Die Antichris
Om mee af te sluit, wil ons nou kortliks nog enkele kenmerke van die antichris aanspreek. Paulus verwys na hom as "die wettelose", dws, iemand wat hom van die wet losgemaak het – hy besef nie dat dit nie gaan oor wat Moses in die wet neergelê het nie, maar eerder oor die deel van die heilsgeskiedenis wat vanuit die Ou Testament geopenbaar word. Almal het die wet gebreek en almal het God se gebooie oortree: "En Moses was wel getrou in sy hele huis as 'n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word ..." (Hebr. 3:5). Dit is die plan van verlossing wat geskets word as 'n skaduwee te midde van al die wetsvoorskrifte. In die Bergpredikasie sê Jesus: "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteljie van die wet ooit verby gaan totdat alles gebeur het nie" (Matt. 5: 17-18). Die term "gebeur", verwys sonder twyfel na die Ou Testament profetiese deel.
Nadat die HERE opgestaan het, sê dit oor Hom in Lukas 24:27: "En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het". Dan in verse 44 en 45: "En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan".
Ons vind so dikwels in die Nuwe Testament die terme "soos die Skrif sê ..." of "soos geskrywe is ...", onder andere. Elke keer verwys dit na die Ou Testament. Toe Jesus gepreek het, was die Nuwe Testament nog nie geskryf nie. 'n Dienskneg van God sluit altyd die Ou Testament in met die verkondiging van die Evangelie. Van Paulus word berig: "... en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in ‘n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus" (Hand. 28:23).
Slegs diegene wat die Koninkryk van God op die apostoliese manier verkondig sal Jesus en die bybelse leerstellinge verkondig soos dit die geval was in die vroeë christendom. Die apostel getuig in Handelinge 26:22: "... en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie".
Nadat Petrus in Handelinge 15 sy toespraak gelewer het, antwoord Jakobus en sê: "Broeders, luister na my! Simeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om 'n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is ..." (verse 13-15).
Maar die wettelose ondersteun sy eie teologie, geskei van die Ou Testament, en hy interpreteer die inhoud van die Nuwe Testament op sy eie manier.
Hierdie man het ook die benaming “seun van die verderf”. Hierdie term was op ‘n vorige keer teen een man gebruik, en dit was Judas. In Johan- nes 17:12 sê Jesus van hom: "...en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word". Net soos Judas, beroep die seun van die verderf, die verraaier van die saak van Christus, hom ook op Christus.
In Johannes 13:2 lees ons: "... die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai ...". Beide Judas en die antichris word in verbinding met die duiwel gebring. "Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel!" (Joh. 6:70). Paulus beskryf die antichris in die finale fase met hierdie woorde: "... hy wie se koms is volgens die werking van die Satan ..." (2Thess. 2:9).
Paulus voer verder aan dat die werke van Satan, gebeur deur sy leuenagtige wonderwerke en tekens. Hierdie uitinge herinner ons aan Openbaring 16: 13-14: "En ek het uit die bek van die draak (Satan) en uit die bek van die dier (die politieke heerser) en uit die mond van die valse profeet (die antichris) drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God". Hierdie stryd vind plaas direk voor die vestiging van God se Koninkryk.
Die antichris kan slegs hierdie gereserveerde rol van hom opneem wanneer dit wat hom teëhou, weggeneem word. Daarmee word duidelik verwys na die Heilige Gees, wat die antichris in die Gemeente van die lewende God, deur die goddelike krag, weerstaan. Sodra die Bruid Gemeente weggevoer word, die Heerlikheid in, dan is die weg oop vir die antichris. Maar wanneer Jesus Christus terugkeer om Sy Duisendjarige Ryk te vestig, sal hy met die asem van Sy mond verdelg word (2Thess. 2:8). Dit is wat Jesaja reeds in hoofstuk 11, vers 4 geprofeteer het: "... maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak".
