Die Uitdaging van die Christelike Teologie

JY MAG GEEN ANDER GODE HÊ NIE …

« »

Vele hoofstukke is toegewy aan hierdie tema in die Heilige Skrif. Die God-geskape mens, het nog altyd sy eie gode gemaak – die verering van die son, maan en sterre en nog baie meer. Maar God alleen is waardig om aanbid te word, want alle dinge is deur Hom geskep en tot Hom en vir Hom. Elke persoon, elke voorwerp, alles wat aanbid word behalwe Hom, is 'n gruwel tot Hom. 'n Mens wat nie God alleen die eer gee nie, maar aan enige ander voorwerp, het van Hom afvallig geword en het geen verbinding en gemeenskap met Hom nie, maar is die slagoffer van 'n godsdienstige misleiding.

Op die berg Sinai, het die HERE God beveel: "Ek is die HERE jou God … Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie"

Hy het egter nie daar geëindig nie, Sy opdrag gaan veel verder en dek die volle omvang van alle gemaakte afbeeldings, standbeelde, ikone, ens, wat in die godsdienste en kulture vereer word. So spreek die HERE: "Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en die vierde geslag van die wat My haat, en Ek bewys genade aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou" (Exo. 20:4-6). Mense wat beelde vir aanbidding maak, word deur God geklassifiseer as diegene wat Hom haat. Daarmee laai hulle skuld op hulself wat tot die derde en vierde geslag besoek word.

So spreek die HERE: "Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie" (v.23). Keer op keer het God Sy volk deur Moses en die profete gewaarsku, om nie afbeeldings, wat basies afgode is, te maak nie (Lev. 26:1). So spreek die HERE: "Vervloek is die man wat 'n gesnede of gegote beeld maak, 'n gruwel vir die HERE, werk van ‘n ambagsman se hande en dit in die geheim opstel …" (Deut. 27:15). Die Woord bly geldig, selfs al sou mense hulself neerbuig en bekruis voor so 'n beeld, meninde dat dit hulle sal seën. Maar net God alleen kan seën en ook net hulle wat nie Sy Woord oortree nie.

Omdat God al die moontlike maniere om afbeeldings te maak vooruit gesien het, kon Hy dit alles noem in detail. So gee Hy in Deuteronomie 4 vers 16 die duidelike verbod dat geen afbeelding van 'n man-of 'n vrou wese gemaak moet word nie. Dit sou dui op ‘n verbreking van die verbond met God (v.23). Om hierdie rede, is die volk van Israel onder goddelike toorn vanuit die beloofde land verdryf en verstrooi onder die nasies, wie toe gevra het: "Waarom het die HERE so met hierdie land gedoen?" Die antwoord was duidelik: "Omdat hulle die verbond van die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het wat Hy met hulle gesluit het toe hulle deur Hom uit Egipteland uitgelei is, en hulle ander gode gaan dien en hulle daarvoor neergebuig het …" (Deut. 29:24-28).

Het die Kerk nie dieselfde gedoen nie? Het sy nie die Nuwe Verbond verbreek nie? Het sy nie weggeval van die een God met die uitvinding en vorming van 'n drie-eenheid nie? Is dit nie wat aangaan met die beelde van Maria, Petrus en die baie gelowiges wat aanbid word nie? God sê: "Ek is die HERE, julle Heilige; die skepper van Israel, julle Koning" (Jes. 43:15). Die volk van God ken net een Heilige wat alleen aanbiddingswaardig is, en word deur Hom geheilig. Wat het daartoe gelei dat al die mense in die Christendom met onskriftuurlike heiliging en saligspreking van die dooies in die totale afvalligheid van God af opgeëindig het?

