DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde

Vir Oriëntasie

« »

Die Bybel, die Ou Testament, was eers geskryf in die Hebreeuse taal. Hebreeus was vir die eerste 1750 jaar die enigste taal op aarde, tot met die Toring van Babel (Gen. 11:6-7). In Genesis 14:13 word Abraham 'n "Hebreër" genoem. In Exodus 7:16 sê Moses aan Farao: "Die Here, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn". Die Here Jesus het na Sy hemelvaart Hebreeus gepraat – dit is die getuienis van Paulus: "En toe ons almal op die grond val, hoor ek 'n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: ..." (Hand. 26:14). In die Hebreeuse taal het persoons- en plek-name dikwels 'n betekenis wat nie altyd uitgedruk kan word in ander tale nie.

Die Ou Testament eindig met die profeet Maleagi, wie sowat 400 jaar voor Christus geleef het. Tot dan het die vyf boeke van Moses, die Profete en die Psalms bestaan in boekrolle. Eers vanaf die tydperk 300–200 v.C. was die 39 boeke van Ou Testament in sy geheel saamgevoeg. Maar die individuele boekrolle het ook bly voortbestaan. In Qumran by die Dooie See was die oudste bekende manuskripte van die Bybel gevind tussen 1947 en 1956, insluitende 'n 7.3m-lange, byna ongeskonde deel van die boek Jesaja, die Psalms en die boek Daniël. Dit word ten toon gestel in die "Heiligdom van die Boek" by die Israel-Museum in Jerusalem. Jesus, onse Here en Redder, het in Lukas 24: 44–45 die drieledige verdeling in die wet van Moses, die Psalms en die Profete beklemtoon: "... dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word". Eenkeer het Hy in die sinagoge in Nasaret uit die boek van die profeet Jesaja (61:1) gelees en toe gesê: "Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul" (Luk. 4:16-21). Trouens, in dié tyd is meer as 'n honderd profesieë vanuit die Ou Testament vervul, wat behoort aan God se Heilsplan.

Die Hebreeuse Ou Testament vertaling is slegs sowat 250 v.C. in Alexandrië, Egipte, deur Joodse geleerdes in die destydse wêreldtaal, Grieks, vertaal. Maar die Hebreeuse Torah-geleerdes in Israel erken dit tot van-dag toe nie en verwys daarna as die "Septuagint (LXX)" vertaling. Selfs uit daardie vroeë Hebreeuse teks het dikwels waardevolle en belangrike betekenisse moeiteloos te voorskyn gekom, alhoewel dit vandag grotendeels nie meer herkenbaar vir die leser is nie. Daarom sal hierdie eksposisie, waar nodig, die oorspronklike betekenis aantoon, soos gevind word in die Hebreeuse teks. Maar selfs diegene wat verskeie tale praat, moet staatmaak op die leiding en openbaring van die Gees van God. Ons glo in die absolute inspirasie van die Heilige Skrif, wat op sigself gewet-tig word deur die volledige ooreenstemming van die Ou en Nuwe Testamente.

Die 27 boeke van die Nuwe Testament het destyds, gedurende die eerste Christelike eeue, bekend gestaan as die kanon – ‘n riglyn. Lukas het inleidend uitgewys in sy evangelie, wat aanvanklik plaasgevind het: "Aangesien baie onderneem het om ‘n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons al vervul is …". Van die baie het net vier oorgebly, nl., Matthéüs, Markus, Lukas en Johannes, wie se rekords ingesluit is as "Evangelies" in die Bybelse kanon. Hulle was daartoe bestem om, wat in die lewe en werke van Jesus Christus gebeur het en aan die heilsgeskie-denis behoort, aan die komende geslagte na te laat. Elke evangelie het sy eie karakter. In hul diversiteit bied hulle 'n omvattende beeld van onse Here en Saligmaker, vanaf Sy geboorte, tot met Sy hemelvaart.

Matthéüs lei bv. ter bewys daarvan, hoe dat daar met die geboorte van Christus die profesie uit Jesaja 7:14 vervul is: "Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en Hom Emmánuel noem" (Matt. 1: 18-25). In hoofstuk 2: 1-6 vertel dit van die geboorte in Bethlehem en word die vervulling van die belofte in Miga 5 beklemtoon: "En jy, Bethlehem ... uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees".

Markus begin met beide die ou-testamentiese profesieë wat gaan oor die bediening van Johannes die Doper, naamlik Jesaja 40:3, "... die stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die Here…" en Maleági 3:1, "Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan ...".

Lukas vertel vir ons in die heel eerste hoofstuk terselfdertyd van die besoek van die engel Gabriël aan Zacharias in die tempel, om aan hom die geboorte van Johannes die Doper vooruit te spreek, en van die besoek van die engel Gabriël aan Maria, om aan haar die geboorte van die Verlosser aan te kondig: "En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind! En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus (Heb.: Jahshua) noem".

Johannes het terug gegaan na heel in die begin en getuig: "In die begin was die Woord ..." (Joh. 1:1). "... En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon ..." (vers 14).

Slegs deur al vier Evangelies te lees, kry ‘n mens 'n oorsig van die lewe en werk, van die diens, die lyding, dood, opstanding en hemelvaart van ons Verlosser, as die hoogtepunt van die heilsgeskiedenis, soos dit alreeds bekend gemaak is in die Ou Testament.

Die Evangelies word gevolg deur die "Handelinge" van die eerste gemeentes, dan die apostelsbriewe en, ten slotte, die "Openbaring van Jesus Christus", wat die apostel Johannes op die Griekse eiland Patmos ontvang het.

Eers was die Evangelies en ook die briewe van die apostels in die plaaslike gemeentes gelees en verder versprei: "... en wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook dié uit Laodicéa lees" (Kol. 4:16). Die preke het die hele wêreld ingegaan, soos die Here dit in die Groot Opdrag beveel het.

Voor die uitvinding van die moderne drukpers in die 15de eeu, was die tekste met die hand oorgeskryf. Met die vertalings in ander tale, het die verdeling in hoofstukke gekom en later die vers-indeling. Weereens moet beklemtoon word dat dit nie die vergelyking van die baie verta-lings – so waardevol soos hulle mag wees – wat vir ons duidelikheid bring nie; slegs die Gees van God kan werklik die dieptes van God onder-soek (1Kor. 2:10) en in die hele waarheid lei (Joh. 16:13). Die letter, die geskrewe woord, moet aan ons openbaar gemaak word as die lewendige woord. Die Woord van God bly tot in ewigheid (1Pet. 1:25; Jes. 40:8).

Johannes het terug gegaan na heel in die begin en getuig: "In die begin was die Woord ..." (Joh. 1:1). *"... En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon ..."* (vers 14).