Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?

Hoofstuk 1 - Die Proefstelling – 
Aktuele Geestelike Ondersoek

« »

As ek aangemoedig is om openlik te skryf, is dit omdat dinge vandag nie net as vanselfsprekend aanvaar kan word nie. 'n Treffende voorbeeld is in September, 1988, deur die media gegee, aangaande die "Kleed van Turyn". Vir eeue was dit bekend as absoluut outentiek en vereer as 'n reliek. Die hele wêreld was verbaas om te verneem dat, na hierdie kleed ondersoek was in Engeland, die VSA en Switserland, het al drie — onafhanklik van mekaar — tot die eenparige gevolgtrekking gekom dat dit dateer uit die middeleeue en dat dit glad nie die kleed van Jesus Christus kan wees nie. Maar deur middel van 'n verklaring is mense aangemoedig om voort te gaan om hierdie vervalste voorwerp te vereer asof dit 'n ware oorblyfsel was en so volhard hulle in hierdie ontmaskerde valsheid.

In Oktober 1988 het die afgevaardigde Eerw. Ian Paisley van Noord-Ierland in die Europese Parlement te Strasbourg gedoen wat geen protestant sedert die tyd van die Hervorming gewaag het nie. Hy het 'n plakkaat vertoon waarop dit geskryf was: "Johannes Paulus II — Antichris". Deur hierdie gebaar het hy 'n oproer veroorsaak. Hy het teen die pous se optrede daar betoog. Die media het daaroor geskryf en die meeste dagblaaie het foto's gepubliseer met voorbladverslae. Die volgende dag het daar egter baie min mense nog daaroor gepraat en uiteindelik het almal weer hul gang gegaan. Daar is daagliks iets nuut om oor te berig.

Ongelukkig het geleerdes en leke God en kerk te alle tye "in dieselfde mandjie" geplaas, en omdat die ontnugtering wat deur die aan-Hom-toegeskryfde instelling tot stand gekom het, so groot was, het beide God en die instelling vir baie verlore geraak. 'n Droewige en betreurenswaardige terugslag, waarvan baie mense slagoffers was. Ek sal daardie aand wat ek in 'n kibboets sowat 15 kilometer wes van Jerusalem gespandeer het, nooit vergeet nie. As toerleier het ek die toergroep, na ons aandete, byeengeroep vir 'n kort oordenking. 'n Aantal ander gaste het by ons aangesluit, onder wie ook Jode. Dit het vir my geen probleem geskep nie, en ek lees toe 'n paar gedeeltes in die Skrif uit die Ou Testament wat vervul was in die Nuwe Testament. Skielik het 'n Joodse immigrant uit Warskou, wat innerlik aangegryp was, uitgeroep: "Ek het die Nuwe Testament gelees, en ek kon geglo het dat Jesus Christus ons Messias was, as Hy net nie 'n katoliek was nie, omdat die Pole – wat katolieke is – ons soveel seergemaak het!". Ons was almal verskrik. Ek sê toe: "Mevrou, die Messias was nie 'n Katoliek nie. Hy was die Verlosser wat in die vlees kom het, en Maria was ook nie 'n katoliek nie". Sy kon dit nie begryp nie.

Veral op godsdienstige gebied laat die onkundigheid die hare orent staan. Christenskap sonder 'n persoonlike en lewende verhouding met Christus, het 'n godsdiens geword, wat, soos sommige beweer, opium vir die mense is. Hierdie daarlegging is geskryf om alles wat onbybels is, wat valslik ‘Christelik’ genoem word, te ontbloot en om te wys dat godsdienstige legendes net dit bly wat dit eintlik is, maak nie saak hoe lank gelede dit ontstaan het nie.

Wanneer dit gaan om geloof in God en Sy Plan met die mensdom, moet ons die Boek van boeke raadpleeg. Die uitdrukking: "Ek glo niks en niemand nie!", is net waar wanneer dit met die mens verband hou, maar dit kan nie op die Almagtige en op Sy Woord toegepas word nie. Hy is en bly die enigste geloofwaardige. Sy Woord is die Waarheid wat vervul en bevestig is, en daarom is die Bybel, wat die Woord van God is, ons Absoluut. Dit styg uit bo alle twyfel. God is nie dood nie, soos sommige beweer nie; Hy lewe, en alles wat lewe, lewe deur Hom. Sy Woord is vandag nog, soos dit destyds was, 'n lewende werklikheid.

