God en sy plan met die mensdom
Ongelukkig het die mensdom nie in sy geheel verstaan, wat God wil hê en hoe Hy Sy plan sou uitvoer nie. God se doel is om vir ewig seuns en dogters te hê wat in gemeenskap met Hom lewe. Dit was die bekroning van die Skeppingswerk. Tot hierdie hoë roeping is die mens geskape na Sy beeld; aan wie die verantwoordelikheid – die oppergesag oor die hele aarde – oorgedra was.
Die mens is nie geskape om 'n masjien te wees nie, maar is toegerus met 'n vrye wil met die vermoë om lief te hê, om uit te vind, om aan te beveel, besluite te neem, ens. Maar daarby moes die gehoorsaamheidsbeginsel geld, dit is, mens moes sy mag uitoefen in afhanklikheid van die almagtige God. Die HERE het vir die mens 'n maklike bevel gegee om te hou waardeur hy op die proef gestel was of hy in staat was om vrylik besluite te kan neem (Génesis 2:15-17).
Niks sou meer denkbaar gewees het as die gehoorsaming van die gebod; wat ‘n eresaak sou dit nie wees nie! Maar die mens verseg en maak homself los van God’s Woord en verloor só sy afhanklikheid van God. So vernietig hy dan ook die volkome harmonie tussen hom en die Skepper van wie af hy toe geskei was.
Hoe lank die mens se harmonieuse gemeenskap met God die HERE was, word nie genoem nie. Dit was wel die geval dat voor die sondeval geen hartseer, geen trane, geen pyn, geen siekte en geen dood geken was nie. Omdat ons bestem was om sonder al hierdie meegaande verskynsels te lewe, smag ons om terug te keer na daardie oorspronklike toestand.
Eerstens, het 'n prins in opstand teen God gekom en is dus neergewerp uit die hemel (Jes. 14:12-15). Volgens Eségiël 28:13 bevind hy homself toe in Eden, die tuin van God. Na hy van God geskei was, het hy ook probeer om die mensdom sover te kry om te skei van God af.
Omdat Satan, as geestelike wese, mense wat in die vlees was, nie kon verlei nie, het hy toe die slang bemagtig. Hy word in byna alle tale as manlik aangespreek en by dié tyd was hy nog ‘n regop wese; eers na die vloek het dit 'n reptiel geword, soos ons lees in Génesis 3:1-4. In dieselfde hoofstuk lees ons hoe hy eers Eva betrek het in 'n lang gesprek. Met die woorde: “Is dit ook so dat God gesê het …" veroorsaak die slang dat daar twyfel in Eva opkom oor die Woord van God. Daarbenewens was daar die redenasies: die “lus vir die oë", die smag na "kennis", na "verstand" en om "soos God (te) wees", ens.
God het Adam gewaarsku: "…want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe" (Gen. 2:17). Daarteenoor het Satan, deur die slang, aan Eva gesê: "Julle sal gewis nie sterwe nie" (Gen. 3:4). So het hy uiteindelik daarin geslaag om Eva te boei en te verlei, wie op haar beurt Adam daarin betrek, en so was die gemeenskap tussen God en die mens vernietig.
Sedertdien lê die hele wêreld in boosheid en is onder die invloed van die bose met elke persoon wat in hierdie wêreld gebore word, 'n kind van die dood.
So kon die mens nie vir ewig in sy sonde lewe nie; hy kon nie eet van die boom van die lewe na die oortreding nie. Daarom het God hom uit die paradys verdryf. Eers moes 'n versoening plaasvind en toe dit gebeur, sê die HERE aan die dief die woorde: “Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk. 23:43).
Alle menslike wesens gebore in hierdie wêreld, is van God geskei. Elkeen van ons is en reageer soos Adam en Eva. Maar ons is almal skuldig voor God en benodig verlossing. Godsdienstige handelinge wat gedoen word uit vrees vir God se straf, het net so min effek soos die kleed van vyeblare gehad het. Net soos die HERE die eerste mense aangetref het nadat hulle Sy woord oortree het, so staan almal nog steeds voor Hom.
In die eerste twee millennia was daar 'n paar enkelinge soos Henog, Noag en Abraham, aan wie God Homself geopenbaar het. Die mensdom het op enige manier en verskillende gode aanbid. Vir ‘n tydperk was Moses deur God gekies om die volk van Israel te lei. Toe die gebooie gegee word, word hulle gelas om verskillende offers te bring. Hierdie slagoffers kon nie 'n finale versoening bring nie; dit kon slegs die oortredinge bedek. Dit was 'n verwysing na die offerlam van God wat sou sterf vir die sondes van die wêreld en die skeidsmuur tussen God en die mens sou wegneem. Die wet was nodig, want slegs daardeur kon die besef kom van die sonde (Rom. 3:20). Die Gees van God oortuig ons as gevolg van al die wette, ingesluit die tien gebooie, wat nie gehou kon word nie, maar oortree was. So alleen erken ons ons skuldigheid en die noodwendigheid van verlossing.