Die Uitdaging van die Christelike Teologie

SLOTSOM

« »

Geagte Lesers,

Dit was nie moontlik om in hierdie daarstelling dieper in die verskillende onderwerpe te gaan of om dit meer breedvoerig te behandel nie. Opsommend kan dit net gesê word dat die staatskerk, wat in die 4de - 5 de eeue ontstaan het, niks in gemeen het met die leringe en praktyke van die vroeë Gemeente nie. Gevolglik stem niks wat uit die Kerk van Rome na vore gekom het, of uit enige van die daaruitlopende staatskerke in alle lande en volkere, ooreen met die oorspronklike Christendom nie en kan dit dus ook nie outomaties die kerke van Jesus Christus wees nie. As hierdie bevinding pynlik is vir menige ‘n leser, dan kan die HERE, deur die kennis van die wil van God, die gevolglike hartseer, in vreugde verander, waarin ook versterking is. Dit kan nie langer onbetwisbaar aanvaar word, dat die ware leringe as vals en wat vals is as waar aangebied word nie.

Mense word in die georganiseerde kerke op tradisionele wyse gedoop en hou vol by hul voorskriftelike aanwysing oor die nagmaal, die »aannemings-seremonie«, die »laaste eerbetoon« of »Laaste Avondmaal«, altyd in die oortuiging dat hulle daardeur die saligheid verkry. Deur kerklike tradisies word dit in die onderskeie denominasie beoefen. Al hierdie dinge het niks te doen met God nie, want Hy het dit nie in Sy Woord verorden nie – dit is ver weg verwyder vanaf Christus en die saligheid wat Hy bring. Soos elke mens as "mensekind" deur die geboorte in hierdie lewe geplaas is, moet ‘n wedergeboorte plaasvind in die geestelike realm. Slegs daardeur kan ‘n mens 'n kind van God word, en die ewige lewe het. Die ware Gemeente van die lewende God is saamgestel uit al diegene wat Jesus Christus, ongeag van godsdienstige affiliasie, neem as hul persoonlike Saligmaker. Die heilservaring is dieselfde vir alle mense, ongeag ras, kleur of godsdienstige afkoms. God onderhandel ook nie met enige instelling nie, maar persoonlik met elke mens.

Nie een van die meer as driehonderd Christelike denominasies wat deel uitmaak van die ekumenisme, of enigiemand anders, kan die saligheid aan ‘n ander oordra nie. Inteendeel: Die blik op die Verlosser word verduister deur die werke van godsdienstige mense en daardeur is almal op hul eie vrome dade gerig. Deur godsdienstige aktiwiteite en tradisies, word die mense egter net afgesit.

'n Ware skriftuurlike verkondiging bewerk die verbinding van God met die mens en die mens met God. Slegs diegene wat God se Woord alleen laat geld en dit opneem, neem die goddelike op. Omdat die Woord vir ewig bly, sal almal wat dit ongemeng opneem, ook daardeur vir ewig bly.

Nadat ek die manuskrif gelees het en voordat ek dit aan die drukkers oorhandig het, het ek soos Paulus in IKorinthiërs 13 gesê "… ons ken ten dele …". Mag God Sy volmaakte wil het met elkeen en lig werp vir die leser. Ek was ook herinner aan wat die koningin van Skeba gesê het, "die helfte … is my nie meegedeel nie". Die Bybel is van so ‘n aard dat wanneer ‘n mens klaar is met ‘n onderwerp, jy weer van voor af kan begin. Dit is ‘n lewende Woord en wanneer dit verlig word met die dieselfde Heilige Gees wat die skrywers daarvan geinspireer het, sal goddelike inspirasie vrylik vloei. Kyk asseblief oor enige grammatiese of ander tekortkominge. Baie dankie.

Mag hierdie daarlegging 'n seën is vir elke leser en die genade en vrede van God met u almal bly.