God en sy plan met die mensdom

Die Sewe Samegestelde Name

« »

Op dieselfde wyse soos Elohim onderskeidelik in al die ooreenstemmende diverse kontekste uitgedruk word, gebeur dit ook met die naam Jahweh

Jahweh-Jireh - "die HERE voorsien" (Gén. 22:7-14) 

Yahweh-Rapha - "die HERE genees" (Exo. 15:26) 

Jahweh-Nissi - "die HERE my banier" (Exo. 17:8-15) 

Yahweh-Shalom - "die HERE onse vrede" (Rig. 6:24) 

Yahweh-Zidkenu - "die HERE ons geregtigheid" (Jer. 23:6) 

Yahweh-Shammah - "die HERE is teenwoordig" (Esé. 48:35) 

Yahweh Sabaoth - "HERE van die leërskare" (1Sam. 1:3) 

As jy hierdie sewe benaminge waarmee die HERE God Sy eienskappe aandui, saamvat, dan kry jy die beeld van God se alles-omvattendheid. 

Vandag gebruik Israel net die aanspreekvorms Adonai en Elohim in hulle gebede. Hulle rig hulself waarskynlik na die woorde in Amos 6:10: “Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van die HERE te vermeld nie!”. Adonai beteken "HERE, Meester en Gebieder". Hierdie beskrywing kom herhaaldelik voor in die Nuwe Testament met verwysing na Christus, byvoorbeeld in John 13:13, Lukas 6:46, ens. In die woord Adonai is daar egter geen naam kombinasies soos met Elohim en Yahweh nie. In Exodus 4:10 is die basiese teks: “Toe sê Moses aan die HERE: Ag, HERE, ek is nie ‘n man van woorde nie—van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong”. Moses was bewus daarvan dat God hom aangestel het vir ‘n diens, so spreek hy die HERE aan as “Adonai”. Dit verwys na die verhouding tussen die HERE en Meester en diegene wat sy gebooie en bevele uitvoer. 

Dit was nie die HERE (Jahweh), wat homself as Elohim geopenbaar het nie, maar wel Elohim wie Homself as die HERE bekend gemaak het. So handel en wandel, praat en doen God gedurende die hele tydperk van die Ou Testament. Die almagtige God ontmoet ons as “die HERE”. Dit is van die uiterste belang vir Sy self-openbaring in die Nuwe Testament. Die seun openbaar homself nie as Vader nie, maar die Vader verskyn in die Seun. Dit is die God-openbaring. 

Daar was geen profeet of apostel wat geglo het in 'n pluraliteit van persone in die Godheid nie. Inteendeel, die klem was op die feit dat daar net een God is. Die HERE het deur Moses van Homself getuig: “Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE. Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag” (Deut. 6:4-5). 

Dié woorde is ook 'n duidelike getuienis: “Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie. Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor … daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie” (Deut. 4:35-39). Daar is net een God; Hy kan Homself op aarde openbaar en terselfdertyd Homself in die hemel bevind. Sy stem kon weerklink vanuit die hemel, terwyl Hy teenwoordig was op die berg Sinai. 

In Nehemía 9:13 lees ons: “En op die berg Sinai het U neergedaal en met hulle gespreek uit die hemel, en U het aan hulle regte verordeninge en betroubare wette, goeie insettinge en gebooie gegee.” Hierdie skrif verwys na die tyd toe die gebooie gegee was. Die HERE het in die vuur op die berg neergedaal en gepraat met ‘n geweldige stem. Die mense was ooggetuie van die voorval en was geskok: “En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan. En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons” (Exo. 20:18-19).