Diegene wat leer dat die Vader die eerste persoon in die Godheid is, die Seun die tweede en die Heilige Gees die derde, het in werklikheid nie meer die een en enigste God nie, selfs al word dit beweer dat die drie dan een God is. Tog is een en een nog altyd twee; plus nog een, steeds drie. As mens kyk na hulle wat hierdie trinitariese afgodsbeelde volg met 'n lering van sogenaamde »heiliges« en »beskermheiliges« – van wie ‘n dag selfs na een vernoem is – kan mens nie meer verstaan waarom hierdie ernstige waarskuwings geïgnoreer word nie. Bo-aan die lys is die »Maria-verering«, wat alles oortref. Die voet van die Petrus standbeeld in St Peter's Basilica word daagliks gesoen deur talle pelgrims van regoor die wêreld. Stel jou voor hoeveel portrette en standbeelde, ikone en altare van talle Katolieke en Ortodokse »heiliges« oor die hele wêreld bestaan, aan wie eerbetoon word en mense voor dit kniel, dit soen, kruisies maak en kerse aansteek! Die pous, wie met sy inhuldiging heeltemal aan Maria toegewy was, dra sy spesiaal hand-gemaakte Christus met sy »herders-stok« met hom rond. Dit is 'n dooie Christus, wat nie kan loop nie, nie kan sien nie, nie kan hoor nie, wat niks kan doen nie – waarmee alles egter na willekeur gedoen word. Sulke aanbidding is heeltemal vreemd aan die Gemeente van Jesus Christus, is teen God en is in die Skrif gelykstaande aan die oordeel van heidense afgodery. Dink maar aan die afgods-kultus in Hindoeïsme, Boeddhisme en die inheemse godsdienste op alle kontinente.

Diegene wat die Woord van God glo, moet dus erken, dat die verering van heiliges Sy gebooie openlik verontagsaam en oortree. Die hervormers het op die geldigheid van God se Woord gefokus deur te preek teen die afbeelde en die aflate en het al die kultus opgeruim. Dit is nie versoenbaar met mekaar nie, want die Woord is daarteen, en waar dit verkondig word, moet dienooreenkomstig opgetree word. Aangesien niemand anders dit waag om te praat nie, kan dit net gebeur deur die stem van ‘n prediker, een wat roep, wat die weg kan berei: Ware aanbidding is net waar God alleen, in gees en in waarheid, in die Naam van Jesus Christus aanbid word! Waar Maria, Petrus en al die heilig-verklaardes vereer en selfs aanbid word, is so ‘n aanbidding volgens die Heilige Skrif die verafgoding van die mens.

Elke rosekrans en al die afbeelde mag behoort aan die onderskeie kerke, maar het in die Gemeente van Christus geen plek nie. Ook behoort dit nie in openbare geboue soos skole, howe, parlementêre raadsale, ensovoorts nie. Eintlik het die rosekrans eers in die 5de eeu na Christus sy verskyning gemaak! Die ware Gemeente van Jesus Christus het niks geweet en weet steeds niks van so 'n simbool nie.

Die opgestane, lewende Christus is nie van dooie materiaal gemaak nie, selfs nie van 'n wafer wat Hom persoonlik in die tabernakel teenwoordig nie. Hy het fisies opgevaar na die hemel en is aan die regterhand van die masjesteit van God. Daar vind ook geen verandering plaas nie, nie deur die lui van klokke of deur geoefende toewyding nie. Elke priester weet dat die wafer en die wyn, na dit toegewy is, net so bly soos dit voor die toewyding was. Waar is dit geskryf dat Christus keer op keer geoffer word? Beslis nie in die Bybel nie! Andersins bevestig so 'n praktyk net dat die eenmalige offer nie aanvaar is nie. Die Heilige Skrif is ook op hierdie punt baie duidelik: "… deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal … want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word" (Hebr. 10:10-14). Enigeen wat in Hebreërs 9 en ander bybel-gedeeltes lees, is ten alle tye ten volle bekend met die werk van verlossing. Christus het met Sy eie bloed in die hemelse heiligdom ingegaan en dit daar geplaas op die versoendeksel en sodoende die ewige verlossing bewerk (Hebr. 9:11-12, o.a.). Die verlostes word 'n nuwe skepping in Christus deur die werkende krag van verlossing (2Kor. 5:17). By die nagmaal verteenwoordig die brood en wyn die liggaam en bloed van Christus. Soos die pasgamaal in die Ou Testament ingestel is (Exo. 12), vier ons die nagmaal ter gedagtenis aan die lyding en dood van Christus, totdat Hy kom (1Kor. 11:26).

