Die Uitdaging van die Christelike Teologie
Die geskiedenis van die mensdom, en die godsdiens-geskiedenis wat hand-aan-hand daarmee saamloop, is baie onstuimig en bloedig. In ons tyd, was daar die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog. Daar was die wrede Holocaust, die skeuring tussen Oos en Wes. Daar was 'n "Hiroshima" en 'n "Nagasaki" en nog baie meer. Die twee "supermoondhede" verdeel die wêreld sedert 1945. Die "Koue Oorlog", wat in Augustus 1961 sy hoogtepunt in Europa bereik het met die die bou van die skeidsmuur in Berlyn, is nog steeds baie lewendig in menseheugenis. Te danke aan die inisiatief van Willy Brandt in die laat sestigerjare het die gewenste "détente" fase – bekend as "Ostpolitik" – uiteindelik aangebreek. Met nog 'n mylpaal in hierdie proses, die historiese besoek van die Poolse pous aan Pole in 1979, het die val van kommunisme begin. Met die 750ste verjaarsdag van Berlyn in 1987, het die Amerikaanse president Ronald Reagan die verdeelde stad in Junie besoek en met ‘n uitsig op die toegemesselde Brandenburg Poort, hierdie historiese woorde aan die destydse Sowjet-Kommunistiese Party-leier Michail Gorbatchov gerig:
"Meneer, die Sekretaris-generaal, as jy vrede soek, as jy die welstand van die Sowjet-Unie en Oos-Europa soek, as jy 'n bevryding wil hê, kom dan hier na hierdie poort toe! Meneer Gorbatsjof, maak hierdie poort oop! Meneer Gorbatsjof, breek hierdie muur af!"
In November 1989, het die finale deurbraak uiteindelik gekom: die twee Duitse state is ná dekades weer verenig. Die verdeling van Europa was – God sy dank! – vreedsaam tebowe gekom. "Versoening" is die slagwoord van ons tyd, asook die slagspreuk: "Wat saam behoort, groei nou uiteindelik saam". Die eenwording van Duitsland was die voorvereiste vir die eenwording van Europa. Soos so dikwels voorheen, moes die landkaarte weer oorgeteken word. Die tyd het aangebreek dat die Euro die ooreen-stemmende nasionale geldeenhede moes vervang.
12 Die hele wêreld is aan die verander en sal, soos aangekondig in bybelprofesieë, ‘n eind-tyd gestalte aanneem. Niemand kan die voorafbepaalde loop van die geskiedenis stop nie. Die bedrywighede is "tekens van die tye" om die mens se aandag te trek tot waaksaamheid.
So dan ontstaan, na die beeld van die historiese Romeinse Ryk, die bybels-voorspelde nr. 1 wêreldmag, in die vorm van die "Europese Unie" met hul tans meer as 370 miljoen inwoners. Duitsland, as een van die sewe leidende "koppe", was gewond en het weer herstel soos dit ook simbolies aangedui word in Openbaring 13 (eerste gedeelte) en is ook die dryfkrag daarvan. Die Verenigde State van Amerika, met sy 266 miljoen inwoners, moes nou ook gewoond raak aan die feit dat dit nie die enigste oorblywende supermoondheid is wat in staat is om die rol van die wêreld polisieman te speel nie, maar supermoondheid nr. 2, soos ook simbolies uitgedruk word in Openbaring 13 (tweede gedeelte). Politieke mag is reeds wêreldwyd in die VN – die "Verenigde Nasies" – onder een dak gekonsentreer. Dan is daar natuurlik nou ook 'n nasionale en internasionale konsentrasie van ekonomiese mag op alle vlakke. Banke, versekerings-, motor-en staal maatskappye – al die heel grootste besighede snoer kragte saam. Net so ook verenig die godsdienstige magte in die "ekumene", onder die oorheersing van Rome, waar die eintlike verenigde wêreld-mag gehuisves word. Geskied al hierdie dinge maar net toevallig op dieselfde tyd of loop dit in werklikheid na 'n hoogtepunt, naamlik 'n "wêreld-regering" wat voorspel is vir die laaste fase van die huidige menslike geskiedenis?
Dit is 'n wêreldwye beweging, ingesluit volkere en godsdienste, politiek en die sake wêreld, op alle gebiede is eenwording aan die gang, om aan die mensdom vrede en voorspoed te verseker. Tog, ten spyte van alle verdrae en ooreenkomste, sal ‘n skielike verderf aanbreek en ondergang bring, soos aangekondig in die Heilige Skrif: "… wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid – dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie" (1Thes. 5:1-3, ens.).
Wanneer hierdie verenigings-en vredesprosesse, wat hier in die eind-fase hoofsaaklik fokus op Israel en die Midde-Ooste, sy hoogtepunt bereik, verenig die wêreld gemeenskap teen Israel en die twisappel, Jerusalem, wat ‘n swaar klip geword het (Sag. 12:3) – so was dit aangekondig meer as twee-duisend-vyfhonderd jaar gelede. Wat voorspel was, word nou vervul; selfs al offer Israel "grond vir vrede", kan ook die gebede van miljoene dit nie verhoed nie.