God en sy plan met die mensdom
Van Moses word ons vertel dat 'n Engel van die HERE aan hom verskyn het soos 'n vuurvlam wat ontstaan het in ‘n doringbos (Exo. 3:2). Vanaf vers 4 lees ons: “Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek. En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond. Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien”.
In hierdie berig word genoem "God" en die "HERE" en die "Engel van die HERE". Nietemin, dit is nie drie individue nie, maar drie verskillende name vir een en dieselfde persoon. Die "Engel van die HERE" is die sigbare verskyning van God in engel-gestalte. So het Hy geloop in die tuin van Eden en gepraat met Adam en Eva; so besoek Hy Abraham in Génesis 18, begelei van twee engele. Dit sê letterlik: “Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag”. Abraham het selfs die HERE se voete gewas en ‘n maaltyd vir die uitnemende besoeker laat berei. Die twee engele, wat ook in manlike figure was, het voortgegaan na Sodom (hoofstuk 19:1), maar die HERE het met Abraham gebly en voer toe 'n lang gesprek met hom.
In Exodus 33: lees ons: “En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses” (v.9). “Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos ‘n man met sy vriend spreek” (v.11). Moses spreek toe ‘n spesiale versoek uit: “As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is. En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie” (vv. 13-15).
In Exodus 23: 20-21 het die HERE gesê: “Kyk, Ek stuur ‘n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het. Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom” (oorspronklik: “want EK is persoonlik in Hom”). Uiterlik het die mense die gestalte van 'n engel gesien, maar in dié vorm was die HERE God persoonlik teenwoordig, soos hy dit self gesê het.
In die profetiese woord word daar na die HERE in Sy sigbare verskyning ook verwys as "Engel van Sy aangesig". In Jesaja 63:9 staan: “In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hý hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd”. Die laaste profeet in die Ou Testament het verklaar: “… die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare” (Mal. 3:1).
Die feit dat God tydens die Ou Testament Homself sigbaar gemaak het in Engel-gestalte, as Sy persoonlike openbaring in menslike gedaante, is van buitengewone belang. Wat Jakob, die vader van die twaalf stamme van Israel beleef het, moet ook vir ons dien as 'n getuie. Van hom is geskrywe: “… Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry, hy het geween en Hom gesmeek. By Bet-el het hy Hom gevind, en daar het Hy met ons gespreek. En HERE God van die leërskare, HERE is sy gedenknaam” (oorspr: “Jahweh is Sy gedenknaam” – Hos. 12:4-6). In hierdie teks word om die beurt gepraat van die “Engel van die HERE” en van “God”, en tog gaan dit hier net om die Een wat homself op veelvuldige maniere openbaar en nog dieselfde bly.
Die gedetailleerde beskrywing van hierdie ervaring vind ons in Génesis 32, vanaf vers 22. Die Engel word hier na verwys as 'n man wie vir Jakob op die heup slaan: “Maar Jakob het alleen agtergebly, en ‘n Man het met hom geworstel tot dagbreek. En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom. Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën. En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin. Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na my Naam? En Hy het hom daar geseën. Toe noem Jakob die plek Pniël (“aangesig van God”); want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.”
Hierdie gebeurtenis lyk amper te menslik. Maar juis daarin bestaan die grootheid en verhewenheid, dat die Almagtige, wat alomteenwoordig is, Homself aan die mense openbaar op 'n verstaanbare manier. Voordat Jakob gesterf het, het hy Joseph se twee seuns geseën met gekruisde arms, en gesê: “Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe, die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het— mag Hy die seuns seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte” (Gén. 48:15-16).
In Exodus 24, vanaf vers 9 lees ons: “Daarop het Moses opgeklim met Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel. En hulle het die God van Israel gesien, en onder sy voete net soos ‘n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self. Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink”. Geen mens kon God in Sy volheid, as gees, sien nie. Hy was gesien net wanneer hy uit die geestelikheid uitgetree het. Die sewentig oudstes en andere het Hom gesien in sy Heerlikheid. Die profeet Esegiël het berig: “En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van ‘n troon; en op die troongestalte ‘n gestalte wat soos ‘n mens gelyk het” (Esé. 1:26). Daar is nie 'n enkele plek waar drie mense gesien was op die troon nie. So ook is die terme "Drie-enige God" en "Drie-eenheid" nêrens in die Bybel nie. Geen profeet of apostel het ooit enige skrifgedeelte geïnterpreteer tot die effek dat God bestaan uit verskeie persone nie.