Die Antichris
Soos ons reeds genoem het, sal swaar tye van verdrukking kom vir diegene wat nie die merk van die dier sal aanneem nie. Op godsdienstige vlak, sal almal wie nie saamstem met die antichris-stelsel nie, vervolging verduur. Op ekonomiese vlak, beteken dit dat almal moet buig voor die globale ekonomiese stelsel. Die wat nie buig nie sal geboikot word en sal nie kan handeldryf nie. In Openbaring 13:17 lees ons: "... sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het".
Daar word nie net van "koop" gepraat nie, maar ook van "verkoop", gevolglik word nie net die gemiddelde burger geraak, wie hul lewens- middels moet aankoop nie, maar ook besigheidsmense wat koop en verkoop, dit wil sê, diegene wat handel drywe. Dit is nie net vir die gelowige huisvrou nie, wie niks het om te verkoop nie, maar noodsaak- like aankope moet maak. Die betekenis hiervan is duidelik: die hele sakewêreld sal moet buig voor die Verdrag van Rome. Die ware gelowiges sal probleme ervaar, omdat hulle nie sal kan koop of verkoop, sonder die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam nie.
Soos ons kan sien, gaan dit om drie dinge: die merk, die naam en die nommer van die dier. Met die merk van die dier, gaan dit nie om ‘n uiterlik waarneembare kenteken nie, maar om die naam van die dier en die getal van sy naam. Beide word genoem maar hulle vloei in 'n enkele stelsel. Die volgende vers gee meer lig: "Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is seshonder-ses-en-sestig" (Openb. 13:18). Nou kom ons nader aan die eintlike saak.
Die berekening van die waarde van die getal moet verwys na 'n man. Om die waarde van hierdie getal te bereken, is dit nodig om te leer waar die godsdienstige mag lê en hoe hul verteenwoordiger aangestel word.
Let daarop dat hierdie man geïdentifiseer word met die dier. Dit is dieselfde geheimsinnige man wat Paulus beskryf.
Daar is geen rede vir enigiemand om die saak nog verder te wil uitpluis nie. Die hele beskrywing asook die numeriese waarde het net een betekenis en dit kan ook net een persoon wees. Net een persoon dra die Latynse beskrywing waarvan die numeriese waarde presies 666 is. Die wanopvatting dat die Arabiese syferstelsel self die antichris teken sal wees en/of dat dit ‘n rekenaar of 'n ander tegniese uitvinding wat bekendgestel sou word, is sonder enige bybelse grondigheid. Tog word dit duidelik gesê dat dit die getal van 'n mens is wat bereken moet word. Derhalwe kan dit nie net die blote getal 666 wees nie, maar die numeriese waarde wat bereken moet word, soos uit die Skrif aangewys.
Enige verduideliking in stryd met hierdie duidelike Skriftelike getuienis, word net uit die lug gegryp. Die mense word deur allerhande interpretasies nie net mislei nie, hulle word ook gereeld in paniek gedompel omdat dit hulle bangmaak; dat die antichris byvoorbeeld ‘n internasionale monetêre stelsel sal bekendstel waarvan die kodenommer 666 is. Dit het niks te doen met die betrokke saak hier nie.
Net so onsinnig is dit om die getal 666 van die antichris in verband te hou met jou koolstof krediete, kredietkaarte, bank kodenommers, goedere etikette, telefoon nommers, die amptelike koerant letters, motor registrasies, ens, ens. Sommige praat van 'n rekenaar in New York, die ander een in Brussels, met die getal 666. Wat ‘n blindheid en verbystering! 'n Rekenaar is maar 'n rekenaar en 'n kredietkaart is net 'n geldlose betalingstelsel. Die internasionale monetêre stelsel en die Wêreldbank is instellings wat maar net die internasionale beweging van geld beheer.
Net so kom die teorie dat die merk van die dier 'n onsigbare identifikasie- kode sou wees, getatoeëer met ‘n laserstraal, ook net van die oordrewe verbeelding van baie gelowiges. Al hierdie dinge en nog baie ander, is bespiegelings wat niks te doen het met die werklikheid nie. Wie sulke goed glo, skryf en versprei het nie die Gees van God nie en is die slagoffers van gesofistikeerde bluf-maneuvers van Satan om mense te mislei. Dit is omdat mense nie verstaan dat dit nie die getal 666 self is nie; dit gaan eerder daarom: om die som van die numeriese waarde te kan bereken uit die betiteling van ‘n beampte (‘n mens).
Ons moet terugkeer na hierdie Skrif: "Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens ..." (Openb. 13:18). Ons moet dit ernstig besef; dis nie net ‘n getal nie, maar ‘n berekende getal.
