Omsendbrief April 2020
Afskeid van die maandelikse sendingsreise
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
In die afgelope paar dekades het ek twee weke elke maand vir sendingsreise gehad, altyd sodat ek die byeenkomste elke laaste Sondag van die maand in Zürich kon bywoon en die eerste naweek in Krefeld kon wees. In totaal het ek meer as 15 miljoen vliegmyle afgelê. So kon ek in baie stede in 165 lande preek oor die hele wêreld.
Ek het nou my 87ste lewensjaar bereik. Ten spyte van die beste gesondheid, het my ouderdom sy merk gemaak op my vermoë om te loop, sien en hoor, sodat lang ritte nie meer moontlik is nie. Deur die aanlyn-uitsendings kan gelowiges in alle lande egter die preke volg in verskeie tale. Op hierdie manier het die geestelike versorging wêreldwyd moontlik geword, soos baie gelowiges vanoor die wêreld dit dankbaar bevestig.
Ek kan sê: HERE, nou laat u u dienskneg in vrede heengaan, want die laaste boodskap is op die ganse aarde verkondig. My oë het die vervulling van die belofte vir hierdie tydvak gesien. Alle ware gelowiges sal alles wat God doen, tot aan die einde toe ervaar. Hy het dit belowe en sal dit vervul.
Veral vir diegene wat onlangs vanoor die wêreld bygekom is, wil ek kortliks op my geestelike lewensverloop ingaan:
Sedert 1952 het ek in die Vrye Pinkster Gemeente gepreek. By die eerste ontmoeting met broeder Branham, op 15 Junie, 1955, het die profeet vir my by die ontvangs area van die hotel gesê: "Jy is 'n prediker van die evangelie" en toe wys hy na links en sê: "U vrou staan daar by die ingang". Daarmee het ons hand geskud en kort-kort met mekaar gepraat. Vanaf 1958 het ek toe die preke van broeder Branham in Duits vertaal.
Op 2 April, 1962, gee die HERE self met 'n hoorbare stem die opdrag, dat die Woord in ander stede verkondig moet word.
Daarom het ek op 3 Desember, 1962, 'n lang gesprek gehad met broeder Branham, waarin hy deur openbaring my sending aan my, voor twee getuies bevestig het. Net daarna het hy my toe gevra om in sy plek in Los Angeles by Demos Shakarian te preek en ook by Ernest Hotton in Oakland, Oregon. Hy het my ook gevra om, as dit moontlik was, by Henry Martin in Edmonton, Kanada, te besoek, waar band- opnames van sy preke gespeel was. Hy het my die name en telefoonnommers van die broeders gegee. Aan die einde van ons gesprek, het hy vir my gesê: "Broeder Frank, as jy op 'n sendingsrit na Indië gaan, kontak vir Paul Lawrie daar. Hy was in my Bombay vergaderings, as 'n evangelis en toe hy na die VSA gekom het, het hy hom hier in die kapel laat doop in die Naam van die HERE Jesus Christus"
In 1964 het ek my eerste sendingsreis na Indië onderneem. Daar het ek duisende mense die byeenkomste sien bywoon en ongeveer driehonderd gelowiges het hulle ná die prediking laat doop. Op pad terug het ek Jordanië en Israel besoek.
Met die heengaan van broeder Branham in Desember 1965, het 'n belangrike tydvak tot 'n einde gekom.
'n Nuwe fase het toe begin en ek het die Woord-Boodskap volgens God se opdrag wêreldwyd verkondig, beginnende in Duitsland, Oostenryk en Switserland, toe oor die hele Europa en later oor die hele wêreld. Benewens die prediking in dienste en byeenkomste het ek ook alle moontlikhede benut, deur die geopenbaarde Woord deur radio en televisie, en deur omsendbriewe en brosjures te verkondig.
By geleentheid van die profeet se begrafnis op 11 April, in 1966, het ek broeder Pearry Green genooi om te kom en te getuig van wat sy oë in die bediening van Broeder Branham gesien het en wat hy tydens die byeenkomste beleef het. Ongelukkig het hy slegs verhale uit die lewe van die profeet gegee. In sy eerste preek in Krefeld het hy entoesiasties gesê:
"Die profeet het in 'n visioen 'n kalender gesien wat vanself oopgemaak het en in die jaar 1977 gestop het". In 1977 sou alles tot 'n einde kom en die Wegraping sou plaasgevind het. Ek was sy vertaler en het toe die opmerking aangaande die kalender in my eerste omsendbrief in 1966 genoem. Later sou ek uitvind dat broeder Branham nooit van 'n kalendar ooit gepraat het nie.
