Die Uitdaging van die Christelike Teologie
Met 'n bevel, 'n opdrag, is dit van die uiterste belang om aandagtig te luister om die opdraggewer mooi te verstaan. Daarby is dit voordelig om dit direk uit die mond van die een wat die opdrag uitreik te hoor – uit die derde mond kan eie idees reeds bygevoeg word. Ook, die sleutel-woord is altyd van kardinale belang. Met die doopbevel is die "Naam" die kern van die opdrag — want daar moet gedoop word in die naam.
Omdat die trinitariese beoefening van die doop direk verband hou met die onderrig van die sogenaamde 'goddelike persone' sal ons kortliks nou daaroor praat. In verskeie publikasies, word nie net die algemeen beoefende praktyke, maar selfs die trinitaries-geformuleerde doop in Matthéüs 28 vers 19 in twyfel getrek. Dr. Karlheinz Deschner skryf: "Jesus het geen Drie- eenheid geken nie. Die in-die-mond-gelegde opdrag in Matthéüs, van die "Opgestane", om te doop "in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees", is eenparig deur kritiese navorsing as 'n vervalsing afgemaak" (WEEREENS KRAAI DIE HAAN). Die meerderheid van die deeglik-ondersoekende kerkhistorici skryf hierdie formulering toe aan die trinitariese kerklikes.
Soos algemeen bekend is, was die evangelies en die apostelsbriewe aanvanklik hoofsaaklik gesirkuleer in Hebreeus en Aramees in die plaaslike Joods-Christelike gemeenskappe. Die eerste samevatting as die kanonieke in die Griekse Nuwe Testament, was die werk van manne uit die heidendom wat alreeds die trinitariese konsep gehad het. Hierdie feit is opvallend merkbaar in die skrywes. In sommige vertalings, is daar selfs nog 'n toevoeging in 1Johannes 5. DIE LUTHER BYBEL (1968 uitgawe) se voetnota: "Die vorige uitgawes van die Bybel verse 7 en 8 staan die woorde: "Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een". Dit word nêrens gevind in die manuskrifte van die Griekse teks nie, nog minder in Luther se eie vertaling".
In die NOVUM TESTAMENTUM GRAECE ET LATINE van Nestle, vind ons in 'n voetnota, die oorspronklike weergawe van Matthéüs 28 vers 19, soos die kerkvader Eusebius dit behou en weergee het: "En to onomati Mou" = "in My naam". Dieselfde opmerking is in die GRIEKSE NUWE TESTAMENT, Tweede uitgawe, 1954, London Bible House. Hierdie oorspronklike weergawe: "… en doop hulle in My Naam", sou alle foute en latere interpretasies vermy het. Tog kan Matthéüs 28 bly soos dit is, want ons weet dat die Vader, Seun en Heilige Gees is nie name nie, maar benaminge, en dat daar in die naam (enkelvoud) gedoop moet word, naamlik in die nuwe-testamentiese verbondsnaam waarin God geopenbaar word as Vader in die Seun en deur die Heilige Gees. Dit is die HERE Jesus Christus. Hoe dit ookal sy, dit bly: "En to onomati Mou" = "in My naam".
Ewe onbegryplik is hoe die so betekenisvolle nuwe-testamentiese verbondsnaam van onse "HERE", waarin alle heil lê, naamlik Jahshua = "Jahweh-Redder" as "Jesus" kon opeindig. Die ware betekenis, naamlik dat "Jahweh" in die Ou Testa-ment die "Jahshua" van die Nuwe Testament is, het daardeur verlore gegaan. Ons kan dankbaar wees dat God die naam respekteer in enige taal, want Hy weet wat ons daarby bedoel. Name en terme is belangrik vir God, want die eintlike betekenis word altyd daardeur duidelik uitgedruk. In Jesaja 7 vers 14 en in Jesaja 9 vers 6 word ons vertel dat die Seun wie se geboorte daar aangekondig word, Immanuel (God met ons), sou wees. Op Hom wat gebore is as 'n kind, ‘n Seun wat aan ons geskenk is, rus die heerskappy.
In Sy Naam, word alles ingesluit: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors. God het, nietemin, die misverstande toegelaat sodat Hy dit van die begin af net aan Sy eie kon openbaar.
