Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?

Inleiding

« »

Dit is nie so maklik om vandag mense te nader om met hulle te praat oor die tema van God en geloof in Hom nie. Sommige beskou hierdie onderwerp as verouderd, heeltemal verouderd. Ander soek die goddelike in hulleself en in die natuur, ander ontken die bestaan ​​van 'n God, terwyl ander slegs van 'n hoër mag praat. Vreemd genoeg, in 'n ramp-situasie vra diegene wat sê dat hulle nie glo nie: "Hoe laat God hierdie dinge toe om te gebeur?"

Sedertdien dit bekend geword het dat alles wat in die naam van God gedoen was en nog steeds gedoen word, onder die dekmantel van godsdiens, verloor meer en meer mense hul vertroue in geregtigheid omdat hulle die godsdienstige instelling op dieselfde vlak as God plaas. Oor die eeue heen het historici, in baie boeke, volumes gevul oor die foute wat op verskillende tye deur godsdienstige mense gemaak is. Maar wat dapper skrywers onlangs aan die lig gebring het, is in der daad oorweldigend.

In alle godsdienste is daar mense wat bewus is dat daar nie net 'n aardse domein is nie, maar ook 'n bo-aardse domein. Dit is duidelik dat die mens nie gebore is om dood te gaan nie, maar om te lewe. Trouens, in werklikheid is daar eintlik min mense wat regtig oortuig is daarvan dat alles met die dood eindig. Maar selfs diegene wat dit glo, sal later uitvind, in die uur van die dood, dat hulle verdwaal het.

Elke persoon is gebore in 'n bestemde land, onder 'n spesifieke godsdiens of 'n sekere visie van die wêreld, dit wil sê, met 'n ideologie en neem natuurlik aan dat dit reg is.

Die byna onbegryplike vordering van die menslike geslag met die ontwikkeling vanaf die perdekar, tot en met die modernste vuurpyl-lanseerder, vanaf koets-bestuurders tot ruimtevaarders, bevestig wat die Here God sowat sesduisend jaar gelede gesê het gedurende die bou van die toring van Babel: "… nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie" (Gén. 11:6). Die gevolg was dat die mens meer en meer in homself begin glo het en in sy eie vermoë, en terselfdertyd het hy vir God en Sy Woord alhoe sterker betwyfel en meer en meer verwerp.

God se teëstander het reeds in die tuin van Eden die Woord van die Skepper met "Is dit ook so dat God gesê het …?" in twyfel getrek, sonder om dit te ontken (Gén. 3:1). Vandag is dit hy wat filosowe inspireer in hul intellektuele en wetenskaplike oorwegings en hul verskillende argumente, wat rebellie teen hulle Skepper veroorsaak. Die Woord van God word deur baie mense bevraagteken omdat hulle kyk na die mislukte menslike optrede van diegene wat daarop aanspraak maak dat hulle God verteenwoordig.

Elkeen wie daarvan oortuig is dat daar geen Skepper is nie, maar dat die hele skepping ontstaan het uit 'n ontploffing wat plaasgevind het, sal noukeurig na die plek moet soek waar so 'n ontploffing plaasgevind het! Elkeen wat glo dat alle lewende wesens uit ‘n oorspronklike sel ontstaan het, moet ook sê wie die oorspronklike sel in die lewe geroep het. Hulle wat die teorie van evolusie ondersteun, moet ons ook verlig oor waarom daar nog altyd verskillende vorme van minderwaardige lewe is, aangesien alles sou voortgaan om te ontwikkel. Die Skepper het in Génesis 1 vers 24 gesê: "Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte …", en selfs vandag is dit so. Alles wat in die wêreld tot lewe kom, is letterlik 'n wonderwerk van die skepping wat elke dag miljoene kere herhalend gebeur.

Bewerings wat die ewig-blywende werklikhede, wat elke dag gedemonstreer word, omseil, kom almal van dieselfde bron af. Hulle streef na dieselfde doel, dit wil sê, om wat die Bybel sê oor die skepping van die wêreld, ongeloofwaardig te maak en ook om die Skepper as oorbodig aan te bied.

Die volgende feit is ook noemenswaardig: Geen profeet wat uit God gestuur word, kan gevind word in die geskiedenis wat 'n nuwe oriëntering van bybelse geloof gevestig het nie, of wie die grondlegger van 'n nuwe godsdiens was nie. Nog Enoch, nog Noag, Abraham of Moses, Elia of Jesaja, geen profeet wat werklik van God gestuur is, het ooit 'n godsdiens gestig nie. Hierdie belangrike feitlike bevinding is van die allergrootste betekenis. Al hierdie profete het net oorgedra wat hulle van God ontvang het. Daarom vorm die hele Ou Testament 'n harmonieuse geheel. Net een het die gesag gehad om te praat en te handel, die Here God, wat Sy planne toevertrou het aan diegene wat Hy self geroep het. Sulke manne was Sy mondstukke. Hulle het in verskillende tye geleef en hul deel van profesie gebring vir die vervulling van die plan van verlossing, wat God vooraf aangekondig het. Alhoewel hulle in verskillende eeue en millennia verskyn het, vind ons geen teenstrydigheid in hul geskrifte nie, maar alles is in volkome ooreenstemming.

Die apostels, wat van God gestuur is, was ook nie stigters van godsdienste nie. In nederigheid en eenvoud het hulle onweerlegbare bewyse gebring dat die profesieë van die Ou Testament tot die uiterste vervul was. Maar wat die grondslag van die Gemeente van Christus en die opbou daarvan betref, het hulle hulself ten volle oorgegee aan die Here van die Heerlikheid wat gesê het: "… Ek sal My gemeente bou" (Matt. 16:18). Hierdie taak was nie aan Petrus of Paulus of enigiemand anders toevertrou nie.

Die Here het ongetwyfeld verskeie bedieninge in die Gemeente geplaas vir die opbouing daarvan (Efé. 4:11; IKor. 14:28, ens.). Die bybelse Gemeente is nie 'n menslik-georganiseerde instelling nie, maar 'n lewende organisme. Dit is die enigste geestelike instelling van God op aarde en bestaan ​​uit verloste mense, mense wat genade voor Hom gevind het.

Dit word ook die Tempel van God genoem (Efé. 2:21), of die Huis van God (Heb. 3:6). God leef nie in 'n tempel of 'n heilige gebou wat met mensehande gemaak is nie (Jes. 66: 1-2; Hand. 7: 48-50). Hy woon net in die harte van diegene wat aan Hom behoort. Daarom is dit absoluut noodsaaklik dat ons terugkeer na die oorsprong, die aanvang, om te ervaar wat die Gemeente van God werklik is (ITim. 3:15), hoe sy glo, wat sy leer, hoe sy doop, ens. Slegs die Boek van die Waarheid, die Bybel, die Woord van God, gee ons die antwoord op hierdie onderwerp. Dit is ook op hierdie grondslag en bewus van my volle verantwoordelikheid voor God, dat hierdie boek geskryf is.

Weens die verskeie bestaande bybelvertalings, elk met hul eie eienskappe, het ek uiteindelik besluit om amper uitsluitlik dié van Dr. Hermann Menge te gebruik (vir die Franse vertaling: Darby).

Omdat die Menge Bybel slegs in Duits verskyn, gebruik ons in hierdie Afrikaans-vertaalde uitgawe die 1933/53 Bybel-weergawe — tensy anders aangedui.

1Omdat die Menge Bybel slegs in Duits verskyn, gebruik ons in hierdie Afrikaans-vertaalde uitgawe die 1933/53 Bybel-weergawe — tensy anders aangedui.