Die Sabbat – ‘n Gebod vir almal?
In baie geloofsgenootskappe word daar geleer dat elkeen wat diens hou op ‘n Sondag en nie op ‘n Saterdag, volgens die wet nie, behoort aan die antichris. Hulle beroep hulle op Openbaring 14: 6-13 en sê: "Wie op ‘n Sondag aanbid, het die merk van die dier en gaan gepynig word tot in alle ewigheid". Dit is ‘n slegte, arbitrêre interpretasie, nie net omdat dit vals is nie – want daar is niks geskryf aangaande Sondag nie – maar ook omdat dit die aandag aftrek van die ding wat regtig saak maak. Wanneer dit iets is so belangrik soos die merk van die dier, naamlik, die direkte kenteken van die Antichris, dan moet daar meer aandag gegee word aan al die Skrifte waar daar daaroor gepraat word, om dan die algehele en absolute bybelse betekenis te bekom. Enige arbitrêre interpretasie van 'n paar onverskillig-toegepaste bybel-gedeeltes is die werk van die vyand. Dit verg ware openbaring wat die ware betekenis voortbring deur net dit uit die Bybel aan te haal, waartoe dit behoort.
Openbaring 13 verse 11-18, verduidelik die gebeure van die finale tyd en dui aan dat die merk van die dier die "nommer van ‘n mens" is en nie die getal van 'n dag nie. Die getal van die "Supermens" is selfs vir ons bereken: 666. Sedert die tyd van die Reformasie is Vicarius filIi DEI al geïdentifiseer daarvoor en spesifiek op die pous toegepas.
Daar is nie 'n enkele Skrif wat sê dat aanbidding op ‘n Sondag, die teken van die dier is nie. Daar is ook nie enige plek wat aandui, dat enigiemand wat op Saterdag aanbid, die seël van God het nie, soos sommige beweer. Dit is inderdaad menslike leringe en totaal onbybels. Die seël van God word volgens die Skrif op die ware gelowiges deur die Heilige Gees geplaas (2Kor. 1: 21-22; Efé. 1:13; Efé. 4:30).
As beweerde basis vir die argument, verwend hulle hul na Daniël 7:25. Dit word egter buite konteks geneem, omdat dit verwys na die vooraf vasgestelde eindtyd waarin die volk Israel, ná die beëindiging van die verbond (Dan. 9:27), wat deur die antichris verbreek sal word na drie en 'n half jaar: "En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste, en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd" (Dan. 7:25). Wat Daniël gesien het, het nie betrekking op die nasies nie, maar is wat deur Israel ervaar sal word (Dan. 10:14).
Ons moet elke bybelteks lees tot aan die einde en dit laat in daardie konteks, waar dit werklik behoort. Diegene wat byvoorbeeld Daniël 7 verse 23-27 lees, sal duidelik sien dat dit handel oor die laaste tydsbestek, die drie-en-‘n-half-jaar van verdrukking, wat gevolg word deur die koninklike heerskappy: "Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogte" (v.27). Aangaande die tydperk vir Israel, wat ook gaan oor die merk van die dier, word gesê, "Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas, hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. En ek het 'n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf: salig van nou af is die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle" (Openb. 14: 12-13).
Die bewering dat Sondag deur die Rooms-Katolieke Kerk ingestel was, is onwaar. In die dae van ons opgestane Here en die apostels en al die getroues in die vroeë Christensdom, was die eerste dag van die week reeds die vergaderdag. Die aanwysing "Dag van die Son” het egter ‘n heidense oorsprong. Dus is die naam van die eerste dag onbybels, maar nie die dag self nie. Die waarheid is dat die haat van die staatskerk teenoor die Jode in die derde eeu so groot was dat die Jode uiteindelik vervloek was as Christus moordenaars en saam met die Sabbat verwerp was. In die jaar 321, selfs voor die staatskerk as 'n organisasie gestig was, was 'n bevel uitgereik van Keiser Konstantyn, waarin Jode verbied was om Sabbatdag te vier en gebied was om Sondag as aanbiddingsdag te eerbiedig. Sondag-aanbidding was ‘n verpligte instelling gemaak vir alle inwoners van die Romeinse Ryk. So was die ou-testamentiese volk van God, aan wie Hy self die Sabbat gegee het as ‘n verordening, se aanbidding gewetenloos verwerp en was hulle aan gruwelike vervolging, ballingskap en selfs die dood onderwerp. Hierdie verordeninge is egter die werk van godsdienstige mense van die kerk en is absoluut verwerplik. Aan die ander hand, het niemand die reg om die Sabbat-viering op die nuwe-testamentiese Gemeente af te dwing nie. Ons is nie verplig om die Sabbat of die Sondag te aanbid nie; as begenadigdes lewe ons in vryheid as kinders van God.