Uiteindelik kom ons by die belangrikste merk van die antichris wat veral deur diegene wat gered wil word, in ag geneem moet word. Jesus se gunsteling dissipel vra in 1 Johannes 2:22: "Wie is die leuenaar?". Hy antwoord dadelik hierdie vraag op 'n konkrete manier: "... hy wat ontken dat Jesus die Christus is. Dit is die antichris, wat die Vader en die Seun loën".
Enigeen wie ontken dat God as Vader in die Seun geopenbaar was (Joh. 14:7), het in die grootste leuen van die antichris verval. God is Gees (Joh. 4:24); Hy is ewig en nie beperk in tyd of in ruimte nie. Hy is ook nie beperk deur enigiets wat gemeet kan word nie, want Hy is eindeloos. Hy is die oorspronklike bron van alle dinge. Eerstens kom Hy uit Sy oneindige Gees-vorm in ‘n tasbare geesliggaam, die teofanie, sodat mense hom kan verstaan en Hom lief kan hê op 'n manier wat verstaanbaar is. So het hy gewandel in die Tuin van Eden en het Hy bekend geword in die tydperk van die Ou Testament.
Maar God wou dat die mens weer gelyk na Sy beeld teruggebring moes word, dit wil sê, na die staat van onverganklikheid. Dit is waarom Hy eers soos hulle geword het. Om die ontwykende ewigheid en tasbaarheid van tyd te oorbrug, moes Hy homself openbaar in mense- gestalte. Hy het uit 'n geestelike liggaam in 'n liggaam van vlees gekom.
Dit is waarom Jesus niemand anders as God self kan wees nie. In Hom woon die volheid van die Godheid liggaamlik – nie net 'n derde van die Godheid nie, maar die volheid! (Kol. 2:9). Wat Hy gesê het in daardie tyd, is vandag nog geldig: "Hy wat My gesien het, het die Vader gesien" (Joh. 14:9). Hy is Emmanuel, dws, "God met ons" (Matt. 1:23).
Die antichris gees ontken hierdie feit en maak van hierdie een God meer afsonderlike persone wat in die ewigheid langs mekaar bestaan. Hierdie lering het die uiteindelike gevolg dat van monoteïsme politeïsme gemaak word. Hierin bestaan die antichristelike invloed, wat direk teen Christus gerig is.
As 'n Christen, ‘n Jood en ‘n apostel, skryf Paulus van Christus: "Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen" (Rom. 9:5b). Die HERE het iets soortgelyks gesê in die Nuwe en in die Ou Testament: "Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here" (Mk. 12:29-32; Deut. 6:4). Omdat die mensdom verlore was, was 'n Verlosser nodig. In Jesaja 43: 10-12 sê die HERE: "Voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie. Ek, Ek is die Here, en daar is geen Heiland buiten My nie ... en julle is my getuies, spreek die HERE, en Ek is God".
Die hervestiging van God se kinders as seuns en dogters van God, was slegs moontlik omdat God gebore was as 'n kind en dat Hy gekom het op die aarde as 'n Seun. In die Ou Testament is geskrywe oor hierdie Seun: "Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors" (Jes. 9:5).
Alhoewel God as Vader geopenbaar is in die Seun, is dit in die Bybel altyd een God en nie twee of drie gode nie. In die Bybel vind ons nie een keer die term "Drie-enige God" of "Drie-voudige" of "Ewige Seun", of iets dergeliks nie. Die leer van die Drie-eenheid het nie sy oorsprong in die profete óf die apostels nie. Dit is die produk van die antichris gees wat die Godheid onderstebo gedraai het. Almal moes hul oë oopgemaak het deur wat Paulus geskryf het: "En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid" (1Tim. 3:16).