Christus is nie meer die kind in die krip nie, Hy is nie meer aan die bors of in die arms van Maria nie, hang nie aan die kruis nie, lê nie in die graf nie; Hy het die oorwinning behaal, opgestaan en majestueus uitgeroep: "Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde…" (Matt. 28:18). Hy het opgevaar na die hemel en sal weer kom in krag en heerlikheid. Alle afbeeldings van Hom, Maria en al die ander heiliges, het niks te doen met die vroeë christene of enige bybelse aanbidding nie. Dit is tipies van die onderskeie kerke. In die Gemeente van Jesus is daar geen plek vir sogenaamde »heilige klere« of enige ander »toegewyde« voorwerpe nie. Geen plek of voorwerp of mens-gemaakte afbeelding, maar die lewende God alleen verdien die aanbidding deur Jesus Christus, onse HERE.

Hoe lank sal die heilige God, wat Homself as jaloers beskryf, nog toekyk, hoe die mense-massas oor die hele wêreld, of dit nou in die buitelug of in godsdienstige geboue is, veral op pelgrimstogte, by afbeeldings neerval? Wanneer hulle hul voorgeskrewe "gebede" opsê, praat hulle nie met God nie, wat alleen alomteenwoordig is en gebede antwoord. Die oorlede "heiliges" weet in elk geval nie dat hulle aangeroep word nie; ook nie Maria nie. Sy is in die paradys en kan nie 'n gebed hoor nie, laat staan antwoord. Die beweerde "verskynings" van Maria, waarvoor daar geen belofte in die Heilige Skrif is nie, kon in werklikheid nie gebeur het nie, ook nie met Fatima nie.

Terloops, die Skrif ken glad nie die gemeenskap met en die gebede vir die dooies nie. Hul aanroeping is ook heeltemal onbybels. Die Heilige Bybel noem net die gemeenskap met die lewendes, wie in Christus is, die geheiligdes, soos duidelik blyk uit die apostelsbriewe: "… aan die geheiligdes in Christus Jesus", "geroepe heiliges …" (1Kor. 1:2; 2Kor. 1:1; Efe. 1:1, ens). Paulus skryf: "Groet elke heilige in Christus Jesus … al die heiliges groet julle" (Fili. 4:21-22). Is die verbinding met en die aanroeping van die oorledenes nie okkultisme en spiritualisme nie? Hoewel alles so plegtig ontwerp en elegant geformuleer is, blyk dit maar net 'n godsdienstige misleiding te wees wanneer dit vergelyk word met die Bybel. Die mense offer tyd en geld en neem met inspanning alles op hulself; dat hulle dit goed en opreg bedoel op hulle eie manier. Maar almal weet dit tog vir ewig, dat al die verering van heiliges in alle godsdienste nie 'geloof' is nie want dit is nie gekoppel aan God en God se Woord nie, maar net antieke bygeloof!

In hierdie ontwikkeling het die groot afvalligheid van die vroeë christendom plaasgevind in die heidendom, met die losmaking vanaf die een ware God en insmelting in die heidense godewêreld. Dit is verskriklik gedoen en die mensdom is mislei met ‘n plegtige "woordeskat". Selfs in Israel was hulle weggedraai van die een God en het na ander gode "afgeval" van Hom en "neergedaal" in afgodery. So spreek die HERE: "Hulle dade gedoog geen terugkeer tot hulle God nie, want daar is 'n gees van afgodery in hulle binneste, en hulle ken die HERE nie" (Hos. 5:4). As gevolg van sulke skriftuurlike uitsprake kon die mense wat die gees van afgodery gehad het en daarin gebly het, nie terugkeer na God nie, tensy hulle 'n ware bekering tot Hom ervaar het. Paulus het uitgeroep: "Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens … julle kan nie die beker van die HERE drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die HERE en ook aan die tafel van die duiwels nie" (1Kor. 10:14-22). Die apostel het die afgodsdiens aan duiwels toegeskryf. ’n Mens kan nie ‘n gas aan die tafel van die HERE en ‘n gas aan die tafel van die duiwels is nie. Blykbaar het almal onder die invloed van die vyand gekom met die veelvuldige afgodery.

Enigeen wat daaroor nadink, moet erken dat al die standbeelde, al die afbeelde, alle ikone ens, of ore van silwer of goud het en nie hoor nie, 'n mond het, maar nie praat nie, hande het en dit nie kan beweeg nie, voete het en nie kan loop nie (Ps. 115:1-8; Jes. 44:12-20, ens). Hulle is lewelose voorwerpe wat jy moet ronddra om ten toon te stel. Hulle verteenwoordig nie die lewende God wat óns dra nie, en het geen verbinding met Hom nie. Die Apostel Johannes het indringend gewaarsku toe hy gepraat het van die ware God wat Homelf in die Seun geopenbaar het, in wie die ewige lewe is: "My kinders, bewaar julleself van die afgode" (1Joh. 5:20-21).

