OMSENDBRIEF Oktober 2019

Profeet en Mens

« »

Dit moet duidelik gesê word: die dag toe William Branham in 1981 in Jeffersonville ter beroeping op Openbaring 10 vers 7 tot die "stem van God" ("Voice of God") verklaar was, het dit gebeur wat ook in die tuin van Eden gebeur het. Hoe Broeder Branham dikwels benadruk het dat dit net een woord was, wat die slang in gesprek met Eva bygevoeg het, wat die val van die mensdom veroorsaak het! Hier is dit 'n hele vers wat verkeerd geïnterpreteer was. Vandag word dit wat in Openbaring 10 vers 7 staan, toegepas op broeder Branham en die interpretasie word deur almal geglo wat God se Woord verag. 

William Branham was 'n mens soos Elia en ons almal. Wie glo dat hy die stem van God was, glo dat hy God is — en dit is godslastering en afgodery! Die stem van God is die Woord van God, nie 'n sterflike mens nie! 

Kom ons kyk na die menslike kant: broeder Branham het gehou van jag en van visvang. Hy het gereeld aan die begin van sy preke stories daarvoor vertel. Hy was 'n eggenoot en 'n vader. 

Op 21 April, 1957, het hy aan die begin van sy preek na sy dogter Rebecca gewys en gesê: "Daar sit my dogtertjie. Sy sal eendag ook 'n profetes wees". Maar hier ontbreek die "SO SPREEK DIE HERE". Die dogter het geleef en gesterf sonder om 'n profetes te wees. 

Op 29 November, 1959, het broeder Branham aan die begin van sy preek gesê: "Josef, my seun, jy is 'n profeet. Dit is my gebed". Weereens ontbreek die "SO SPREEK DIE HERE". God het geen ander profeet in Sy Woord belowe nie — ook geen agtste boodskapper nie. Op 8 Julie, 1962, het broeder Branham gesê: "So, ek wag op die wonderlike tyd om na Israel te kan gaan, om die evangelie aan hulle te bring". 

Op 11 Julie, 1965, het hy gesê: "My bediening is nog nie klaar in Afrika nie".

Op 15 Augustus, 1965, het hy gesê: "Ek sal hierdie pad nog eenkeer ry … ". 

Op 27 November, 1965, het hy gesê: "Ek sal nie sterwe nie …", en net 'n maand later, op 24 Desember, 1965, was hy huistoe geroep! 

Hy was in groot afwagting op die finale werk van God, soos ons vandag is, en het dit met die donderslae, die 'third pull' en die tentvisioen in verbinding gebring. 

'n Hele lys kan opgestel word van uitsprake wat broeder Branham as 'n mens gemaak het, maar wat deur die valse leraars as "SO SPREEK DIE HERE" gehou en versprei word. Maar ons is besorgd oor dit wat broeder Branham as boodskap, gebaseer op die Woord, verkondig het. Enigiemand wat sy preke lees of hoor, sonder om dit te interpreteer, word steeds ryklik geseën. 

Maar omdat ons so naby aan die einde is, moet die koring van die onkruid geskei word. Almal moet hul besluit neem, of hulle die oorspronklike Woord, of 'n interpretasie glo wil. 

Dit kom tot vervulling: "omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur …" (IIThes. 2: 10-11). 

Kom ons keer terug na die aanhalings wat ons aan die begin weergee het. Broeder Branham het dit benadruk, dat nie hy nie, maar die boodskap die tweede koms van Christus vooruit sal gaan. 

Op 12 Junie, 1958, het broeder Branham by die konferensie in Dallas, Texas, aan die einde van sy gesprek met my, gesê: "Broeder Frank, jy gaan met hierdie boodskap na Duitsland terugkeer". 

Op 15 Januarie, 1963, het hy in sy preek gesê: "Die boodskap sal na 'n ander nasie gaan …" 

Broeder Branham het, na die opening van die Seëls, in geen ander land gepreek nie. Dit was eers na sy begrafnis in April, 

1966, dat die boodskap na die hele wêreld gedra is. Maar juis hierdie feit ontken die veragters van God. 

Dit het duidelik geword, dat almal wat die dwaalleringe glo, die draer van die God-beveelde boodskap verwerp. Hulle neem deel aan die lastering en karakterskending sedert die vernietigende slag van Satan in 1979. Weereens het die slang dieselfde metode gebruik soos met Eva en twyfel gesaai met verwysing na die roeping: "Het die HERE regtig met hom gepraat?" Satan het sowaar die ergste beskuldigings teen die dienskneg van God opgemaak om die gelowiges se vertroue in die goddelike roeping en ook die plaaslike gemeente te vernietig. Almal wat verlei is glo die sataniese leuens. Hulle glo nie dat die HERE regtig met Sy dienskneg gepraat het nie en hom voor en selfs na 1979 beveel het nie. 

Mag die getroue HERE genade gee dat almal wat verlore gegaan het, hul weg sal vind, na 40 jaar van woestynwandeling en dat ons saam ons voorbereiding in geloof en gehoorsaamheid deur genade sal ervaar. Dit is waar: uitverkorenes kan nie verlei word nie. Die dwase maagde sal eers kom wanneer die laatreën val en die HERE God die Woord onder die wyse maagde bevestig het. Dan sal hulle sê: "Gee ons van u olie". Maar dan is dit te laat. Hulle sal aan die buitekant staan en klop. Die Woord geld nog: "Vandag, as julle Sy stem hoor …!". Moenie u harte verhard as God praat nie!