DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde
Wie werklik glo, laat God se bevestigde Woord geld
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Ons vra, en God antwoord deur Sy Woord: Wat sê God vir ons deur die Ou Testament? Wat het God deur die Nuwe Testament vir ons gegee? Wat is die ware geloof en wat is die valse geloof? Is die gevestigde Christendom, met die baie kerke, die Gemeente van Jesus Christus?
Alles wat te doen het met hierdie tema, is alom bekend – dat die beloftes wat in die Ou Testament gegee was, in die heilsverloop van die Nuwe Testamentiese bedeling vervul word. Dit is ook bekend dat die Heilige Skrif op verskillende maniere binne die Christendom geïnterpreteer word. Dit begin reeds vanaf die eerste vers van die Bybel en eindig met die laaste.
Dit sal hier aangedui word dat God eintlik net in Sy oorspronklike Woord is en daardeur met ons praat. Ook, hoe die vyand, as 'n teenstander van God, ingesluip het en deur interpretasies die mense op godsdienstige wyse mislei het. Hy is die eerste verdraaier van die Woord van God wat, soos gerapporteer word in Génesis 3, met die argument voor Eva gestaan het: "Is dit ook so dat God gesê het ...?". Daarmee het hy twyfel gesaai en so die val en skeiding van God af veroorsaak. Tot van-dag nog bevraagteken hy wat God sê en gee sy eie interpretasies daar-van. Hy beïnvloed oral waar hy kan – selfs in die teologiese gestoeltes – en voed die intellek van die wysgieriges, diegene wat daarvan hou om te eet van die boom van kennis, alhoewel dit nog altyd net tot geestelike dood gelei het.