Daar is spesiale pelgrimstogte in baie van die lande regoor die wêreld. In Europa maak sommige hul pelgrimstog na Turyn om die beweerde »Kleed van Christus« te sien, ondanks die feit dat onafhanklike toetse in Switserland, England en die Verenigde State van Amerika getoon het dat hierdie lap uit die 16de eeu dateer. Ander bring hulde aan die sogenaamde »Heilige Kleed van Trier«. Nog ander gaan na Lourdes, ander na Fatima, sommige na Czestochowa, ens. Die aantal mense wat elke jaar die pelgrimstogte meemaak na die bekendste pelgrimstog-plekke word soos volg aangedui: 6 miljoen na Guadaloupe, Mexico, 5 miljoen aan Lourdes, Frankryk; 4 miljoen na Fatima, Portugal; 3,5 miljoen na Loreto, Italië, ens. En ons het nooit gehoor van enigeen wat Jesus gevind en ervaar het nie. Dit is die verwoestende rekord op bedrieglike weë.

Sedert die Reformasie is baie artikels geskryf oor die belangrikheid van relieke. Oor die aanbidding van relieke het Luther gesê: "Die Woord van God is die Heiligdom van alle heiligdomme, ja, die enigste wat ons Christene ken en het. Al sou ons al die heilige beendere of heilige klere gelyk in 'n hoop gooi, sou dit ons niks help nie, want dit is alles dooie goed wat niemand kan heilig nie. Maar God se Woord is die skat waardeur alles geheilig word". Die Lutherse teoloog en kerkraadslid Karl-Hermann Kändler het bygevoeg: "Ons geloof is nie in relieke nie, of gebind aan die oorblyfsels van heiliges nie. Hul aanbidding en pelgrimstogte na heilige plekke versterk nie die geloof nie, omdat dit – soos Luther sê – ›baie openbare leuens en dwase uitvindsels bevat wat nie aanbeveel of aangeraai word nie, omdat dit heeltemal onnodig en nutteloos is. Dit kan geen aflate of vergifnis van sonde bewerk nie‹" (IDEA-SPEKTRUM 17/1996).

In die afgelope tyd, is die 'gees van versoening' kragtig aan die werk, maar nie die versoening met die Woord van God deur Jesus Christus, onse HERE nie, maar deur die ekumeniese gees wat baie in die protestantse kamp begeester het.

In 1996 het selfs in Trier in die protestantse kamp 'n »Heilige Kleed« bedevaart plaasgevind, met die deelname van die President van die Evangeliese Kerk in die Rynland, Peter Beier. Volgens 'n legende het Helena, die moeder van Konstantyn, die »naatlose kleed van Christus«, op negentig jarige ouderdom, in die jaar 329, in persoon na Trier gebring. Maar dit was eers in 1512, dat die »Kleed« die eerste keer ten toon gestel is. Daar is meer as twintig relieke op verskillende plekke bekend as die »Kleed van Jesus«.

In IDEA-SPEKTRUM gaan dit verder: "Die herformer het hierdie pelgrimstog 'n ›nuwe verkulling‹ genoem en ‘n ›spesiale unieke meesterlike bedrogspul met die kleed van onse HERE GOD‹. Selfs in die finale preek in 1546 in Eisleben sê hy oor hierdie reliek: ›In Trier is die kleed van onse HERE God. Gaan aan die loop, laat julle geld geëet word en koop toegewings op die Pous se vlooimark‹".

"My God", so moet elke bybel-gelowige met groot smart uitroep, "wat het al hierdie relieke, standbeelde, portrette, ikone ens., wat oral in die wêreld vereer word, met my te doen?" Wat het die doodkultus voorwerpe met die lewende God in gemeen? Diegene wie opsoek is na God, kan hom net vind in Christus. Dit verg geen spesiale plek, geen portret – dit is die eintlike struikelblokke wat uit die weg geruim moet word. Met betrekking tot plekke van pelgrimstogte, het die HERE in die Ou Testament gesê: "Soek My, dan sal julle lewe! Maar soek Bet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur na Berséba nie" (Amos 5: 4-5).