Omsendbrief April 2020

Tyd-tekens — Tekens van die tyd

« »

Hevenu Shalom Alechem

Ons ervaar bybelse profesieë in vervulling. Een van die tekens van die eindtyd is die klimaatsverandering. Dit is vooruitgespreek en is in direkte verbinding met die volk Israel en hul terugkeer na die Beloofde Land.

Kom ons kyk direk na wat God deur die profeet Jesaja, in hoofstuk 30, vers 26, aangekondig het:

"En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die HERE die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is".

Kan die klimaatsverandering en aardverwarming met die sterkere sonsbestraling plaasvind as 'n wekroep vir die hele mensdom?

Aardbewings en ander natuurrampe vind net hier en daar plaas, maar klimaatsverandering is universeel.

"Dit is die besluit wat geneem is oor die hele aarde, en dit is die hand wat uitgestrek is oor al die nasies;

Want die HERE van die leërskare het dit besluit — wie sal dit kan verydel? En sy hand is uitgestrek — wie sal dit kan afkeer?" (Jes. 14:26-27).

Die mensdom het erken dat klimaatsverandering en aardverwarming in volle gang is en soek in desperaatheid na oplossings. Die landbou wat ons voed, is veral geraak. Skaartes en hongersnood wêreldwyd sal die resultaat wees. Ondanks al die betogings en programme om CO2-emissies te verminder, geskied dit wat in die Heilige Skrif vir hierdie tydsbestek vooruitgespreek was.

Die duidelike bybelteks vertel aan ons in watter konteks die sewe-keer-helderder sonsbetraling staan, naamlik met die herstel van die skade wat aan Israel aangerig was.

Die Romeinse generaal Titus het die tempel in Jerusalem in 70 nC vernietig en Jerusalem ook verwoes, en die Jode was regoor die wêreld verstrooi. In die tyd van Konstantyn, het die Romeinse staatskerk, wat onder Athanasius gestig is, die Jode in 321 nC die Sabbat verbied en die sinagoges ingerig as veestalle. Daarmee het die christelike anti-semitisme ontstaan, wat tot vandag toe voortduur.

Veral gedurende die sewe kruistogte, wat op bevel van die pouse was, het baie onder die Jode gely. Die oproep het gelui: "Wreek die bloed van die gekruisigde op hulle!". Die kruistogte het van 1069 tot 1099 geduur, met meer as 70,000 dood onder die Jode en ander. Die laastes het plaasgevind vanaf 1248 tot 1254. Die presiese getal wat vermoor is, is nie bekend nie, of dit honderde duisende of 'n miljoen was. In die holocaust, die Shoah, was daar 6 miljoen.

Laat ons dit weer sê: die vooruitgespreekte sewevoudig- versterkte sonsbestraling is tyds-gewys verbind met die terugkeer van Israel na die Beloofde Land. Sedert 14 Mei, 1948, is daar weer 'n staat van Israel, en is die vredesverdragspogings in die Midde-Ooste nou in volle gang. Die wonde wat die volk Israel toegedien was, is ook in hul genesingsproses.

Alle staatshoofde moet dit respekteer wat in die alleen- geldige dokument geskryf staan, naamlik in die Bybel/Torah. Hier handel dit hoofsaaklik oor Jerusalem en die Tempelberg.

Volgens Genesis 22 was Abraham ongeveer 4,000 jaar gelede gevra om sy seun Isak op die berg Moría op te offer, wat later die Tempelberg geword het. Daar het God gesê: "Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys" (vers 2).

Volgens IKronieke 21, verse 18-25, het David die werf gekoop vanaf die Jebusiet, Ornan: "Daarop gee die engel van die HERE bevel aan die profeet Gad om aan Dawid te sê dat Dawid moet opgaan om vir die HERE 'n altaar op te rig op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet … En Dawid het vir die plek seshonderd sikkels goud in gewig aan Ornan gegee", in vandag se geld, ongeveer 600,000 Euros of 660,000 VSA dollars.

Volgens IIKronieke 3 het Salomo die tempel op die Berg Moría gebou — die Tempelberg: "En Salomo het die huis van die HERE begin bou in Jerusalem op die berg Moría waar Hy aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek wat Dawid reggemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet". Ek vra om respek vir God-Elohim en vir Sy Woord, die Bybel/die Torah.

Ons het drie getuies wat deur God aangestel is: Abraham, David en Salomo, wie al drie in verband met Jerusalem en die Tempelberg genoem word. Dié drie Skrifte getuig daarvan dat niemand anders kan aanspraak maak daarop, om die reg tot Jerusalem en die Tempelberg vir hulself te eis nie.

Kom ons kyk na 'n paar Skrifgedeeltes wat gaan oor die terugkeer van die volk Israel. Feite kan nie deur enige mense ontken word nie.

"Want die HERE sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig" (Jes. 14:1).

"Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou!" (Jer. 31:21b).

"En die HERE sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies" (Sag. 2:12).

"Want die HERE Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie" (Amos 3:7).

"… En die verwoeste land sal bewerk word, in plaas dat dit 'n wildernis is voor die oë van almal wat verbygaan. En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon" (Esé. 36:34-35). Al hierdie Skrifte word voor ons oë vervul.

In Eségiël 47 word die nuutgeboude tempel presies beskryf. In hoofstuk 48 word die 12 stamme van Israel in hulle gebiede getoon soos in die tyd van Josua, soos God dit bestem het.

Uitspraak word aangekondig aangaande diegene wat Israel verdeel het: "… om daar met hulle 'n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het" (Joel 3:2b).

"En in dié dag maak Ek Jerusalem tot 'n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seermaak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word" (Sag. 12:3).

Niemand kan dit stop wat vir hierdie tydvak in die bybelse profesies vooruitgespreek is nie.

"En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun" (Luk. 21:25).

Nou kom alles tot vervulling wat in die eindtyd-profesies aangaande Israel vooruitgespreek is. Klimaatsverandering en die aardverwarming wys aan ons as teken van die tye duidelik daarop heen.

Wat die profeet Jesaja vooruitgespreek het, bly waar, en ons kan waarlik sê: Hierdie Skrif word voor ons oë vervul. Die God van Israel herstel die skade van Sy volk weer en genees die wonde wat hulle opgedoen het (Jes. 30:26).

"Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor" (Matt. 13:16).

"En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal 'n toevlug wees vir sy volk en 'n skuilplek vir die kinders van Israel. Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem 'n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie" (Joël 3:16-17).

"In dié dag sal die HERE die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos die huis van God, soos die Engel van die HERE voor hulle uit" (Sag. 12:8).

Uiteindelik sal alle nasies dit erken.

Hevenu Shalom Alechem

*************