Toe 1977 gekom en gegaan het, was daar toe weer 'n nuwe lering versprei, dat die opstanding met die groot aardbewing aan die weskus van die VSA sou plaasvind en dat die profeet dan sy bediening in 'n tent sou voltooi. 'n Mens kan eenvoudig net nie al die verkeerde leringe hanteer nie — wat 'n verkwisting van tyd.
Sonder om op al die onderwerpe in te gaan, oor alles wat die predikers uit die Verenigde State na vore gebring het, moet daar tog net gesê word: Niemand kon van 'n roeping praat nie. Niemand het die Woord gepreek nie; almal het elkeen hul eie stories volgens hul eie sienings uitgelê, en dit het alles oor aanhalings van die profeet gegaan: "Die profeet het gesê: …"
Ek sê die volgende tot eer van God: nie eens een keer het ek die Woord verlaat en 'n interpretasie aangeneem nie. Dit het die broeders teen my opgemaak want hulle het die aanhalings van die profeet bo die Woord geplaas en nie die geskrewe Woord as die laaste gesag laat geld nie.
Toe kom die jaar 1979, toe die vyand twyfel oor die roeping gesaai het, om my ongeloofwaardig te maak en die gemeente daardeur te vernietig. Terwyl ek agter die preekstoel gestaan het, net voor die einde van 'n preek, het 'n vrou hardop geskree: "Alles hier is skynheiligheid! Kom uit, verlaat hierdie saal en moet nooit weer terugkeer nie, want alles hier het tot 'n einde gekom, vir ewig!" Wie dit geglo het wat die vrouestem gesê het, het tot vandag toe nooit weer die saal betree nie. Almal wat glo wat die stem van die HERE op 2 April, 1962, en wat broeder Branham bevestig het op 3 Desember, 1962, voor twee getuies, kom van oor die hele wêreld en vul die saal. En baie duisende gaan aanlyn en hoor die suiwer Woord vir hierdie tyd. Die HERE het Sy Woord gehou en nie toegelaat dat die vyand Sy werk vernietig nie.
Die tweede deel van die goddelike opdrag van 11 Junie, 1933, naamlik dat die Boodskap oor die hele wêreld gedra moet word, word nou voor ons oë vervul. In Matthéüs 24, vers 14, het onse HERE self gesê: "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom".
Broeder Branham het in Maart 1962, soos hy dit op 1 April verhaal het, die goddelike opdrag ontvang om die voedsel op te stoor. Toe hy oor die sewende seël praat, het hy binne die eerste tien minute omgedraai na broeder Neville, en toe gesê: "… daardie voedsel is nou hier opgestoor …". Die HERE het op Sondag 19 September, 1976, luid gesê: "My kneg, ek het jou volgens Matthéüs 24, verse 45 tot 47 geroep om die voedsel op die regte tyd uit te deel". Ek het dit aan al die dienende broeders en die mense van God uitgedeel. Al die uitverkorenes glo elke Woord van God en respekteer Sy besluit. Hulle versadig hulself aan die ryklik-gedekte tafel van die HERE.
Ek is ook net 'n mens soos Elia, Paulus of Broeder Branham, maar dit is ook waar dat ek die direkte opdrag wat die HERE my gegee het, uitgevoer het. Dit is nie nodig dat ek die instruksies en bonatuurlike ervaringe, wat die getroue HERE my deur die jare gegee het, weer hier herhaal nie; daaroor het ek alreeds in verskeie omsendbriewe berig gelewer. Elke bonatuurlike belewenis is waar, God is my getuie. Soos Paulus en broeder Branham, kan ek elke keer die tyd en die plek noem, waar dit gebeur het.
Deur God se genade kan ek ook soos Paulus getuig, as "'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God, wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte" (Rom. 1:1-2), en dat ek God se opdrag uitgevoer het. Die HERE sal self Sy werk voltooi, volgens Filippense 1, vers 6: "… omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus".
"Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare" (Sag. 4:6).
Handelend in opdrag van God.
Br. Frank