Die berekening sien dan soos volg uit:
VICARIVS FILII DEI
5+1+100 + 1+ 5 + 1+50+1+1 + 500 + 1 = 666
Die meeste bybel-leraars begaan ernstige en gewigtige denkfoute. Hulle praat oor antichristelike regerings en bewegings, sodat die fokus gerig is op nie-christelike stelsels, soos sosialisme, kommunisme, ateïsme, Islam en so aan. Natuurlik is daar godsdienste en regerings wat teen die christendom is, maar dit het niks te doen met die antichris waarvan die Bybel praat nie.
Ons moet verstaan dat die antichris-gees bestaan het voordat enig- iemand enigiets geweet het van Islam, ateïsme, kommunisme en so aan. Ons moet ook daarvan bewus wees dat in die dae van die apostels, die heidense godsdienste en die aanbidding van afgode reeds bestaan het in groot mates. Maar geeneen van God se gesante het ooit oor die antichris in daardie lyn gepraat of geskryf nie – inteendeel, Johannes skryf in alle duidelikheid in 1Johannes 2:19 oor diegene wat afgedwaal het in die rigting van die antichris: "Hulle het van ons uitgegaan ...".
Dit is dus 'n stelsel wat binne die christendom is, maar waarvan sy praktyke en leringe, Christus weerspreek. Dit is die man wat aanspraak maak om die opvolger van Christus op aarde te wees en op te tree in Sy plek, maar wat alles moontlik doen om die mense te verhinder om na Christus te kom. Dis hoekom hy nie Christus of Sy alleen-reddende genade kan preek nie, soos Petrus, Paulus en al die manne van God na hulle, dit gedoen het nie. Daarteenoor poog hy met groot gesag om almal se aandag op hom, en op die instansie agter hom, te vestig. Diegene wat in hom glo is verbind aan sy persoon en sy leringe en nie aan Christus en die bybelse onderrig en praktyke nie.
Aan die einde sal daar net twee groepe wees: die een groep sal die seël van God dra en die ander, die merk van die dier. Ware gelowiges ontvang die seël vanuit die hoogte, want so staan dit geskrywe: "... in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte" (Efé. 1:13). Wie die Woord van Waarheid, die volle, suiwer evangelie verwerp, kan nie verseël word deur die Heilige Gees nie, terwyl hulle soos in hierdie geval, die Gees van God weerstaan nie. Sulke mense bly net in hul vroomheid en foute. Hulle word geidentifiseer deur die merk van die antichris.
Die gedagte van die verseëling word bevestig deur die apostel Paulus in Efésiërs 4:30: "En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing". Die apostel skryf ook aan die Korinthiërs wat gelowiges geword het: "Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het ..." (2Kor. 1: 21-22). Die seël van God is die werklike ontvangs van die Heilige Gees as 'n bonatuurlike belewenis, net soos dit ondervind was in die vroeë Gemeente (Hand. 2: 1-4; 8: 15-17; 10: 44-48; 19: 5-6). Dit beteken God self getuig daardeur dat Hy die betrokke persoon aangeneem het as Sy eiendom. Dit het absoluut niks te doen met 'n seremonie of daad van 'n godsdienstige instelling nie; dit is eerder 'n goddelike bevestiging dat God se goedkeuring op diegene rus wat gelowig in Christus geword het.
Niemand kan tog ernstig glo dat mense 'n sigbare inskripsie op die voorhoof sal dra nie. Hulle sal eenvoudig voor die antichris-stelsel buig en deelneem, en so sal hulle outomaties gekenmerk wees deur die antichris, net soos almal diegene wat Christus waarlik volg gevul en verseël word met Sy Gees.
Wie die HERE waarlik volg sal ook op hierdie punt nie in die duisternis bly nie. Die Heilige Gees gee duidelikheid oor alles omdat die tyd daarvoor nou gekom het. Soos reeds gesê, is baie opregte mense onwetend deel van die antichris-stelsel, want hulle is lede van 'n kerk wat aan die WRK behoort, en is niks-vermoedend wanneer daar oor die antichris gepreek word. Bybel-uitlêers soek die antichris in Sirië, Libië, selfs in Israel ens. Mense wat geen goddelike openbaring het nie, word foutiewelik gelei deur hul sg. gesonde verstand, en hulle mislei dan ook andere. Deur op hul kennis staat te maak beïndruk hulle diegene wat onkundig is oor die Bybel. Die verraderlike en bedrieglike spel van Satan te midde van valse voorwendsels met die verskaffing van spesifieke verduidelikings, moet gestop word deur die duidelike taal van die Woord. Mag hierdie daarlegging aan die hand van die Skrif, daarin slaag.