Ook elkeen wat Sondag verkondig as die "dag van die Here", is geestelik blind. In die Ou en Nuwe Testament word "dag van die Here" baie keer beskryf (Joël 2:31; Hand 2: 20; ens.). So is gesê dat die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die "dag van die Here" kom. Die "Dag van die Here" sal kom soos 'n dief in die nag (1Thess. 5: 1-3; ens). Openbaring 1 vers 10 verwys ook na die "Dag van die Here" en nie na ‘n Sondag nie. Johannes het nie op Patmos gesien wat gaan gebeur een Sondag nie, maar wat sal gebeur in die "Dag van die Here", soos beskryf word in die daaropvolgende hoofstukke.
Merkwaardig is die feit dat God nie uit die nasies Joodse Christene maak nie, maar kinders van God. Hulle word gelei deur die Gees van God. Natuurlik maak Hy ook nie van die Jode heidense Christene nie. Eintlik is daar geen "Joodse Christene" of "heidense Christene" nie – daar is net bybel-gelowige Jode en heidene wat wedergebore kinders van God is. Alles moet volgens God se verordeninge wees.
Alhoewel diegene wat die Sabbat as die sewende dag beoefen dit ernstig en opreg doen, bly dit nogtans bloot net die letter van die wet. Om Sy rus in te gaan, benodig openbaring, wat net deur genade aan God se eie gegee word.
Ons hoop almal verstaan wat hierin kortliks uitgelê word. Almal kan nie leermeesters wees nie (Jak. 3:1). God het self apostels, profete en leraars in Sy Gemeente aangestel (1Kor. 12:28; Efé. 4:11). Hulle leer nou presies dit wat ook geleer was in die vroëe Christendom. Elke bybelse onderwerp moet streng ingevolge die Skrif geag word. Paulus kon self vertel hoe hy as ‘n leraar geroep is (1Tim. 2:7; 2Tim. 1:11).
So weet ons dat alle ware diensknegte van God, die leringe van die apostels volgens die Skrif verkondig, net soos dit in die nuwe-testamentiese Gemeente verorden was. Elkeen moet vashou aan wat in die Skrif duidelik en eerlik agtergelaat is en elke interpretasie vergeet. Geseënd is die prediker wat die Woord van die waarheid reg verdeel en ook elkeen wat tereg glo!
Tot die instelling van die Wet, was daar geen Sabbat viering nie. Die Sabbat was ingebring in die tyd van Israel. Nou is ons in die tydperk van die nasies, waarna die duisendjarige Vredesryk volg. Mag die Here God genade gee dat ons net leer wat deur God self geleer word en om net te spreek wat God duidelik deur sy Woord spreek. Mag almal net hoor wat die Gees van God deur God se Woord sê.
Hoewel die Bybel duidelik praat oor die onderskeie onderwerpe, is die letter daarvan nie genoeg nie; alles moet altyd aan die lig gebring word deur die Gees. Daar is absoluut geen sin daarin om tyd te mors met argumenterings en besprekings nie. Wie nie deur die Woord geleer kan word nie, sal ongeleerd bly. Ons kan net sê: “Mag Israel as die volk van God van die Ou Testament doen wat God sê hy moet doen. En mag die kinders van God van die Nuwe Verbond, Hom laat doen met ons wat aan ons nagelaat is in Sy Woord met die stigting van die nuwe-testamentiese Gemeente”. Welgeluksalig is die volk van Israel en die geseënde Gemeente van die nasies in die naam van die Here Jesus Christus! Amen.