Die Uitdaging van die Christelike Teologie
Dit is eintlik 'n geopenbaarde geheimenis en tog nog gelyktydig verborge. Soos ons die hele skepping kan sien soos gemanifesteer in die lewe, maar nie die lewe self kan sien nie, so is dit met God in Christus: Ons sien nie God as Gees nie, maar sien Hom geopenbaar: "Hy wat My gesien het, het die Vader gesien "
Paulus het diep respek vir die Hoogste gesag. Hy het die groot verborgenheid uitgebring met die punt: "En onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid" (1Tim. 3:16).
In Romeine 1, verse 1-4 lewer die apostel sy getuienis soos volg: "Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God, wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte, aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse HERE"
In Romeine 9 beklemtoon Paulus die goddelike wat voort kom uit die vlees: "… hulle is (immers) Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes aan wie die vaders behoort en wie uit die Christus is na die vlees — Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen" (verse 4-5).
Die Seun van God beklemtoon die betekenis van die goddelike verborgenheid met die woorde: "… Ek loof U, Vader, HERE van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense, en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit U welbehae. Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader, ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar" (Matt. 11:25-27; Luk. 10:21-22). Hy wil dit doen, maar ons moet gereed wees om die openbaring te aanvaar.