Die drie openbarings van God was nooit deur enige profeet of apostel langs mekaar geplaas as selfstandige persone nie. Dit is die 'Hellenisties-filosofiese denkrigting. Dit is nie ‘n drie-enigheid nie, maar 'n openbaring van drie vorms. In die hemel is Hy Vader, soos ons bid: "Onse Vader wat in die hemele is". Op aarde is Hy in die Seun bekend as ons Verlosser; daarom is geloof in die Seun van God noodsaaklik vir ons verlossing. Slegs wie die Seun het, het die Vader ook, en daarmee die ewige lewe (1Joh. 5:12). In die Gemeente van God werk dieselfde God tot aan die einde deur die Heilige Gees. Eers was God oor ons, toe was Hy met ons, en uiteindelik kom Hy in ons woon! Die apostel Johannes formuleer dit so: "En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe" (1Joh. 5:20)
Gedurende die vier duisend jaar van die Ou Testament, word daar nie een maal vertel van 'n gesprek tussen die Vader en die Seun nie. Nie een maal het God gedurende hierdie tydperk gesê: "My liewe Seun, Ek stuur jou!" – Inteendeel, Hy het altyd gesê hy sal self kom, soos bv in Jesaja 35: 4-6 en Jesaja 40:3. Wanneer in Psalm 2:7 geskrywe is: "U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer", beteken dit nie dat die Seun van God in die hemel was en toe na die aarde gekom het nie.
Die Nuwe Testament vertel vir ons duidelik hoe die verwekking en die geboorte van Jesus gebeur het. God self was gemanifesteer in menslike vorm – Dit is die ondenkbare, onverklaarbare verborgenheid van Sy liefde! As die Seun, het Hy gely en gesterwe, terwyl Hy as God onsterflik is. Die verlossing is tot stand gebring in die liggaam van Sy vlees om ons te red van hierdie liggaam van die dood (Heb. 2: 14-15), en ons die waarborg van die opstandingsliggaam te gee (1Kor. 15: 50-57).
Jesus Christus is die Woord wat vlees geword het. Die Logos, die Jahweh wat die Gees-gevulde God in 'n geestelike liggaam is, was gemanifesteer in 'n sigbare vleeslike vorm. Dit is die suiwer en volle waarheid. "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God ... en die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon" (Joh. 1: 1,14). Jesus is nie net in wese gelyk aan die Vader nie, Hy is één met die Vader! Net soos God (Hebreers: Elohim) as HERE (Hebreers: Jahweh) geopenbaar was en nog dieselfde bly, so het die Vader die Seun geopenbaar, en bly nog steeds dieselfde.
Die apostel Johannes het ons nie in die duister gelaat oor die oorsprong van die antichris nie. Hy het duidelik gesê: "Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie" (1Joh. 2:19 ). Hierdie verwikkeling kom nie van Judaïsme, maar eerder uit 'n misverstand van die wat aangesluit het by die gelowiges in Christus, sonder dat hulle self 'n ontmoeting met Christus ervaar het. Reeds in die eerste eeue na Christus, het hierdie wending sy beslag gekry. Maar dit was eers na die Raad van Nicea dat dit as ‘n organisasie gevestig was. Elke Jood ken die eerste gebod: "Ek is die HERE jou God ... Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie" (Ex. 20: 2-3); hulle sal nooit uit hul God nog afgode maak nie.
Natuurlik kom ons tyd op tyd die drie-voudige verskynsel teë. So lees ons byvoorbeeld: "Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk" (1Kor. 12: 4-6). Daartoe sê ons "Amen". Dit het nooit by die gedagtes van enige apostel gekom om as gevolg daarvan te sê: "God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees sal julle seën!". "God die Seun" en "God die Heilige Gees" word nie 'n enkele keer in die Bybel gevind nie. In die Skrif word die oorspronglike altyd duidelik gegee: "Seun van God" of "Gees van God". 'n ‘Drie-enige’ god was inderdaad 'n vreemde god.
Vir die oppervlakkige waarnemer het die leringe van Christus en dié van die antichris soms verwarrende ooreenkomste, maar hulle is nie dieself- de nie en is in beginsel heeltemal verskillend. Die Christus wat deur die antichris verkondig word, is beslis nie die Christus van die Bybel nie. Slegs hulle van wie God hul oë open, sal dit kan sien (Lukas 10:22).
