Die Antichris
Dit is so belangrik om duidelikheid te kry oor hierdie kwessie van die antichris dat ons onsself sonder voorbedagte idees sal wend tot die Woord van God, om hierdie misterieuse figuur deur die Skrif uit te lig. Soos reeds genoem, het mense al lank hul eie menings daaroor, met variasies wat heeltemal verskil. Ons is egter geregtig om 'n onfeilbare en onweerlegbare antwoord en dit kan net aan ons gegee word deur die onfeilbare Woord van God.
Al die getuienisse van die Skrif is op sigself en in verhouding met mekaar, bewys van die waaragtigheid van God. Die skepping getuig van sy Skepper. Wie die Skepper wil ontken moet ook die bestaan van die heerlikheid van die heelal ontken. Diegene wat gered is, is lewende bewyse dat daar 'n Verlosser is. Goddelike dinge hoef nie bevestig of bewys te word deur die mense nie – dit is die bewese realiteit self. Dit geld vir elke tema en op alle gebiede van die Skrif.
Die komplekse onderwerp oor die antichris is een van die moeilikste onderwerpe op godsdienstige gebied. Eers is daar die geheimenisvolle godheid van Jesus Christus en in die tweede plek vind ons die geheimsinnige persoon van die antichris. Beide is vir die meeste mense 'n raaisel. In beide gevalle is die menings daaroor wyd uiteenlopend. Daar is op die aarde geen preekstoel, geen leraar wat bindende uitsluitsel daaroor kan gee nie. Die tradisionele teologie is in hierdie opsig heeltemal verkeerd; dit bevat bloot interpretasies wat die huidige argitektuur van die verskillende kerke weerspieël.
Soos reeds deur die profeet Daniël genoem, sal hierdie geheimenisvolle boek tot die tyd van die einde gesluit en verseël bly. In Openbaring 5:1 leer ons ook dat daar in die Nuwe Testament 'n verseëlde boek is. Die vraag daarby lei: "Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?" (Vers 2). Johannes, wie ‘n voorsmaak gehad het van hierdie gebeure, het die antwoord ontvang: "Kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek" (v. 5).
In hierdie daarlegging kan ons nie die opening van die seëls en hul omvangryke betekenis, of selfs die inhoud daarvan behandel nie. Ons wil hier graag net die tema behandel soos aangebied, met die simbole wat daaraan verbonde is, soos ons dit dikwels teëkom in die Skrif. In die profetiese boeke en in die gelykenisse van die HERE het ons te doen met beelde waarin die ware betekenis verborge is. Dit praat van diere, koppe, horings, beeld van die dier, merk van die dier, die getal van die dier, en selfs van 'n hoer wat op die dier sit, ens. Met die hulp van die Heilige Skrif sal ons sorgvuldig navraag doen oor die betekenis van hierdie simbole.
Die antichristelike stelsel is veelsydig en loop parallel met die bykans twee-duisend-jarige Heilsgeskiedenis. Die Skrif wys hierop in verskeie weergawes. Paulus beskryf die persoon se handelinge met ‘n aantal titels. Met ‘n profetiese siening was hy in staat om 'n akkurate beskrywing van hom te gee. Die apostel skryf vermanend: "Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is... En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net todat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die HERE met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy aankoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie" (2Thes. 2: 3-10).
Die volgende teenstellinge wys 'n paar kenmerke van die antichris duidelik uit:
Christus het gekom in die Naam van Sy Vader (Joh. 5:43a); die nabootser kom in sy eie naam (Joh. 5:43b).
Christus het Homself tot die dood verneder (Fil. 2:8);
die seun van die verderf verhef homself bo alles (2Thess. 2:4).
Christus was verag en deur die mense verlaat (Jes. 53:3);
die antichris laat homself gevier en aanbid word (Openb. 13:8).
Christus is die ware profeet (Deut. 18: 15-18; Hand. 3: 22-23); die antichris is die valse profeet (Openb. 16:13; 20:10).
Christus getuig van die waarheid (Joh. 18:37);
die verleier werp die waarheid op die grond neer (Dan. 8:12).
Christus het gekom om die wil van God te doen (Hebr. 10: 7-10); die antichris voer sy eie wil deur (Dan. 11:36).
Christus het gekom om te soek en te red wat verlore was (Luk. 19:10); die antichris is gerig daarop om die heiliges te vernietig (Dan. 8:24).
Christus was onderhewig aan die wet van God (Matt. 5:17); die teenstander is die wettelose (2Thess. 2:8; Dan. 7:25a).
Christus word die Seun van God genoem (Luk. 1:35);
die antichris word die mens van sonde genoem (2Thess. 2:3).
Christus is die verborgenheid van die godsaligheid (1Tim 3:16);
die antichris is die verborgenheid van die ongeregtigheid (2Thess. 2:7).
Hierdie vergelykings kan nog verder voortgesit word, sou dit nodig wees, sodat ons hierdie persoon behoorlik voor oog kan hou. In hierdie daarlegging sal die kontraste, wat baie tot nou toe nog nie erken nie, selfs meer duidelik aan in die lig kom. In Daniël, in die briewe van die Apostels en in Openbaring kom ons verskillende benamings teë wat egter altyd na dieselfde persoon verwys; dieselfde stelsel word in sy veelvuldigheid beskrywe.