Die Uitdaging van die Christelike Teologie

‘N NUWE SKEPPING

« »

Onse HERE sê: "Kyk, Ek maak alles nuut" Dit het begin met die nuwe verbond, waarin almal wat tot geloof kom, nuwe lewe van God gegee word deur wedergeboorte. Paulus het uitgeroep: "As iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepping …" (2Kor. 5:17). God het 'n nuwe lewe, 'n nuwe hart, 'n nuwe gees in die Ou Testament en al deur die nuwe verbond in Christus, wat die begin van die nuwe goddelike skepping is (Openb. 3:14) en wat Hy aan ons belowe het, gegee.

In die natuurlike skepping, wat sy vermeerdering deur vleeslike voortplanting het, het ongehoorsaamheid en oortreding tot die dood gelei deur ongeloof, en skeiding vanaf God – die uitsetting vanuit die paradys en vanaf gemeenskap met God. Omdat die val van die mens in die vlees en bloed gebeur het, moes die versoening, wat die redding bewerkstellig, in dieselfde vleeslike liggaam deur bloed geskied. Omdat die lewe in die bloed is (Lev. 17:11), was dit nodig dat Hy Sy bloed en lewe offer as 'n offer vir versoening en verlossing. In die Geesgebore Seun van God was die lewe van God: "In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense" (Joh. 1:4). Hy het in die vlees sterflik geword. In die Gees het Hy na die hel heengegaan (1Pet. 3:18-23) om die dood, die hel en die duiwel te oorwin en om hierdie oorwinning aan al die seuns en dogters van God te skenk (Openb. 1:17-18). Die skade wat Satan deur die slang aangerig het, het God as Vader in die Seun weer goed gemaak. Die pad na die paradys is gratis. Aan die dief het Jesus sterwend aan die kruis, as die eerste gesê: "Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees" (Luk. 23:43).

In Getsemane het die Seun van God die direkte stryd van die siel en dood geveg en gebid: "My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil!" (Matt. 26:39).

"Nou is My siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom: Vader, verheerlik u Naam!" (Joh. 12:27-28).

Aan die kruis van Golgota het die Seun van God namens al die seuns en dogters van God, al die skuld en sonde, inderdaad ook die skeiding vanaf God, op Hom geneem. Ons is deur God verlaat, Hy het ons plek geneem en uitgeroep in ons plek: "My God, My God, waarom het U My verlaat?" (Matt. 27:46; Mark. 15:34), soos dit voorspel was in Psalm 22, uit die mond van Dawid. Hy het aan die kruis gebloei en uitgeroep: "Dit is volbring!" (Joh. 19:30). Alles het gebeur soos dit in die Ou Testament vooruitgespreek was.

In al hierdie heils-historiese noodwendigheid, wat deel uitmaak van die verlossingswerk, sien ons Hom van Sy geboorte tot met die dood as 'n man onder die mense, wat uiteindelik sterwend roep: "Vader, in u hande gee Ek My gees oor" (Luk. 23:46). Dit is ons wat God in die gesig gestaar het, maar van Hom geskei. Nou het Hy in die gaping gestaan, om ons te verenig met God. Sedertdien kan al God se kinders dieselfde sê wanneer hulle aardse pelgrimstog verby is. "Vader, in u hande gee Ek my gees oor!"

Vir die verlostes is die volgende woorde van toepassing: "En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het" (Kol. 2:13-15). Amen! So is dit!