Omsendbrief April/Mei 2019
Vol lof kan ek elke keer terugkyk na die baie jare in diens van die Here. Die Here God het van die begin af sigbaar geseën, gedink aan alles en gesorg vir alles. So is ons in Desember 2018, as ‘n plaaslike gemeente toegelaat om ons sestigste herdenking te vier.
Van die begin af het ons iets buitengewoon ervaar, waardeur God genade gegee het vir die uitvoering van alle opdragte op alle gebiede. Nadat ek vanaf die begrafnis van broeder Branham in April 1966, teruggekeer het na Krefeld, het ‘n nuwe besonderse tydperk aanvang geneem. In alle stede waar ek vergaderings gehou het, het gelowiges gekom om God se Woord te hoor.
Die volgende foto wys ‘n doop in die buitewyke van Krefeld in 1968, in ‘n klein meer:
Aanvanklik het ons byeengekom as ‚n huiskring en, namate die gemeente groter geword het, in gehuurde sale. Uiteindelik kon ons die Paasnaweek van 1974 ons eie aanbiddingsplek met 560 sitplekke inhuldig. Net so het die wêreldwye sendingwerk gegroei met die maandelikse sendingreise oor die hele wêreld. Toe kom 18 Julie 1976, toe die Here my met ‚n groot stem aangespreek het: „My dienskneg, gaan na die aangrensende eiendom en wy dit aan My. Bou daarop want daar sal mense uit baie lande kom, wat akkommodasie sal benodig“.
Ons het toe die grote aangrensende grond by die klein erf gevoeg waarop die kapel staan, sodat dit nou presies tien duisend vierkante meter is. Die inhuldiging van die twee groot sendinggeboue met kantore en akkommodasie het plaasgevind op die Paasnaweek van 1978. Die laaste gebou was in 1990 opgerig vir die uitgewery, waarin die drukkery, die verwerkings- en verskepingskamers geleë is. Ook vir susters in die kantore en vir die verskeping, sowel as broeders vir die verwerking en die tegnologie, het God sorg gedra — sommige was selfs uit verre lande na ons gelei. So kan ons leesstof en ook CD‘s en DVD‘s in verskillende tale versend. Die vergaderings op die eerste naweek van elke maand word gelyktydig vertolk in 14 tale en aanlyn oor die internet gebeeldsend. Ons broeders in die tegnologie het seker gemaak dat ons aanbidding in verskeie tale wêreldwyd gevolg kan word. Tans het ons 7500 aansluitings en bereik 172 lande. Almal wat betrokke is by die werk van God, dien Hom met toewyding, sodat selfs leke kundiges geword het.
God het ook gesorg dat die deure oor die hele wêreld oopgaan vir die verkondiging, dit maak nie saak van watter godsdienstige of politieke oortuiging die individuele lande is nie. Daarbenewens word al die gemeentes in alle lande met die nodige toerusting voorsien, sodat die ware gelowiges alleen deur die skrifgebaseerde verkondiging, met God verbind kan word. As ‘n mens mooi kyk, is alles ‚n wonderwerk wat nêrens op aarde gevind kan word nie. God se Woord word aan alle nasies verkondig as ‘n getuienis, soos die Here vooruitgespreek het. Ons is nou baie na aan die einde. Die Here sal Sy werk van verlossing voleinding, soos Hy Sy skeppingswerk voltooi het, en dit sal baie goed wees. Aan Hom alleen kom toe alle dank in der Ewigheid.
Die foto wys broeder Leonhard Russ langs my by die inhuldiging van die Huis van God in 1974. Ja, broeder Russ was ‚n man na aan God se hart. Vir meer as vyftig jaar het ons saam die Here gedien. By hierdie geleentheid moet ek weer noem hoe die getroue Here my op ‚n Vrydagaand in September 1967 hardop beveel het: „My dienskneg, stel vir My Leonhard Russ en Paul Schmidt aan as ouderlinge“. In Titus 1 vers 5 het Paulus bevel gegee aan sy medewerker, om in Kreta ouderlinge in die gemeentes aan te stel. In Krefeld het die Here my beveel om dit te doen, en die name en vanne van die broeders uitgespreek. Vir ‚n paar jaar al is broeder Russ by die Here; Broeder Schmidt is, dank die Here, nog steeds met ons.