Die Uitdaging van die Christelike Teologie

INLEIDING

« »

Oor die algemeen heers daar spanning op die aarde, wat in toenemende mate groter word soos ons die millennium nader. Mense wonder wat die volgende millennium vir ons inhou. Hul verwagtinge vir die toekoms is natuurlik heeltemal verskillend. Die meerderheid van die kenners versprei optimisme daaroor, vertrou dat alles goed sal gaan en dat ons, net soos voorheen, in staat is om die groot probleme op aarde te bemeester. Maar by ander heers daar vandag ‘n ‘doomsday’ stemming, weens hul radeloosheid. Sosiale onreg, werkloosheid, drasties-stygende misdaad, dwelmmisbruik, siektes wat voorheen ongehoord was, natuurrampe van verskillende soorte, waaraan ons hulpeloos blootgestel is, onrus en die gedurig-veranderende krisisse maak baie vreesbevange. Alles is onverbiddelik verander, insluitend die omgewing en selfs die klimaat. Baie verstaan die wêreld nie meer nie. Baie sien in al hierdie angswekkende dinge 'n "waarskuwingsteken" – 'n handskrif aan die muur, wat natuurlik iets aankondig wat bybelkenners mee vertroud is. Dit vereis eg- ter dat die handskrif, soos met Daniel destyds, behoorlik gelees en verstaan moet word, en as 'n waarskuwingsboodskap gegee moet word om ons in staat te stel om 'n uitweg aan die mense uit te wys. Dit moet die boodskap van hierdie uur wees, gegrond op die voorspellings van God se Woord vir ons tyd.

Sedert die tyd van die verligting, toe dit bekend geword het dat gruweldade in die naam van toegewyde Christelike godsdiens gepleeg was, het baie die inherente geloof in God verloor. Geloof in die wetenskap het sedertdien toegeneem. Die skepping, wat die mens kan sien, kan hulle nie ontken nie, daarom word die Skepper in ‘n innerlike rebellie ontken, wie ongelukkig nie gesien kan word nie (Rom. 1: 18-23). Hoewel die natuur praat van al die werke van die Meester en Hom tot roem strek, probeer die mens om die Skepper van die majestieuse werk van die skepping te skei. In ons tyd is daar ‘n groeiende ongeloof, waarvoor teoloë nie die minste ook verantwoordelik is, in dat hulle, in plaas van hul geregverdigde kritiek teen die "kerklike" instellings te wend, word selfs God en God se Woord in geestelike "kortsigtigheid" daarby ingesluit. So maak hulle vir hulself in die breë publiek ‘n naam, en slaag terselfdertyd daarin om die Woord van God as onbetroubaar daar te stel en die HERE van die heerlikheid tot be- spotting te maak. Die mens het deur al die uitvindings en pres- tasies vir homself geen perke meer gestel nie, veral sedert die ruimtevaart era, en mik selfs al hoe meer na die middelpunt van die heelal. Veral jong mense wat kwesbaar is vir twyfel, wat op elke denkbare manier versprei word, is dikwels teleurgesteld met oorwinningsgeloof. Daar is nie eens 'n paar wat vra oor die ware betekenis van die lewe, of op soek is na innerlike tevreden- heid en die oplossing van hul dwelm probleme, oor ander godsdienste, ens., nie.

Onder die slagspreuke "globalisering", "wêreld- en volkere een- heid", "multi-kulturele gemeenskap", het die skeidslyne tussen godsdienste en ideologieë vervaag – dit wat hulle in gemeen het word uitgelig en beklemtoon, in ooreenstemming met die ten- dens van die tye. Die gees van versoening is oral werksaam; ongelukkig nie versoening met God en Sy Woord nie, maar eerder, los daarvan, ‘n versoening onder die verskillende denom- inasies en gelowe. Terselfdertyd word die verlange na waarheid – wat maar net aanwesig is om die gewete te streel – onderdruk en is hulle tevrede met enige godsdienstige of sekulêre plaas- vervanger. Elkeen glo wat hy wil, of nie wil nie. In 1994 het die Verenigde Nasies by hul hoofkwartier in New York 'n "Godsdiens Kommissie" in die lewe geroep, om hul deel by te dra tot die instandkoming van ‘n "nuwe wêreldorde". Onder andere, word 'n eenvormige manier van aanbidding vir die hele wêreld beoog. "New Age" is in!