Omsendbrief April/Mei 2019
In die daaglikse nuus hoor ons keer op keer hoe Israel skuldig bevind en gevonnis word. Die bedreiging van Iran, om Israel in ‘n oorlog in drie dae te verslaan, sodat die Israeli‘s „nie genoeg grafte sal het om hul dooies te begrawe nie“, spreek vanself.
Ons word herinner aan die beloftes van God aangaande Israel: “En in dié dag maak Ek Jerusalem tot ‘n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seermaak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word” (Sag. 12:3).
“As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies. En hulle sal weet dat Ek, die Here, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weerversamel het in hulle land en dáár niemand meer uit hulle agter laat bly het nie” (Esé. 39: 27-28).
“En die Here sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies” (Sag. 2:12).
Ook die rol wat die pous in die konflik in die Midde-Ooste speel, ervaar ons. Tydens sy besoek aan Abu Dhabi in Februarie het hy weereens die vrede beklemtoon en gepraat van die geweld teen Israel. Na sy toespraak het die pous saam met die hoof verteenwoordiger van Sunni Moslems ‚n gemeenskaplike verklaring vir die „Vrede in die wêreld“ geteken.
Dit word steeds duideliker dat die vredesverdrag met Israel nie ver weg is nie. Volgens Daniël 9 vers 27 is dit ‚n 7-jaar kontrak wat in die helfte gebreek word.
Paulus skryf: “Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie”. (IThes. 5:3).
Maar dit gebeur eers ná ons tyd. Broeder Branham wou die evangelie na Israel bring, maar God het hom nie toegelaat nie. ‚n Aanhaling: “So, ek wag op die groot geleentheid om eendag na Israel te gaan om die evangelie aan hulle te bring. Onlangs was ek baie naby, in Egipte, en het my kaartjie alreeds gekoop gehad. Binne ‘n halfuur sou ek daar wees. Maar so duidelik as wat jy my stem hoor, het die Heilige Gees gesê: ‘Dit is nog nie die uur vir die Jode nie’. Israel sal gered word as ‘n volk. Die hele nasie sal eensklaps bygevoeg word. God handel met Israel as ‘n nasie; ons weet dit almal — nie met die individue nie, maar as ‘n nasie. Hy het my dus nie toegelaat om te gaan nie” (8 Julie 1962). Nie broeder Branham of enige iemand anders is bestem om die evangelie na Israel te bring nie; Dit is gereserveer vir die twee profete, soos dit in Openbaring 11 en in Sagaria 4 vers 14 geskryf staan.
Eerstens voleindig die Verlosser Sy genadewerk met die uitverkorenes van alle nasies en neem dan Sy Bruid in die Wegraping na die bruilofsfees in die heerlikheid (IThes. 4: 13-17; Openb. 19: 5-9).
Onse opdrag bestaan daarin, om die laaste oproep uit te basuin, waardeur die finale boodskap aan die kinders van God onder al die volkere van die aarde gebring word. Almal wat die wedergeboorte meemaak deur die Woord en die Gees van God, hoor, glo en ervaar hulle voorbereiding en word uiteindelik in die Wegraping die heerlikheid opgeneem. Amen.
Ons verbly ons met Israel en veral met die belofte dat die Woord weer uit Jerusalem, vanuit die berg Sion sal uitgaan: “Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem” (Jes 2:3).
Die getroue Here seën u almal.
Gelewer in opdrag van God
Bro Frank
In die daaglikse nuus hoor ons keer op keer hoe Israel skuldig bevind en gevonnis word. Die bedreiging van Iran, om Israel in ‘n oorlog in drie dae te verslaan, sodat die Israeli‘s „nie genoeg grafte sal het om hul dooies te begrawe nie“, spreek vanself.
Ons word herinner aan die beloftes van God aangaande Israel: “En in dié dag maak Ek Jerusalem tot ‘n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seermaak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word” (Sag. 12:3).
“As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies. En hulle sal weet dat Ek, die Here, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weer versamel het in hulle land en dáár niemand meer uit hulle agter laat bly het nie” (Esé. 39: 27-28).