Die antichris-gees was reeds in aanvang in die vroeë christendom. Johannes noem die verkondigers van sy leringe valse profete, en gee 'n waarskuwing in 1Johannes 4:1-3: "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld ingegaan. Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld".
Dit is nie net die antichris homself wat soos 'n valse profeet optree nie, maar daar is ook baie valse profete en valse christusse waarteen die HERE ons waarsku (Matt. 24). Alle predikers wat die valse leringe oor die Godheid en die doop ens, van die valse profete verkondig, is opponente van die Woord van God en is hulself valse profete en behoort geestelik aan die antichris kamp.
Die woord ‘Christus’ beteken eintlik ‘Gesalfde Een’ – valse christusse is dus vals-gesalfdes. Daar is selfs mense wat wondertekens doen en, ten spyte van hul salwing, ondersteuners van die valse tradisionele leringe van die antichris is. Dit is waarom daar geskrywe is dat op die ou einde die valses so naby aan die waarheid sal wees dat selfs die uitverkorenes mislei sou word, sou dit moontlik wees. Maar hulle kan nie mislei word nie, omdat God se Woord deur God se Gees in hulle verseël word.
Jesus het verwys na diegene wat die gawes van die Gees openbaar en dan nog vals is toe Hy gesê het: "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here, sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!" (Matt. 7: 21-23). Daar is geen nut in die opsê van geloofsbelydenisse nie; dit moet deur die Woord beproef word, want die HERE gaan oordeel of dit in ooreenstemming daarmee is.
Die Gees van God sal op elke punt, elke keer dieselfde sê. Dieselfde geld vir al die dienaars wat deur die HERE gebruik word. Daarby gaan dit nie oor die voordra van ‘n belydenis met die lippe nie, maar soos Paulus dit stel in 1Korinthiërs 12:3: "... en niemand kan sê dat Jesus die HERE is nie, behalwe deur die Heilige Gees". As HERE is Hy God, en dit is waarom dit gaan. Dit is slegs wanneer ons in volle oortuiging van die geloof kan sê, "Jesus is die Here" dat ons 'n openbaring ontvang deur die Gees dat Jahweh (YHWH) en Jesus dieselfde HERE is. Wie dit nie glo nie, is in die antichris misleiding, maak nie saak aan watter godsdienstige genootskap hy behoort nie.
Wie die Gees van Christus het, glo, as uitdaging tot self-beproewing, wat die opgestane HERE verklaar het: "Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige" (Openb. 1:8). Dit is die persoonlike getuienis van ons Verlosser, die aangewese Almagtige. Of het iemand gedink dat daar meer as een Almagtige sou wees? God en elkeen van Sy openbarings staan elkeen in die enkelvoud. So is daar net een Skepper, een Onderhouer, een Verlosser, een Koning, ens. Net een Vader, net een Seun, net een Heilige Gees; net een HERE, net een geloof, net een doop, net een Redding, net een Gemeente, en so aan. Alles wat uit God is bestaan in die enkelvoud in al Sy omvattende veelvoudigheid.
Die ‘Jesus alleen’ lering word glad nie hier ondersteun nie. Jesus het glad nie van Homself getuig nie, nog minder het Hy met Sy gebede selfgesprekke gevoer nie. Soos dit maar gewoonlik is, lê ook hier die waarheid in die middel. Die hoofgedagte wat fondamenteel in hierdie aanbieding is, wat nou aan die einde kom, is dat die suiwer bybelse leringe herstel moet word, hier aan die einde. Dit is slegs wanneer hierdie ewig-geldige Evangelie van die Koninkryk verkondig word, as 'n getuienis aan al die nasies, dan sal die einde kom (Matt. 24:14).
