Die Uitdaging van die Christelike Teologie
So onverklaarbaar soos God is in Sy wese en in Sy manifestasies, so onverklaarbaar is onse HERE op die vele gebiede wat aan ons verlossing behoort.
Wanneer die "HERE" in dieselfde konteks genoem word of verskyn in verband met die plan van verlossing – byvoorbeeld as Seun van die mens, Seun van God, die Seun van Dawid, as die Lam van God, as hoëpriester, as advokaat, as bemiddelaar, ens – word Hy getoon in Sy menswording langs God, nie as 'n tweede goddelike persoon nie. Dit is duidelik te siene in die betrokke skrifgedeeltes.
Wanneer Jesus praat as Seun van die mens, dan is die Vader groter as Hy, dan ken net die Vader die tyd en uur, dan kan Hy niks doen behalwe dit wat Hy die Vader sien doen nie (Joh. 5:19- 20, o.a.). Hy was 'n profeet, ‘n siener. Hy het getoon in visioene dit wat was en wat sal gebeur; deur Hom het selfs die gedagtes en bedoelings van die mense aan die lig gekom: "Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien" (Joh. 1:48).
"… Jy het reg gesê … want jy het vyf mans gehad, en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê. Die vrou sê vir hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word; Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig. Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek" (Joh. 4:16-26, en andere).
"Maar Jesus self het hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het, en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want hy self het geweet wat in die mens is" (Joh. 2:24-25).
So is die woord van Deuteronómium 18 vervul, soos Petrus daarop wys in sy tweede preek na Pinkster: "Want Moses het tot die vaders gespreek: Die HERE julle God sal vir julle 'n profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek. En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word" (Hand. 3:22-23). As "Seun van die Mens", is Hy die Profeet en Kneg (Jes. 42:1-4; 52:13; Hand. 4:23-31). As "Seun van God", is Hy Verlosser en HERE. As "Seun van Dawid", is Hy koning. Hy is Koning, Priester en Profeet.
Elke handeling van ons geliefde "HERE" en alles wat Hy sê en deur Hom gesê is, moet altyd samehangend gesien word in die onderskeie kontekste waarin dit opgedra is. Daarom moet die name nooit omgeruil word nie. As daar in die evangelies meer as tagtig keer "Seun van die mens" verskyn, dan moet dit vir ewig daar bly, as daar "Seun van God" staan, behoort dit daar, eweneens, as dit sê "Seun van Dawid", is dit alles op elke gebied, in die goddelike Skrif so beveel en in ooreenstemming met die plan van verlossing.
God het nie Homself in Homself vermeerder nie, Hy het die enigste gebly. Deur Sy Seun, die eersgeborene, het Hy egter deur die voortplanting van die Gees, die geestelike vermenigvuldiging van al die eersgeborenes bewerkstellig. Hulle is deur die Woord van die waarheid in die lewe geroep, het die nuwe geboorte ervaar (Jak. 1:18; 1Petr. 1:23, en andere). Hulle is vergewe en aanvaar as seuns en dogters van God.
"En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het" (Joh. 17:3).
"En ons weet ook dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe" (1Joh. 5:20).
As Seun van die mens het Stephen Hom aan die regterhand van God gesien (Hand. 7:56). As Seun van die mens het Johannes Hom tussen die sewe goue kandelaars gesien (Openb. 1). As Seun van die mens het Daniel Hom reeds toe al gesien kom (7:13-14 o.a.). Ons sien hom langs God in Sy rol as ons Hoëpriester, Middelaar en Voorspraakmaker. Die apostel skryf aan sy kollega Timótheüs: "Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus …" (1Tim. 2:5).
1Johannes 2 vers 1 stel dit so: "En as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige".
Vanuit ‘n heilsgeskiedkundige perspektief vind ons in die Nuwe Testament dat die reddingsplan in en deur die Seun is. Die Seun het, ten spyte van Sy menslikheid, lewende geloof aan die mense voorgehou: "Glo in God, glo ook in My!" (Joh. 14:1). Slegs diegene wat in die Seun van God glo, is die wat God waarlik glo. Slegs in die geopenbaarde van God is lewendige, reddende geloof moontlik. Al die ander is godsdienstige aktiwiteite verby God. In die Seun alleen het die Vader ons ontmoet, in Hom alleen ontmoet ons die Vader. So word dan ook die volgende skrifgedeeltes verordineer: "Dien die HERE met vrees en juig met bewing! Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil" (Ps. 2:11-12).
"… julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees" (1Pet. 1:21).
Die God-gegewe heil is in die Seun van God gegee aan al die seuns en dogters van God. Daarom lui die apostoliese voorvereiste ook vandag nog: "Glo in die HERE Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin". Redding en verlossing is in die Seun. Hy is ons heil. "Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar Hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom" (Joh. 3:36). ''En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie" (1Joh. 5:11). "Wie nie die Seun erken nie, verwerp ook die Vader; wie die Seun erken, erken ook die Vader" (1Joh. 2:23-24 – ’83 vert.).