Deur die doop word die verlostes aan die Verlosser, wie hulle duur gekoop het, verordineer en toegewy. Die Verlosser het 'n naam. Dit gaan om daardie naam, wat aangeroep moet word tot die redding van die siel, want daar staan geskrywe: "En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word" (Hand. 2:21, onder andere). Die Hebreeuse woord "Jasha" is ons woord "red" (Ex. 14:30 — SCOFIELD REFERENCE BIBLE, bl.88). In die geloofslewe geskied alles in Sy naam: verlossing, genesing, ens., wat die naam van Jesus (Jahshua) is waarin alle knieë uiteindelik sal buig en elke tong Hom as HERE sal bely (Fil. 2). In Sy Naam is die sewentig uitgestuur, aan wie die duiwels onderdanig was (Luk. 10:17). In die Sendingsopdrag sê die opgestane HERE: "in my Naam sal hulle duiwels uitdryf …" (Mark. 16:17). In Sy Naam moet aan alle nasies bekering en vergifnis van sondes verkondig word (Luk. 24:47, ens.). Ook by die doop gaan dit om die naam, waarvan Petrus sê dat die mens ook geen ander naam gegee is onder die hemel waardeur hulle gered kan word nie (Hand. 4:10-12).
Die Seun het gekom in die naam van die Vader (Joh. 5:43a) en het deur die doop alle geregtigheid self vervul (Matt. 3). Wie Hom nie opneem, deur Sy naam aan te roep nie, neem ‘n "ander" naam op, wat kom met verhewe titels, maar altyd in hul eie naam (Joh. 5:43b). In Johannes 17 is die hoëpriesterlike gebed: "Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het" (vers 6), want dit was in Psalm 22:23 voorspel: "Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys". In die hoëpriesterlike gebed sê Hy verder aan: "Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het … en Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak …" (Joh. 17:11b+26a) – die naam wat Hy geërf het (Hebr. 1:4).
Petrus, die man van die eerste uur, aan wie die HERE self die sleutels van die koninkryk gegee het, waardeur hy 'n allesomvattende goddelike insig gekry het, het die doopgeheimnis opgelos, deurdat hy op die stigtingsdag van die Gemeente van die lewende God, op Pinksterdag, beveel het: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus …" (Hand. 2:38). Aan hierdie oorspronklike patroon is die nuwe-testamentiese Gemeente vir ewig gebind.
In die vroeë Christendom en in die direkte post-apostoliese tydperk was net diegene wat gelowig geword het gedoop, soos beveel word in Markus 16: "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word …". Dit was oorspronklik gedoen met 'n enkele onderdompeling, en uitsluitlik in die naam van die HERE Jesus Christus (Handelinge 2:38 – Petrus in Jerusalem; Handelinge 8:16 – Filippus in Samaria; Handelinge 19:5 – Paulus in Éfese, ens.). Drie getuienisse. Dit het nie aanvanklik geskied in 'n trinitariese formule nie, soos al die historiese skrywes ook ooreenstemmend getuig. Johannes die Doper het bekering aan die mense verkondig en almal wat die bekering van hulle sondes ervaar het, het hulle laat doop in die Jordaanrivier (Matt. 3:1-12). Hy het dit in 'n plek gedoen waar daar baie water was, so word dit beklemtoon (Joh. 3:23), naamlik, waar dit diep genoeg was om die dopelinge behoorlik te kan onderdompel. D.w.s., die water moes ten minste tot by die heupe kom. So het die Verlosser Hom ook voorbeeldiglik laat doop vir die verlostes. Van Filippus en die hofdienaar word gesê in Handelinge 8: "… en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar: en hy het hom gedoop". Dit sê nie: "… en hy het hom besprinkel …" of "en hy het die water oor hom gegooi" nie.
Die apostels het ook niks van ‘n 'doop-' of 'peet-pa' gesê nie. Bemerkenswaardig is dat die besprinkeling en uitgieting eers ná die instelling van die trinitariese formule begin het. Nie een maal in die hele kerkgeskiedenis was mense met die bybelse doop ooit besprinkel of was die water oor hulle uitgegiet in die naam van die HERE Jesus Christus nie, maar hulle was altyd net gedoop deur onderdompeling.
