Die Uitdaging van die Christelike Teologie
Hier moet ook genoem word, dat niemand God kan beïnvloed nie. Die soewereine werking en handelinge van God is nie onderhandelbaar nie. So is die foto met die bonatuurlike lig- kolom nie op versoek van William Branham of met sy invloed geskep nie. Aardeliks was dit die twee persfotograwe Ayers en Kipperman, wat dit gefotografeer het as kritici, maar geestelik was dit die HERE wat in die bonatuurlike lig-kolom net soos in die tyd van Moses neergedaal het. Dit het gebeur op 24 Januarie 1950 in die "Colliseum" van Houston, Texas, met ongeveer 8,000 mense teenwoordigheid. Net voor dit het daar 'n debat plaasgevind tussen Eerw. Dr. Best, wie ontken het dat daar nog vandag genesings, tekens en wonders gebeur, en Eerw. F. F. Bosworth, wie hom skerp-sinniglik weerlê het met die Bybel.
Die negatiewe van die bogenoemde fotos was ontwikkel deur die Douglas Studio in Houston, Texas. As gevolg van die buitengewone aard daarvan, was Eerw. Gordon Lindsay gelei om dit te oorhandig aan die beëdigde ondersoeker van twyfelagtige dokumente, Dr. George J. Lacy. Sy verslag bevestig toe die mening dat daar nie dubbele blootstelling of enige manipulasie plaasgevind het. Die lig was daar, anders kon dit nie vasgelê was deur die kamera nie. Hierdie foto was toe goedgekeur en uitgestal in die Kunsgalery in Washington, as die enigste beproefde dokument met 'n bonatuurlike verskynsel. Dit is daar waar ek dit persoonlik in Desember 1969 gesien het.
Hierdie bonatuurlike lig het altyd afgekom wanneer die man van God begin het om vir die siekes te bid. Die besonderhede van die lewe van die persoon wat voor hom gestaan het, was aan hom getoon, presies net soos dit was in die bediening van die HERE. Honderde op band-opgeneemde preke is tot vandag nog beskikbaar as bewys daarvan. So het die opgestane HERE, na twee duisend jaar, Sy beloofde teenwoordigheid in Sy Gemeente bevestig, selfs in die teenwoordigheid van ongelowiges. William Branham het getuig dat dit dieselfde lig was, waaruit Paulus die stem van die HERE gehoor het (Handelinge, hoofstukke 9, 22 en 26). Hy het dieselfde bediening en dieselfde bevestiging, dieselfde basiese leerstellinge oor die godheid, die doop, nagmaal, ens, soos Paulus gehad. Ek het self sy bediening as getuie vir 10 jaar (1955-1965) belewe en kan dus nie verberg wat God in ons tyd gedoen het nie. Ek is 'n waaragtige getuie wat dit gesien, gehoor en meegelewe het.
Selfs evangeliste wat William Branham tot vandag toe erken as die "vader van die genesings-herlewing", besef nie dat sy bediening van heilsgeskiedkundige betekenis was nie, deur dat alles eintlik teruggeplaas word in die oorspronklike staat, soos dit in die vroeë Christendom was. Hulle het ook nie verstaan dat 'n profeet nie deur wonderwerke gelegitimeer word nie, maar slegs wanneer hy die Woord van God verkondig soos dit uit die mond van God oorspronklik uitgegaan het. Dit is 'n jammerte dat die oorgrote meerderheid van die kerk-leiers nie die dag van die goddelike besoeking herken het nie. So word dan ook die oordeel gebring, wat die meester destyds ook met die geestelike leiers oor gepraat het. Hy wou Sy volk versamel, maar hulle het dit verhinder. Die geskiedenis herhaal eintlik homself. Baie genesings-evangeliste het net vir hulself 'n naam gemaak en het hul eie koninkryk binne die koninkryk van God gebou, waarin hulle ‘n voorspoeds-evangelie verkondig en hulself miljoenêrs maak. God het oor hulle gekla: leerstellig bly hulle in die ou suurdeeg en in die Babiloniese ballingskap. Hulle het nie besef nie dat God, in Sy liefde en getrouheid, hier aan die einde van die genadetyd, voor die aanbreek van die "Dag van die HERE", soos Hy belowe het, 'n ware profeet gestuur, van Elia se formaat (Mal. 4:5-6; Matt. 17:11, ens).
Ten slotte, moet die volgende opmerking gemaak word: Die breë massas was nog nooit in enige beweging van God nie; slegs 'n klein minderheid gaan gepaard met wat God doen. Soos dit eers met Israel gebeur het, so het dit ook later herhaal met die denominasies in die verloop van die kerkgeskiedenis: "Wat dan?
Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitver- korenes het dit verkry en die ander is verhard" (Rom. 11:7). Soos dit met die Jode was, so geld dit ook vir die Christene: dit is altyd net 'n klein gedeelte wat erken wat God doen. Wat Hy in die verlede gedoen het, weet almal. Maar wie in die teenwoordigheid lewe, moet erken en deel het aan wat Hy tans mee besig is. Die vermaning van die HERE: "As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien" (Luk. 19:42), geld alles te alle tye! Elkeen moet ook dit wat God tans in hierdie tyd doen, in ooreenstemming met en soos belowe en gebeur in die plan van verlossing, aanvaar. Die aankondiging van die oordele en die vervolging, is vir elkeen wat dit verwerp: "… die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie?" (Luk. 12:56).
Ek kan nie verberg wat God gedoen het nie. Die bediening wat Hy self daargestel het, moet tot algemene kennis gebring word, want dit het gebeur soos belowe is in die Woord van God. Ek moet as 'n dienskneg van die HERE getrou wees, en op my hoede wees om nie die mense te weerhou van wat God gedoen het nie. Niemand kan van my vereis dat ek dit met minagting laat verbygaan nie. Inteendeel, ek roep almal daartoe: "Gee aan God die eer! Gee Hom die reg!", want die Skrif is voor ons oë vervul. Dit gaan nou om die suiwer bybelse boodskap – voor die wederkoms van Christus, om die ewig-geldige Evangelie, wat na 2000 jaar vir die eerste keer weer in al sy volheid verkondig word. Ook om die uitroeping, voorbereiding en die volledige geestelike herstel en voltooiing van die bruid-gemeente.
'n Boodskapper is net die wegwyser, nie die weg self nie. Die boodskap van die Woord wys vir ons die weg, maar Jesus Christus is die Weg. Na die lees van hierdie boekie moet elkeen met sekerheid hul besluit neem. Wie hierdie weergawe verwerp, moet tog die geloofsoortuigings van andere verdra. Net so mag niemand – ook nie hulle wat ander as sektes afmaak – iemand wat afwyk van die tradisionele kerk-leerstellinge, sommerso as 'n ketter beskou nie. Van nou af weet ons wat met die term "dwaalleer" bedoel word, dit is in werklikheid 'n lering wat misleidend is en nie in ooreenstemming met die Heilige Skrif is nie, en dit geld vir alle denominasies.
Met die publikasie van hierdie boekie koester ek die verwagting, dat God, soos in die Reformasie, oor alle godsdienstige en politieke grense, deur Sy Gees nou die finale deurbraak tot die vroeë Christendom verleen.
Trouens, ons is eintlik reeds in die oorgangsfase na die laaste bybelse herlewing. Dit is belangrik om nie nou die verbinding te mis nie. Want "wie te laat kom, word gestraf deur die lewe", en in hierdie geval, kan 'n versuiming onomkeerbare gevolge vir die ewigheid het. Wie wil hierdie risiko neem? O God, wees ons almal genadig en wys ons U weg. Amen!