Elke leraar van die Bybel en elke bybel-leser, moet 'n presiese vergelyking, diep en fundamenteel maak. Die christus wat in die denominasies aangebied word, moet vergelyk word met Christus soos beskryf word in die Bybel. Dieselfde geld vir die oortyging wat gewortel is in die gedagte van alle gelowiges, dat dit wat van Christus bekend is, uit God uit moet wees.
As gevolg van die algemeen-aanvaarde sieninge, vind baie mense dit moeilik om die antichris te erken, soos dit eintlik in die Skrif uitgelê is. Omdat dit voorkom asof hy Christus verkondig in die hele wêreld voor die ganse massas van alle nasionaliteite, van alle gelowe, kan die meeste mense nie dink dat juis hierdie man die grootste teenstander van Christus is nie.
Neem byvoorbeeld die historiese pouslike besoek aan Indië, waar hy voor 'n reuse skare van Hindoes skreeu: "Christus is in alle godsdienste!". In hierdie verband moet ons hierdie vraag vra: "Watter Christus?". Die een wat Maria nog as baba in haar arms het? Die een wat gemaak is van allerhande materiaal en ons aan 'n kruishangertjie om die nek of arm dra? Die een wat gedien word op enige manier? een wat gebak word uit stukkies deeg, en deur die krete van "Sanctus, Sanctus, Sanctus!", die christus gemaak word? Die een wie terug moet staan vir en beïnvloed word deur Maria? Die een langs wie 'n leër van voorspraakmakers geplaas word om voorbidding te doen? Die christus wie se Hemelvaart bleik te wees ná die Hemelvaart van Maria, wie, soos beweer word, met liggaam en siel opgevaar het? Die christus wie verdring word deur die ‘Koningin van die Hemel’?
Die christus wat die pous en sy kerk aanbied, is nie die Christus van God nie; dit is 'n christus wat gevorm en geposisioneer word soos benodig. So 'n christus is tuis enige plek waar jy hom wil laat lê of hang; dit is altyd presies waar dit benodig word, op die geleë tyd. Tog is dit nie die Christus wat aan ons in die Bybel beskryf word nie, wat ons as HERE, as Verlosser, as Koning, as Regter en uiteindelik as God sal ontmoet nie. 'n Belydenis aan die verkeerde christus beteken absoluut niks nie; die geeste moet getoets word, leringe moet vergelyk word. Die Christus van die Bybel is nie soos ons dink nie. Hy is verhewe bo enige voorstelling en is dieselfde gister, vandag en tot in ewigheid (Heb. 13.8).
Soos ons in al die Skrifte gesien het, beroep Christus Homself altyd op die Woord van God. Dit is hoekom ons weereens dit moet beklemtoon dat ‘n mondelinge beroeping op en 'n belydenis van Christus eenvoudig nutteloos is, as dit nie is soos die Skrif sê en vereis nie. Elkeen moet 'n besluit maak vir hom/haarself oor wie hulle wil glo en wat hulle wil vertrou. Hier kan net raad gegee word oor wat werklik krities met die geestelike dinge ooreenstem en met God en Sy Woord.
Ons is nou hier net voor die einde van die tyd van genade. Alle bybelse waarhede moet nou weer, sonder kompromie, opnuut onder die soeklig geplaas word. Ten spyte van teenkanting van die formele kerke, was daar ‘n groot aantal herlewings-predikers, wat in verskillende kerk-eeue die verlore-gegaande bybel-waarhede, verkondig het. Baie van hulle het hul lewens verloor as gevolg van die Woord van God. Alle ware gelowiges word daartoe geroep om te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges van Christus oorgelewer is (Judas 3). Ons is nou in die finale geestelike stryd geplaas. Solank as wat ons onsself op God se kant bevind, sal Hy met ons wees totdat ons geloof sigbaar word. Die poorte van die hel sal nie die Gemeente van God oorweldig nie (Matt. 16:18).
Uit my hart wens ek aan al die lesers die ryk seëninge van God toe.
**********