Die Uitdaging van die Christelike Teologie

ALMAL VERDEDIG HUL EIE LERINGE

« »

Dit is te verstane dat almal hul eie leringe verdedig. Maar salig is hulle wat kan sê soos die Meester: "My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het. As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek" (Joh. 7:16-17).

Kerk-getroue mense het die reg om dit te verdedig wat kerkleiers gesê het in die kerklike handboeke. Maar dit is nie hul goddelike reg nie, anders sou dit gekoppel gewees het aan dit wat God gesê het. Godsdienstige mense het die reg om te staan op wat hulle godsdiens glo en onderrig. Maar wat het dit, wat alle godsdienste en denominasies leer, met God te doen as dit nie met Sy Woord saamstem nie? Deurdat elkeen hul eie geloofsbelydenisse het, het hulle hul eie beginsels daargestel, sonder om daarvan bewus te wees dat dit gegrond is op iets heel anders as wat Paulus bedoel het en waarop die vroeë Gemeente gebou was (1Kor. 3:10-15). Almal is dit eens dat "hulle alleen reg is", anders sou hulle hul godsdiens verander het. Die ander word altyd van dwaalleer en afvalligheid beskuldig; "húlle" is die valse leraars, die afvalliges, die verkeerdes.

Daar is een instansie onder al die denominasies wat eis dat verlossing net uit een kerk verwek word, wat natuurlik op geen manier met die Skrif ooreenstem nie. In die KATEGISMUS VAN DIE KATOLIEKE KERK sê dit: "Die besluit van die Tweede Vatikaanse Raad oor Ekumenisme verklaar dat: Slegs deur die Katolieke Kerk van Christus, wat die algemene hulp tot verlossing is, kan mens die volheid van die reddingsmiddele verkry. Want alleenlik aan die apostelskap wat Petrus voorgestaan het, glo ons, het die HERE alles van die Nuwe Verbond toevertrou, om die liggaam van Christus op aarde te bou waarin almal ingelyf moet word, wat op een of ander manier aan die volk van God behoort" (bl. 244). Dit is duidelik dat sy huidiglik strewe om almal in haar moederskoot in te neem. Die hele verduideliking het egter geen Bybelse basis nie, net soos die "… so glo ons …" niks te doen het met geloof volgens die Skrif nie.

Diegene wat werklik gebind is deur God se Woord, moet sodanige verklaring teenstaan omdat dit eenvoudig nie waar is nie. Verlossing is nie te vinde in 'n denominasie nie, maar in die Een wat vir ons verlossing gebring het. Voor Konstantyn (306-337) was daar geen »Katolieke«*, dit wil sê, geen verenigde, algemene kerk nie. Daar was ongeveer 130 verskillende gelowe, wat almal in hul leringe verskil het. In die eerste eeue was daar geen pouse of kardinale, kloosters, monnike of nonne, of enige liturgie en dies meer nie. Daar was absoluut niks van alles wat sedert die ontstaan van die keiserlike kerk – wat nie na Christus nie, maar na Konstantyn en die raadsvaders teruggaan – ingevoer is nie. Van 'n alleen saligmakende kerk word nêrens in die Bybel melding gemaak nie. Stellings soos "Die Kerk, die universele sakrament van verlossing" of "Geen verlossing buite die Kerk nie", word ook nie daarin gevind nie. Ook die sin: "Slegs diegene wat die Kerk as hulle moeder het, het God as hul Vader!", word tevergeefs gesoek, asook die verwysings na 'Petrus se opvolger', 'n apostoliese opvolging of selfs 'n hiërargie. In wese is dit 'n instelling wat uit die staanspoor buite die Evangelie staan en glad nie in die Woord van God is nie.

* Katolieke beteken “algemene”

Nou ontstaan natuurlik die vraag of ons die huidige hooggeplaastes van alle Christelike denominasies, soos die pouse, kardinale, biskoppe, pastore, predikers, evangeliste, moet blameer dat hulle nie in die Woord gevind word nie, maar vasgevang is in oorgeërfde tradisies. Waarskynlik nie, want hulle almal is in die eeue-lank bestaande lerings-strukture gebore, waarin hulle ook hul studies voltooi het en het waarskynlik ook nooit die waarheid gehoor nie. Selfs die formele-en onafhanklike kerke wat van die Kerk van Rome weggebreek het, het in "goedertrou" leerstellig deel daarvan gebly. En almal aanvaar dat alles reg is soos dit is. Maar nou het die oomblik van waarheid aangebreek: die vergelyking tussen bybelse leringe en praktyke en, aan die ander kant, oorgeërfde tradisies, verg dringende besluitneming. Van nou af sal niemand ‘n verskoning het nie. Net wat in die Skrif geskryf is, is nou gesaghebbend. By God is daar geen 'heilige tradisie' nie; net by die mensdom is daar Katolieke, Ortodokse of ander selfgemaakte, oorgeërfde tradisies.

Het ons in die geheel dus te doen met 'n buite-bybelse Christelike Kerk, 'n Christelike kultuur, 'n Christelike erfenis wat verband hou met 'n pouslike dogma-geskiedenis, waarvan sommige onder Protestante gevind kan word, maar in werklikheid niks met Christus in gemeen het nie?

Daar is vrae bo vrae. Is godsdiens in werklikheid ‘n bedrogspul? Was ons mislei in die naam van God? Hoe is dit nou eintlik in werklikheid? Wat is die waarheid, die "goddelike waarheid" en wat word aangebied as kerklike, godsdienstige waarheid? Waarom het die verskillende rade hul eie geloofsbelydenis geformuleer, wat selfs die titel »Apostoliese Geloofsbelydenis« gegee was, alhoewel die apostels nie daarvan geweet het nie – omdat dit honderde jare later ingestel is en nie aan hulle leerstellinge voldoen nie? As God se Woord as die "geloofsbelydenis" aanvaar was, sou dit genoeg gewees het.

'n Kind van God het net een plig: om die geloof van die ewige Woord van God te glo en om dit getrou te weergee. Dit lei outomaties tot 'n kompromielose afkeuring van dit wat nie van goddelike oorsprong is nie. Nou gaan dit nie net om die bybelse temas te behandel nie, maar om dit alleen uit die Skrif te verlig. Wie dan nie die liefde tot die waarheid het nie, sal in die krag van die dwaling bly (2Thes. 2) en in die oordele van God val. Dit is nou die tyd vir goddelike duidelikheid en-regspraak. Die gebod van die uur is: "Terug na God en Sy Woord!"