandag die duidelike en korrekte begrip het; ons moet ook soos Daniël, deur 'n diepe begeerte van die hart, in gebed klaarheid van God ontvang. Die sleutel daartoe is in die aankondiging van die engel: "Gee dan ag op die woord en verstaan die gesig" (Dan. 9:23). Wie nie ag slaan op die Woord nie, ten spyte van 'n vermeende openbaring, sal in ‘n dwaling gaan. God is gebind tot Sy Woord; Hy bewerk alles volgens Sy Woord. In Daniël 10:21 lees ons: "Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid". Ons nodig nie om meer te weet nie en ons wil ook nie meer weet nie. Ons wil graag net ervaar wat en soos geskryf is in die Boek van die Waarheid.

Volgens Openbaring 1:1 was Johannes ook besoek deur 'n Engel op die eiland Patmos: "Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het". Nadat hy al hierdie gesigte en gebeure in figure gesien het, maak hy die volgende stelling in hoofstuk 22: 8-9: "En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het. Toe sê hy vir my: Moenie! Want ek is ‘n mede- dienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God".

Lof en aanbidding behoort aan God alleen, selfs al stuur Hy 'n hemelse of aardse engel of boodskapper, deur wie Hy praat en werk (Heb. 1:7). 'n Direkte profeties-apostoliese bediening hou altyd verband met ‘n heilsgeskiedkundige opdrag. Een wat net 'n denkbeeldige bewustheid het van 'n kommissie, bind mense net aan homself en sy leringe, en hulle word sy volgelinge. Wie egter deur God gestuur is, spreek God se woorde en verbind die mense met God. So ‘n man van God baan die weg en berei terselfdertyd die pad voor vir God se volk; daardeur word alle geestelike hindernisse uit die weg geruim (Jes. 62:10). So word mense eintlik dissipels en volgelinge van Jesus Christus.

Hierdie gedagte herinner ons aan die profesie van Maleági 3.1 in die Ou Testament: "Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan ...". Dit was vervul deur Johannes die Doper wat die HERE vooruit gestuur het (Matt. 11.10).

In Openbaring 22:6 lees ons: "Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die HERE, die God van die heilige profete, het Sy engel gestuur om Sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur". Ten slotte daarvan sê die HERE self: "Ek, Jesus, het My engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig" (vers 16).

Wanneer gebeurtenisse van heilsgeskiedkundige betekenis geskied, stuur God altyd ‘n engel of ‘n profeet. "Want die Here HERE doen niks tensy Hy Sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie" (Am. 3.7). So byvoorbeeld is die geboorte van Johannes die Doper aangekondig deur 'n engel (Luk. 1:13). In die velde van Bethlehem het die herders die hemelse leërskare hoor sing en by monde van ‘n engel hoor hulle die aankondiging van die geboorte van die Verlosser: "Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is" (Luk. 2:10,11). Die opening van die seëls is ook aangekondig op 'n bonatuurlike wyse.