OMSENDBRIEF Oktober 2019
"Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling" (IJoh. 4:6).
God het die vyf bedieninge in Sy Gemeente ingestel: "En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars" (Efé. 4:11).
Maar as dit om 'n opdrag gaan wat verband hou met die Verlossingsplan, word die woord "kneg" gebruik. Selfs onse HERE en Verlosser was 'n 'Kneg' genoem.
"Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel 'n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring" (Jes. 42:1).
"Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hý sal hulle skuld dra" (Jes. 53:11).
"Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel 'n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig" (Matt. 12:18).
Die profete word ook 'knegte' genoem: "Want die HERE Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie" (Amos 3:7).
Paulus het, as 'n geroepe apostel, homself reg van sy eerste brief af as 'n 'dienskneg' voorgestel: "Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God" (Rom. 1:1).
Ook die apostels Petrus en Jakobus, sowel as Judas, die broer van Jakobus, het hulself as diensknegte voorgestel:
"Jakobus, 'n dienskneg van God …" (Jak. 1:1).
"Símeon Petrus, 'n dienskneg en apostel van Jesus Christus …" (IIPet. 1:19).
"Judas, 'n dienskneg van Jesus Christus …" (Jud. 1).
Ek het telkemale getuig van die bonatuurlike ervaringe wat die getroue HERE sedert 1962 my uit genade geskenk het. Toe ek op Maandag, 2 April 1962 geroep is, het die HERE my drie keer met "My kneg" toegespreek:
"My kneg, jou tyd vir hierdie stad is binne-kort verby. Ek sal jou na ander stede stuur om My Woord te verkondig …".
"My kneg , die tyd sal kom, wanneer hulle na jou sal luister …"
En: "My kneg, moet nie plaaslike gemeentes stig nie en moenie 'n gesangboek uitgee nie …"
Die twee terme "kneg" en "stuur" is by 'n roeping van uiterse belang.
Selfs ook met verdere ervaringe, toe die HERE instruksies aan my gegee het, het Hy my nog elke keer as "My kneg" aangespreek. Een van die belangrikste dinge vir my, is wat die getroue HERE aan my op Sondag, 19 September, 1976, toegeroep het: "My kneg, Ek het jou volgens Matthéüs 24, verse 45 tot 47, daartoe bestem om die voedsel op die regte tyd uit te deel". Nooit voorheen het hierdie bybelgedeelte my bewustelik bygeval nie: "Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel".
Toe verstaan ek eers die betekenis ten volle van wat broeder Branham op 3 Desember, 1962, o.a., aan my gesê het: "Broeder Frank, wag met die uitdeel van die voedsel totdat jy die res daarvan bekom het". Ons het toe alreeds sy preke sedert September, 1958 op band ontvang. Op 24 Maart, 1963, aan die begin van die preek oor die sewende seël, het hy gesê: "As julle die visioen onthou van 'n jaar gelede oor die voedsel wat op hierdie plek opgestoor moet word …" en aan die einde daarvan het hy gesê: "Nou is dit gestoor". Ek het die preke van broeder Branham in Duits vertaal, het die geestelike voedsel, wat broeder Branham opgestoor het, in die afgelope 54 jaar sedert die dood van die profeet, aan die diensvolk uitgedeel. Die tafel van die HERE is ryk gedek.
Ook toe die HERE my in Maart, 1980, in Marseille, Frankryk, gevra het om IITimótheüs hoofstuk 4, vanaf verse 1 tot 5 te lees, het Hy my met "My kneg …" aangespreek. Ek het onmiddelik my Bybel geneem en dit gelees soos ek beveel was: "Ek besweer jou dan voor God en die HERE Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening …". So seker soos wat Hy my beveel het, om die geestelike voedsel uit te deel, moet ek sekerlik, volgens Sy opdrag, Sy duur en Heilige Woord, sonder kompromie verkondig. Hierdie bediening is bybels, net soos die bediening van broeder Branham was, en onafskeidbaar met Sy heilsgeskiedelike opdrag verbind.
Mag almal verstaan dat die ernstige woorde wat Paulus in II- Timótheüs, 4, verse 1 tot 3 aan Timótheüs gerig het, selfs vandag nog geldig is, vir almal wat God se Woord verkondig.
Nie ek nie, maar die HERE self het herhaaldelike getuienis afgelê. Wie die getroue dienskneg (Matt. 24: 45-47) verwerp, sal luister na 'n dwase dienskneg (Matt. 24: 48-51). Eerstens saai die HERE die goeie saad, maar die vyand kom dadelik daarna en saai die bose saad (Matt. 13: 24-25 + 37-39).
Die almagtige, alwetende God het alles wonderbaarlik verorden. Nou word dit duidelik wie en wat ons is. Die dwase maagde sal die interpretasies glo en 'n mens volg. Die wyse maagde is bly oor die voortsetting van die bediening en glo net dit wat in die Woord geskryf staan, want sy is die bybelse Woord-bruid.
Daarom het die HERE gesê: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het" (Joh. 13:20). Wie 'n gestuurde aanvaar is verbind met God; wie hom verwerp, gaan verlore. Net soos broeder Branham, sy opdrag as 'n ware dienskneg en profeet van God uitgevoer het, so gewis het ek die opdrag as 'n dienskneg van Christus, as 'n gestuurde, uitgevoer tot aan die eindes van die aarde. Ek is ook net 'n mens en, soos broeder Branham dit gestel het, "'n sondaar gered deur genade". Deur die leringsbediening, wat die getroue HERE my gegee het, is alles bybels georden. Dit gaan nou oor die deelname aan dit wat God tans doen.
Ek sluit hierdie gedeelte af met Titus 1 verse 2 en 3: "… in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het, en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser …"