OMSENDBRIEF Oktober 2019

Die Boek van Openbaring

« »

Kom ons kyk weer na die hoofstukke van die boek Openbaring: 

In hoofstuk 1 het ons die wonderlike inleiding tot Openbaring. 

In hoofstukke 2 en 3 vind ons die sewe sendbriewe, en in elkeen word 'n belofte aan die oorwinnaars gegee en die vermaning uitgespreek: "Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê" 

In die 4de hoofstuk roep 'n stem uit die hemel na Johannes: "Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur. En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan 'n troon in die hemel en Een sit op die troon" (verse 1-2). Die vierde hoofstuk eindig met lof van die 24 ouderlinge en die vier lewende wesens: "U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape". (v.11). 

Hoofstuk 5 begin so: "En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, 'n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël". Ons gaan direk na vers 5, "Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek". 

By die opening van die verseëlde boek weerklink die lofprysing: "Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie … Toe sien ek, en ek hoor 'n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tienduisende van tienduisende en duisende van duisende; en met 'n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof" (Openb. 5: 9+ 11-12). 

Hoofstuk 6 begin soos volg: "En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van 'n donderslag: Kom kyk!" Ons kan lees wat gebeur wanneer die lam die eerste vier seëls open (verse 1-8). In die vyfde seël word die Joodse martelare getoon, wie na wraak uitroep. Wanneer die lam die sesde seël oopmaak, lees ons: "… en kyk, daar was 'n groot aardbewing; en die son het swart geword soos 'n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos 'n vyeboom wat deur 'n groot wind geskud word, sy (onryp) vrugte laat afval" (vv. 12-13). 

In Hoofstuk 7 vind die verseëling van die 144,000 eerste plaas uit die twaalf stamme van Israel. Dit sal gebeur na die Wegraping, onder die bediening van die twee profete. 

Vanaf vers 9 sien Johannes die ontelbare menigte van volke en stamme voor die troon, wat uit die Groot Verdrukking kom. Die hoofstuk eindig met die woorde: "… want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee" (v.17). 

In hoofstuk 8 maak die lam die 7de seël oop en heers daar 'n halfuur stilte in die hemel. Daarna neem die sewe engele hulle basuine: "En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en sewe basuine is aan hulle gegee" (v.2). 

In vers 6 word vir aan ons gesê: "En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas"

Vanaf vers 7 volg die beskrywing van wat in die basuin-oordele sal gebeur op aarde: 

1ste Basuin — Openbaring 8 vers 7: Een derde van die aarde word verbrand. 

2de Basuin — Openbaring 8 verse 8 & 9: Een derde van die see word bloed. 

3de Basuin — Openbaring 8 verse 10 & 11: Die derde deel van alle waters word bitter. 

4de Basuin — Openbaring 8 vers 12: Die derde deel van die son, die maan en die sterre word donker. 

5de Basuin — Openbaring 9 verse 1-12: Vyf maande van vreeslike plae op die mense wat nie die seël van God het nie. 

6de Basuin — Openbaring 9 verse 13-21: Die vier engele wat by die Eufraat vasgemaak is, word vrygelaat en maak 'n derde van die mense dood. 

In hoofstuk 8 word vertel wat tydens die eerste vier oordele van die basuin-engele op aarde gebeur. 

Hoofstuk 9 verse 1-12 beskryf watter plae oor die mense sal kom wanneer die vyfde basuin weerklink. Vanaf vers 13 volg die beskrywing van wat gebeur as die sesde engel die basuin blaas. 

In hoofstuk 10 vers 7 vind ons die aankondiging van wat sal gebeur wanneer die sewende engel basuin, en in Openbaring 11 vers 15 die eintlike gebeurtenis : "En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse HERE geword en van Sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid!" 

Al die basuin-oordele word gedurende die verdrukking, in die laaste 31⁄2 jaar voor die begin van die Millennium, op die aarde uitgegiet en ten einde ook die sewe skale met die grimmigheid van God (Openbaring 16). Vir die eerste 31⁄2 jaar geld die woord: 

"Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie" (Openb. 7:3). 

Wie ore het, hulle hoor: Presies 33 keer het broeder Branham na Openbaring 10 vers 7 verwys, maar elke keer het hy gepraat van "verborgenhede". Broeder Branham het Openbaring 10 vers 7 op sy bediening toegepas omdat hy die sewende gemeente-engel was wat die verborgenhede vanaf die eerste hoofstuk van die Bybel tot die laaste geopenbaar het. Al die verborgenhede was onthul. 

Openbaring 10 vers 7 bly in die enkelvoud. Daarin is die verskil. "… maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring (nie die verborgenhede nie), soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete". Christus is die geopenbaarde verborgenheid van God: "… dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God. Hierdie verborgenheid is Christus, in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is" (Kol. 2: 2-3 —Menge). 

Die sluier is nog steeds oor Israel, maar die Jode sal ook die verborgenheid van God in Christus te wete kom wat dan sy voltooiing sal vind (IIKor. 3: 13-16; Sag 12:10). 

Ons moet Openbaring 10 met respek lees. Dit bly die geval dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie. Alles gebeur in die orde soos dit geskryf staan: die engel van die verbond daal neer en, as die regmatige eienaar, plaas Hy Sy voete op see en land. Dan sal Hy brul soos die leeu van die stam van Juda: "… en hy het met 'n groot stem uitgeroep soos 'n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor. En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het 'n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie" (Openb. 10: 3-4). Daarna begin Hy Sy koninkryk. 

'n Belangrike punt: In Maart, 1963, het broeder Branham gepraat oor wat Johannes gesien en gehoor het. Maar niks hiervan het in 1963 regtig gebeur nie; slegs wat Johannes in detail geskryf het, was aan hom geopenbaar en het Hy vir ons gesê. Amen. 

SO SPREEK DIE HERE in Sy Heilige Woord: Die sewe donderslae sal hul stemme weerklink wanneer die HERE as die Engel van die Verbond neerdaal. 

Dan eers sal die sewe donderslae hul stemme laat hoor! So staan dit in die goddelike akte van die ewige Testament. Alles wat in ons tyd as donderslae-openbarings verkondig word, is niks anders as leuens en misleiding nie. 

"En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef, en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie; maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring …" (Openb. 10: 5-7a). 

Dan word vir die verbondsvolk, Israel, die tweede deel van Maleági 3 vers 1 vervul: "… dan sal skielik na sy tempel kom die HERE na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare". In die profeet Daniel word voorspel dat daar nog 31⁄2 jaar oor sal wees: "Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: 'n Tyd, tye en 'n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word" (Dan. 12:7). Amen. 

Die vervulling daarvan val presies in die middel van die laaste week van jare, oftewel, die laaste sewetal jare (Dan. 9: 24-27). O, hoe presies, hoe kosbaar is God se Heilige Woord!