Omsendbrief April 2020

Herken die dag en die boodskap!

« »

Ons HERE het dit wat Hy het vir hierdie periode vasgelê was, behou en gedoen. En die belofte het beslis vervulling gevind: "Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek" (Mal. 4:5). Ons is nou nog steeds in die dag van Verlossing (IIKor. 6:2), in die tyd van genade. Die HERE self het aan Sy dissipels gesê op die Berg van Verheerliking: "Dis waar, Elía kom eers om alles te herstel" (Mark. 9:12). Die laaste oproep word gemaak en wie uit God is, sal God se Heilige Woord hoor en die alleen-geldigheid daarvan aanvaar.

Ongelukkig moet daar gesê word dat, alhoewel die bonatuurlike teenwoordigheid van die HERE met die volk Israel was, het die meerderheid van hul harte nietemin afgedwaal, sodat God moes sweer: "Hulle sal in my rus nie ingaan nie" (Heb. 3:11; Num. 14:23). Hulle het afgodediens bedryf en gemurmureer.

Paulus het in IKorinthiërs 10, verse 1-4, heengewys op die groot dinge wat God onder hulle gedoen het. In verse 5-10 word vertel wat die Israeliete verkeerd gedoen het en hoe God hulle daarvoor gestraf het. Daarna volg die waarskuwing: "Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het" (IKor. 10:11).

Selfs in ons tyd is dit van geen nut nie, om te verwys na wat God in die bediening van William Branham gedoen het, as mense afgodediens daarmee bedryf, deur bv, sy stem as die 'stem van God' te verklaar en ook ander misleidings te versprei. Dit is ongelooflik hoeveel valse leringe daar versprei word met die beroeping op die profeet en die boodskap, tot op die punt dat die profeet dinge sou geopenbaar het wat nie eens in die Bybel geskryf is nie, byvoorbeeld oor die sewe donderslae.

'n Verdere onskriftuurlike lering is, dat die opstanding van die dode eers sal plaasvind, waarna die profeet sy spesiale bediening as 'n "Third Pull" vir 30 tot 40 dae in 'n tent sal uitvoer, en dan sal die Wegraping plaasvind daarna. Volgens Galasiërs 1, vers 8, lê daar 'n vloek op sulke mense, want hulle verkondig 'n ander evangelie (Openb. 22:18-19). Die profeet self het herhaaldelik gesê: "Aanvaar niks as dit nie in die Woord van God geskryf is nie!"

Broeder Branham het ook gereeld gesê: "Die boodskap is: terug na die Woord, terug na die oorspronklike, terug na die aanvang, na die ervaringe wat die gelowiges in die begin gehad het!". Al die geheimenisse wat in God se Woord is, is geopenbaar; dit glo ons. Niks, absoluut niks, durf by die Woord gevoeg word nie (Openbaring 22).

Geen leuen het sy oorsprong in die waarheid nie (IJoh. 2:21), en wie uit die waarheid is, hulle hoor en glo slegs God se Woord. Dat die Heilige God geen dwaalleer en geen verkeerde lewe kan verseël nie, staan vas. "Heilig hulle in U waarheid: u woord is die waarheid" (Joh. 17:17). Die apostel Johannes skryf aan diegene wat die waarheid erken het: "… ter wille van die waarheid wat in ons bly en by ons vir ewig sal wees" (IIJoh. 2). Amen!

Alle valse leraars is leuenaars en sal buite wees. "En daarin (in die heilige stad — die Nuwe Jerusalem) sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam" (Openb. 21:27).

God gee genade dat almal kan besef dat ons nou in die laaste tydvak aangekom het, waar die vasbeslote dinge wat ons in die Woord van God belowe word, nou gebeur (Hand 13:41). Mag daar in geeneen van ons 'n hart van ongeloof en ongehoorsaamheid gevind word nie. Wat ons HERE gesê het oor Jerusalem, is nog steeds van toepassing:

"As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien!" (Luk. 19:42). Aan Sy eie het Hy gesê: "En as dit begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op; omdat julle verlossing naby is" (Luk. 21:28).

Laat ons dit nog eenkeer sê: net die wat rein van hart is, sal God sien. Net wie gereed is, sal die Bruilofsmaal binnegaan. Slegs diegene wat die volledige verlossing met versoening en die vergifnis en volledige vernuwing beleef het, net hulle wie die vulling en verseëling met die Heilige Gees ervaar het, sal die doel bereik.

Mag almal ter afsluiting van hierdie daarlegging, weereens duidelik aangetoon word, wat onse HERE in Matthéüs 17, vers 11, gesê het: "Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers om alles te herstel" (Mark. 9:12). Ná die bediening van Johannes die Doper het onse HERE dit herhaal wat in die tweede deel van die laaste belofte in Maleági 4, vers 6, geskrywe staan: dat die harte van die kinders van God, na die geloof van die apostoliese Vaders terugbesorg sou word, deur die bediening van Elia.

Ons kan vandag getuig: die Skrif is vervul; wat onse HERE gesê het, het gebeur. Elke bybelse lering is weer herstel, veral die godheid: dat God nie uit drie ewige persone bestaan nie, maar Homself as Vader in die Seun en dan deur die Heilige Gees aan Sy Gemeente geopenbaar het. Die bybelse doop van die gelowiggewordenes in die Naam van die HERE Jesus Christus (Hand. 2:38-41), is ook weer herstel. Deur die laaste boodskap is alles weer teruggeplaas op die oorspronklike fondament van die apostels en profete, waar Jesus Christus self die hoeksteen is.

Onse God het groot dinge gedoen en ons is nou naby die volgtrekking van wat voor die Wederkoms van Jesus Christus moet gebeur. God Sy dank daarvoor, in die Heilige Naam van Jesus. Amen.