Soos almal behoort te weet, was die onskriftuurlike doop eers in die era van die dwang-kerstening in die Romeinse Ryk ingestel. Die heidense volke het nie gelowig geword as gevolg van die verkondiging van die Evangelie nie, maar was met die hulp van staatsgeweld, deur drie-malige besprenkeling of uitgieting tot nominale Christene verklaar, oud en jonk, groot en klein. Die verduideliking was dat 'n mens so deur die doop genade aangebied sou word. Maar die bybelse orde is: die genade-aanbod kom deur die prediking, gevolg deur geloof as aanvaarding en doop as 'n bevestiging van die geloofs-gehoorsaamheid. "Die wat toe sy woord met blydskap aanvaar het, is gedoop …" (Hand. 2:41).
Deur die doop getuig die dopeling dat God se genade-werk in sy innerlike gedoen is. In die eerste plek beleef ‘n mens die vergifnis van sondes, die regverdiging deur geloof en dan volg die doop. Die doop dui op ‘n verbond met en van 'n goeie gewete voor God (1Pet. 3:21). Van ‘n »vergewingsdoop« of ‘n »wedergeboorte-doop«, is daar glad geen spoor in die Heilige Skrif nie. Vergifnis is wat God ons geskenk het deur die offerdood van Christus, deur die bloed van die Lam van God wat die sonde van die wêreld gedra het. In die doop word die ervaring van vergifnis en verlossing bevestig.
Daar is egter nie 'n enkele geval in die Bybel waar enigiemand in die trinitariese formule gedoop, gesprinkel of natgemaak was nie! Paulus het nie net reg gedoop nie, maar het ook getuig dat hy so gedoop is: "Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?" (Rom. 6:3). Of Matthéüs 28 vers 19 nou in die oorspronklike teks is of nie – een ding is seker: dat die dissipels die Sendingspdrag korrek verstaan en uitgevoer het. As die trinitariers die Griekse teks "en to onomati Mou" = "in My naam", verander het na die formule: "in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees", dan is hulle mislei deur die teenstander en verlei en het hulself daardeur ‘n ernstige en onomkeerbare swaar skuld opgelaai. Hulle sal daarvoor antwoord met die "Laaste Oordeel" en die gevolge daarvan moet dra. Aangesien die lering van die drie-eenheid, wat hulle vanuit die heidendom geërf het, hand aan hand gaan met die trinitariese doop-formule, was die kritieke kerk-historici reg met hul veroordeling van Matthéüs 28 vers 19. Nogtans het God se kinders tot in die donkerste Middeleeue en selfs vandag, nog die ware geloof en die lig op die vroeë Christelike doop gehad. Die Gemeente van Jesus Christus het sonder onderbreking gebly in die leringe van die apostels – nooit as ‘n volkskerk nie, maar altyd net as die "klein kuddetjie", wat deur die staatskerk vervolg word.
Met die dwang-kerstening moes hele stamme en volke die Christelike godsdiens deur die keiserlike kerk aanvaar, maar sonder om 'n persoonlike verhouding met Christus te verkry. Terloops, die bababesprenkeling verteenwoordig tot vandag nog dieselfde dwangmaatreëls. 'n Baba kan selfs vandag nog glad nie ‘n eie besluit vir dit of teen dit maak nie. Dit word bevestig deur die baie wat die kerke verlaat, hulle wie nie saamstem met wat gebeur het met hulle nie. Die enigste rede waarom die res lede bly is dikwels om 'n begrafnis en hul reputasie in goeie herrineringe te behou. Maar in die ware geloof gaan dit oor die persoonlike en bewuste aanvaarding van die Verlosser, Jesus Christus, in wie alleen die verlossing van die siel lê. Slegs diegene wat hom ontvang en aanneem, word deur Hom ontvang en aangeneem. Van 'n »sakrament« is daar geen sprake in die Bybel nie. Jesus het nooit regtig gepraat van die »doop-« of ander sakramente nie en nooit 'n godsdienstige daad so genoem nie.
Die gelowig-gewordenes laat hulself gedoop word, soos uitdruklik beklemtoon word in die sendingsopdrag, nadat hulle ‘n persoonlike besluit geneem het, wat deur 'n eenmalige onderdompeling plaasvind, waardeur die begrafnis met Christus gesimboliseer word: "… omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het" (Kol. 2:12-13). Slegs diegene wat hulself met Christus gesterf het — afstand gedoen het van hul eie "ek" — kan saam met Hom "begrawe" word; gesimboliseer deur totale onderdompeling van die liggaam.
