Die Sabbat – ‘n Gebod vir almal?

Die Sondag

« »

In die Nuwe Testament is daar geen uitdruklike verordeninge om Sondag te vier nie, of om die Sabbatdag viering te vervang daarmee nie. In die hele Bybel vind ons ook slegs die aanduiding van die viering van die sewende dag van die week, naamlik die Sabbatdag. Geen ander dag was toe al by die naam genoem nie. Dit sê net: "Op die eerste dag na Sabbatdag", of: "die eerste dag van die week" (Joh 20: 1), ens. Die dae van die week met die verskillende name is van heidense oorsprong, ook "Dag van die Son" – die Sondag. Maar ons is net geïntereseerd in die goddelike aanduidings, die "laaste" en "eerste" dag van die week, volgens die Heilige Skrif; die res laat ons oor aan Hom wat regverdig sal oordeel.

Die vier evangelies getuig eenstemmig dat die opstanding van die Here Jesus op die eerste dag van die week gebeur het, nl, die dag ná die Sabbat: "En toe die Sabbat verby was … nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week ..." (Mark. 16: 1,9). Deur die opstanding van die Here het die "eerste dag" van die week betekenis gekry, wat reeds uit die Ou Testament vooruit gespreek was. Op dieselfde dag het die opgestane Here verskyn aan Sy eie: "En twee van hulle was dieselfde dag op pad na 'n dorp, wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs" (Luk. 24:13).

Jesus het vir hulle ‘n besonderse bybelles gegee wat die hele Ou Testament, vanaf die wette van Moses, die Psalms en die Profete gedek het, en hulle die Skrifte laat verstaan. Op die eerste dag van die week geskied dan: die opstanding; die wandeltog na Émmaüs met Sy dissipels; die aankoms by die huis; die broodbreking, waaraan hulle Hom erken het (Luk. 24: 13-35), en die aand besoek die Opgestane al Sy dissipels: "En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle" (Joh. 20:19).

Daar staan ook geskryf: "En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle" (Joh. 20:26). Hoekom presies 'n week later? Hoekom nie na drie of vyf dae nie? Wat 'n voorreg is dit, dat ons nie deur mense geleer word nie, maar deur God se Woord! Nie net was die dissipels in Jerusalem deur God aangemoedig om byeen te kom op die eerste dag van die week nie, maar ook Paulus, want daar is geskrywe: "En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek ..." (Hand. 20:7). Is dit tog nie wonderlik om, deur die leiding van die Heilige Gees, die Skrif te verstaan nie! Paulus het brood gebreek met die heiliges op die dag ná die Sabbatdag; daarmee volg hy die voorbeeld van die Here, wie na Sy opstanding uit die dood vir die eerste keer brood gebreek het op die eerste dag van die week, by Émmaüs. En ons sal dit vier in ons aanbidding, of dit Saterdag of Sondag is, tot Sy wederkoms (1Kor. 11:26).

Dat die Heilige Gees Paulus gelei het om die byeenkoms op die eerste dag van die week te beklemtoon, dui op 'n baie besondere betekenis. Hy kon eenvoudig net geskryf het: "Ons moet bymekaar kom om brood te breek", sonder om “op die eerste dag van die week” te genoem. Ook hierin is die wysheid van God in Sy kinders geregverdig. Dus, wanneer ons op die eerste dag van die week byeenkom ter betragting van die Woord, vir gemeenskap, gebed en die breking van die brood, dan is dit beslis in lyn met die praktyk van die Here en die apostels en dus in die wil van God. Terloops, die vroeë Christene was so kragtig aan die brand met die vuur van die Heilige Gees dat hulle elke dag byeen gekom het: "... En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is" (Hand. 5:42).

Dat Paulus die eerste dag van die week baie besonders geag het, sien ons ook daarin, dat hy die heiliges aangesê het dat "op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit ..." (1Kor. 16:2). Ons kan nie anders as om te glo, soos die Skrif sê, naamlik, dat alles gedoen moet word met die bekragtiging van twee of drie getuies. Die Here het getrou aan Sy mense ook voorsorg getref in hierdie saak. Reeds In die Ou Testament was daar al heengewys na hierdie dag. In Levitikus 23 vers 7 staangeskrywe: "Op die eerste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie". In die 10de en 11de verse staan:"As julle … die opbrengs oes, moet julle die eerstelingsgerf na die priester bring ... die dag ná die sabbat moet die priester dit weef" (“weef” vertaal as: “beweeg”). Die eerstelingsgerf was ook deur die priester op die eerste dag van die week geweef. Wat 'n kragtige teëbeeld lê hierin oor die nuwe-testamentiese siele-oes van eersgeborenes!

Die priester moes die gerwe op die eerste dag van die week voor die Here weef. Ons kan maklik verstaan wat bedoel word met "weef". Enkele are was saam gevleg om 'n gerf te maak (Ps. 126: 5-6). Jesus Christus is die "eerstelingsgerf" en die nuwe-testamentiese Gemeente die "eersgeborenes" wat Sy liggaam is. Al die lede is verbind met die Hoof en met mekaar. Hy is die koringkorrel wat in die grond geval het (Joh. 12:24), en die wat syne is, die ryp koring wat geoes en ingesamel word in die hemelse skure (Matt. 3:12).

In die Ou Testament het die priester die natuurlike gerf geweef. In die Nuwe Testament weef Jesus Christus, die Hoëpriester van ons belydenis, die uit-die-aarde gekoopte eersgeborenes, as die eerstelingsgerwe – in Hom lewe ons, word ons geweef en bestaan ons (Hand. 17:28).