Die opkom vanuit die "watergraf" illustreer dat die dopeling saam met Christus opgewek is en saam met Hom in 'n nuwe lewe wandel (Rom. 6:4).
In die waterdoop bely diegene wat gelowig geword het tot God. In die doping met die Gees andersyds, verbind God Hom tot diegene wat gelowig geword het. Die Bybel ken net die doop van diegene wat deur middel van die hoor van die prediking glo in Jesus Christus as hul persoonlike Verlosser. Geloof kom deur die gehoor van die prediking uit die Woord van God (Rom. 10). Diegene wat argumenteer dat die tronkbewaarder in Handelinge 16 met sy hele huis gedoop was en derhalwe aanneem dat daar onder hulle kinders was, moet asseblief onthou dat die waarneming van 'n preek 'n sekere volwassenheid vereis. Daar staan geskrywe: "En hulle het aan hom die woord van die HERE verkondig en aan almal wat in sy huis was". Eers daarna was dit gesê dat hy gedoop is met sy hele huis, nadat hulle almal gelowig geword het (Hand. 16:32). Ook hier het die prediking eerste plaasgevind, wat die geloof teweeggebring het, en eers daarna was die doop voltooi.
Met die Sendingsbevel gaan dit, soos gesien kan word uit die handelinge van die apostels in die vroeë Christendom, om die presiese uitvoering en nakoming daarvan. Elkeen wat net die doopbevel soos 'n magiese formule herhaal, begryp glad nie waaroor dit gaan nie. Wie dan nog aanvoer dat die woorde van Jesus meer belangrik is as dié van die apostels, of dat daar ‘n teenstrydigheid daarin is, ondermyn die hele grondslag van die nuwe-testamentiese Gemeente. Elke woord in die Bybel is die Woord van God en bly so vir ewig. Met Hom geld geen argument nie, geen metode, tesis of anti-tesis – by God en die wat syne is, geld slegs die SO SPREEK DIE HERE in Sy Woord. Foutiewe leringe is nie volhoubaar op sigself nie; dit is altyd gemeng met waarheid, maar bly basies leuns wat net soos die waarheid lyk. So, die een bly net by die onderwerp van die "doop", die ander by die waarheid en die ware dooppraktyk.
In baie ander kerk-historiese werke word die vroeë Christelike dooppraktyk bevestig, soos ook in die KATOLICKA ENCYKLOPEDIA van die Lublin Universiteit van Poland, (bl. 354), waar selfs Karol Wojtyla, d.w.s., Pous Johannes Paulus II, ‘n ere-komitteelid was.
Maar die regte begrip kom egter eers wanneer die Opgestane wat met ons deur die Heilige Gees praat, net soos Hy met sy dissipels oor die koninkryk van God gepraat het (Hand. 1:1-3) en soos met die Emmaus gangers die Skrif in vervulling (Luk. 24) kan wys. Die kenners van die Hebreeuse, Griekse en Latynse tale het tot verskillende gevolgtrekkings gekom. Intellektuele kennis en taalkennis alleen is dus nie voldoende nie; dit moet deur die Gees van God openbaar word.
Hoe is dit dat ‘n mens in die algemeen weet hoe die apostels in die vroeë christendom gehandel het, maar nog steeds met die onbybelse dooppraktyk gebly het? Wie was verkeerd? Die apostels wat die Sendingsopdrag uit die mond van die opgestane HERE gehoor het en self deur hom aangestel is? Beslis nie! Na Sy opstanding het Hy hulle nog vir veertig dae oor alles geleer. Die heidense kerk-leringe was verkeerd, en die HERE het dit natuurlik glad nie geken nie. Diegene wat sulke tradisies voortsit, wat niemand bybels kan bewys nie, is mislei. Bybel-getroue Christene glo wat die seëvierende Opgestane Een beveel het en Sy apostels uitgevoer het. Volgens die boek Handelinge, is die vroeë Gemeente die vir-ewig-geldige patroon dwarsdeur die tydperk van die nuwe-testamentiese Gemeente (Hand. 2:42).
Oor en oor het mense agterdog gehad oor die leer van die drie-eenheid en ook oor die trinitariese doop. Sal ons dit langer duld dat vreemde leringe aangebied word as bybels en wat in die Bybel staan nie gesien word nie? Moet daar voortgegaan word om dit wat aangebied word, as Christelik voor te stel, al kom dit nie van Christus nie en het dit geen verband met Hom nie? Kan enigiets "apostolies" genoem word, waarvan die apostels niks geweet het nie — bv., soos die sogenaamde »Apostoliese Geloofsbelydenis« of die heeltemal onskriftuurlike publikasie genaamd »Twaalfapostel-leerstellinge« bekend as die DIDACHE?
Net wat die Skrif sê is bindend en nie wat geproklameer was in rade of wat uit dogmas is en as legendes oorgedra was nie. ‘n Misverstand van die Sendingsbevel het die trinitariese lering en die daaruitvloeiende trinitariese doop tot gevolg gehad. Beide is vreemd aan die Bybel en die apostoliese praktyke. Die drie-eenheid lering en die trinitariese doop vorm die fondament, die pilare waarop die staatskerk gestig is. Bybels gesproke, is dít die "merk" – die kenmerk van die »Moederkerk«, wat al die »dogter-kerke« ook dra.
Met 'n bevel, 'n opdrag, is dit van die uiterste belang om aandagtig te luister om die opdraggewer mooi te verstaan. Daarby is dit voordelig om dit direk uit die mond van die een wat die opdrag uitreik te hoor – uit die derde mond kan eie idees reeds bygevoeg word. Ook, die sleutel-woord is altyd van kardinale belang. Met die doopbevel is die "Naam" die kern van die opdrag — want daar moet gedoop word in die naam.
Omdat die trinitariese beoefening van die doop direk verband hou met die onderrig van die sogenaamde 'goddelike persone' sal ons kortliks nou daaroor praat. In verskeie publikasies, word nie net die algemeen beoefende praktyke, maar selfs die trinitaries-geformuleerde doop in Matthéüs 28 vers 19 in twyfel getrek. Dr. Karlheinz Deschner skryf: "Jesus het geen Drie- eenheid geken nie. Die in-die-mond-gelegde opdrag in Matthéüs, van die "Opgestane", om te doop "in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees", is eenparig deur kritiese navorsing as 'n vervalsing afgemaak" (WEEREENS KRAAI DIE HAAN). Die meerderheid van die deeglik-ondersoekende kerkhistorici skryf hierdie formulering toe aan die trinitariese kerklikes.
Soos algemeen bekend is, was die evangelies en die apostelsbriewe aanvanklik hoofsaaklik gesirkuleer in Hebreeus en Aramees in die plaaslike Joods-Christelike gemeenskappe. Die eerste samevatting as die kanonieke in die Griekse Nuwe Testament, was die werk van manne uit die heidendom wat alreeds die trinitariese konsep gehad het. Hierdie feit is opvallend merkbaar in die skrywes. In sommige vertalings, is daar selfs nog 'n toevoeging in 1Johannes 5. DIE LUTHER BYBEL (1968 uitgawe) se voetnota: "Die vorige uitgawes van die Bybel verse 7 en 8 staan die woorde: "Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een". Dit word nêrens gevind in die manuskrifte van die Griekse teks nie, nog minder in Luther se eie vertaling".
In die NOVUM TESTAMENTUM GRAECE ET LATINE van Nestle, vind ons in 'n voetnota, die oorspronklike weergawe van Matthéüs 28 vers 19, soos die kerkvader Eusebius dit behou en weergee het: "En to onomati Mou" = *"in My naam".* Dieselfde opmerking is in die GRIEKSE NUWE TESTAMENT, Tweede uitgawe, 1954, London Bible House. Hierdie oorspronklike weergawe: "… en doop hulle ***in My Naam",* sou alle foute en latere interpretasies vermy het. Tog kan Matthéüs 28 bly soos dit is, want ons weet dat die Vader, Seun en Heilige Gees is nie name nie, maar benaminge, en dat daar in die naam (enkelvoud) gedoop moet word, naamlik in **die nuwe-testamentiese verbondsnaam waarin God geopenbaar word as Vader in die Seun en deur die Heilige Gees. Dit is die HERE Jesus Christus. Hoe dit ookal sy, dit bly: "En to onomati Mou" = *"in My naam".*