Die betekenis van "eerste dag" is duidelik aan almal as hulle dit net wil sien. "Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die (weefoffergerf) bring – sewe volle weke moet dit wees; tot die dag na die sewende sabbat ..." (Lev. 23: 15-16). Hierdie woorde beskryf akkuraat wanneer die eerstelinge met die heiliges Gees gevul sou word. Dit gebeur na 7 x 7, dws, na nege en veertig dae, op die Pinksterdag, die vyftigste dag. Presies op die vyftigste dag na Christus, die Eersteling, oorwinnend uit die dode opgestaan het, het die uitstorting van die Heilige Gees plaasgevind. Dit het gebeur die dag wat volg op die sewende Sabbatdag. So, reeds in Ou Testament gee God ‘n voorskou van die opstanding en die uitstorting van die Gees op die eerste dag van die week.

Volgens die Skrif het nie net die opstanding nie, maar ook die uitstorting van die Heilige Gees gebeur op die eerste dag van die week. Wie wil teen sulke duidelike en waaragtige getuienis van die Skrif argumenteer? Wie nie elke woord glo soos dit geskrywe is nie, maar eerder probeer om die Skrif na eie mening toe te pas, verstaan nie God se taal nie. Enigiemand wat die algehele getuienis van die Skrif beveg, glo nie wat die Woord sê nie, maar sy eie interpretasie.

In die Nuwe Testament is daar geen uitdruklike verordeninge om Sondag te vier nie, of om die Sabbatdag viering te vervang daarmee nie. In die hele Bybel vind ons ook slegs die aanduiding van die viering van die sewende dag van die week, naamlik die Sabbatdag. Geen ander dag was toe al by die naam genoem nie. Dit sê net: "Op die eerste dag na Sabbatdag", of: "die eerste dag van die week" (Joh 20: 1), ens. Die dae van die week met die verskillende name is van heidense oorsprong, ook "Dag van die Son" – die Sondag. Maar ons is net geïntereseerd in die goddelike aanduidings, die "laaste" en "eerste" dag van die week, volgens die Heilige Skrif; die res laat ons oor aan Hom wat regverdig sal oordeel.

Die vier evangelies getuig eenstemmig dat die opstanding van die Here Jesus op die eerste dag van die week gebeur het, nl, die dag ná die Sabbat: "En toe die Sabbat verby was … nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week ..." (Mark. 16: 1,9). Deur die opstanding van die Here het die "eerste dag" van die week betekenis gekry, wat reeds uit die Ou Testament vooruit gespreek was. Op dieselfde dag het die opgestane Here verskyn aan Sy eie: "En twee van hulle was dieselfde dag op pad na 'n dorp, wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs" (Luk. 24:13).

Jesus het vir hulle ‘n besonderse bybelles gegee wat die hele Ou Testament, vanaf die wette van Moses, die Psalms en die Profete gedek het, en hulle die Skrifte laat verstaan. Op die eerste dag van die week geskied dan: die opstanding; die wandeltog na Émmaüs met Sy dissipels; die aankoms by die huis; die broodbreking, waaraan hulle Hom erken het (Luk. 24: 13-35), en die aand besoek die Opgestane al Sy dissipels: "En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle" (Joh. 20:19).

Daar staan ook geskryf: "En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle" (Joh. 20:26). Hoekom presies 'n week later? Hoekom nie na drie of vyf dae nie? Wat 'n voorreg is dit, dat ons nie deur mense geleer word nie, maar deur God se Woord! Nie net was die dissipels in Jerusalem deur God aangemoedig om byeen te kom op die eerste dag van die week nie, maar ook Paulus, want daar is geskrywe: "En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek ..." (Hand. 20:7). Is dit tog nie wonderlik om, deur die leiding van die Heilige Gees, die Skrif te verstaan nie! Paulus het brood gebreek met die heiliges op die dag ná die Sabbatdag; daarmee volg hy die voorbeeld van die Here, wie na Sy opstanding uit die dood vir die eerste keer brood gebreek het op die eerste dag van die week, by Émmaüs. En ons sal dit vier in ons aanbidding, of dit Saterdag of Sondag is, tot Sy wederkoms (1Kor. 11:26).

Dat die Heilige Gees Paulus gelei het om die byeenkoms op die eerste dag van die week te beklemtoon, dui op 'n baie besondere betekenis. Hy kon eenvoudig net geskryf het: "Ons moet bymekaar kom om brood te breek", sonder om “op die eerste dag van die week” te genoem. Ook hierin is die wysheid van God in Sy kinders geregverdig. Dus, wanneer ons op die eerste dag van die week byeenkom ter betragting van die Woord, vir gemeenskap, gebed en die breking van die brood, dan is dit beslis in lyn met die praktyk van die Here en die apostels en dus in die wil van God. Terloops, die vroeë Christene was so kragtig aan die brand met die vuur van die Heilige Gees dat hulle elke dag byeen gekom het:   "... En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is" (Hand. 5:42).

Dat Paulus die eerste dag van die week baie besonders geag het, sien ons ook daarin, dat hy die heiliges aangesê het dat "op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit ..." (1Kor. 16:2). Ons kan nie anders as om te glo, soos die Skrif sê, naamlik, dat alles gedoen moet word met die bekragtiging van twee of drie getuies. Die Here het getrou aan Sy mense ook voorsorg getref in hierdie saak. Reeds In die Ou Testament was daar al heengewys na hierdie dag. In Levitikus 23 vers 7 staan  geskrywe: "Op die eerste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie". In die 10de en 11de verse staan:  "As julle … die opbrengs oes, moet julle die eerstelingsgerf na die priester bring ... die dag ná die sabbat moet die priester dit weef" (“weef” vertaal as: “beweeg”). Die eerstelingsgerf was ook deur die priester op die eerste dag van die week geweef. Wat 'n kragtige teëbeeld lê hierin oor die nuwe-testamentiese siele-oes van eersgeborenes!