Daar was ten alle tye mense wat besondere opdragte gehad het om uit te voer. In die geskiedenis van die mensdom sluit dit in digters en komponiste, konings en keisers, soldate en politici, selfs die staats-manne van ons tyd. Dit is dieselfde met die wetenskaplike- en ander navorsings. Daar kan hier 'n hele lys van uitvinders opgetrek word, wat bekend is aan almal, waarsonder die wêreld vandag 'n ander voorkoms sou hê. Ons vind ook in die Ou Testament en aan die begin van die Nuwe Testament, manne van God wat gedurende hulle leeftyd spesiale opdragte gehad het, om in die verloop van die geskiedenis van die verlossing uit te voer. In die eeue wat die apostels gevolg het, tot by die Raad van Nicaea (325 nC), staan daar ook sekere persoonlikhede uit. In die middeleeue was daar ook mense wat belangrike rolle in die geskiedenis van die kerk gespeel het. Maar die name van die diegene wat sedert die ontstaan van die Reformasie na vore gekom het​​, is veral vir ons bekend.

Manne wat op besondere wyse deur God begenagd was, het altyd 'n globale opdrag ontvang, vir alle mense, wat ver bo alle grense van kerke en godsdienste en tot voordeel van almal is. Dit stem ooreen met die laaste sendingsopdrag van die Here Jesus, wat die hele wêreld ingesluit het: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies …" (Matt. 28:19). Die een wat werklik van God gestuur word, verkondig die Woord van God in ooreenstemming met al die profete en apostels. Wie nuwe leerstellinge bring en 'openbaringe' wat nie deur die Heilige Skrifte ondersteun kan word nie, word outomaties gediskwalifiseer. God kan nie Homself weerspreek nie, en kan ook nie Sy voorneme verander nie. In alles wat gedoen of geleer word, moet die volgende vrae gestel word: "Is dit korrek?", "Is dit so geskryf?", of: "Wat sê die Skrif hieroor?"

Ons is nie hier geïnteresseerd in die idees van mense nie, maar net in dit wat God geopenbaar het deur sy gesante wat Hy in 'n hoorbare stem tot Sy diens geroep het. Dit was aan die ou-testamentiese profete toegestaan, ​​om die verloop van die geskiedenis van verlossing vooruit te spreek. Die apostels se taak, daarinteen, was om op hulle beurt die vervulling van daardie profesieë wat in die verlede gespreek was, aan te kondig. Elkeen het, volgens die roeping en die mandaat wat hy ontvang het, die verantwoordelikheid gehad om aan ons, volgens hulle bediening, die doel van God, Sy plan van verlossing, duidelik te wys. Dit is in die Heilige Skrif vasgelê, en so praat die lewende Woord met almal vandag wat hulself daaraan oorgee om deur die Gees van God aangespreek te word. Dit is nie nodig dat enige mens hierdie Woord aan ‘n ander mens moet interpreteer en verduidelik nie; Dit is genoeg dat almal vanuit die hart glo, op die manier wat die Skrif sê, en op hierdie manier sal hulle deur God self geleer word (Jes. 54:13; Joh. 6:45). Ons wil nie hier die leerstellige denke van 'n organisasie of onafhanklike kerk aanbied nie, wat nog te sê van 'n sekte! Ons wil net God se standpunt weergee, soos Hy dit in Sy Woord aan ons oorgelaat het.

Diegene wie die kerk-geskiedenis bestudeer het, weet baie goed hoe onderskeidelik historici van dieselfde tydperk, die optrede van persone en gebeurtenisse, beoordeel en beskryf het. Die onderwerp onder bespreking is nie nuut nie. Maar wat ‘n bybel-gelowige Christen seermaak, is die feit dat die kritici selfs die Nuwe Testament in twyfel trek. Dat die verskillende dele van die Nuwe Testament, die evangelies en die briewe aanvanklik in Hebreeus, Aramees of Grieks geskryf was, en die geheel uiteindelik later as die 'kanon' in die Griekse taal oorgeskryf is, is nie beslissend op sigself nie. Wat seker is, is dat God self aan die Hebreërs bekend was. Moses en Aäron is beveel om vir Farao te sê: "Die Here, die God van die Hebreërs, het ons ontmoet …" (Ex. 3:18). Dat Jesus Christus nie Grieks nie, ook nie Aramees nie, maar die Hebreeuse taal gepraat het, is duidelik; of dit nou plat Hebreeus — wat sommige beweer — of hoë Hebreeus was, kan die geleerdes maar oor stry. Wat vir ons belangrik is, is dat die opgestane Here steeds Hebreeus praat. Dit is Paulus se getuienis in Handelinge 26 vers 14: "En toe ons almal op die grond val, hoor ek 'n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?"

Selfs die argument dat ander briewe in omloop was, maak op geen manier die waarhede ongeldig nie. Dit spreek vanself dat daar in die vroeë Christendom meer briewe kon gewees het wat deur die apostels of deur andere geskryf was. Vanaf die eerste vers van sy evangelie vertel Lukas ons dat baie onderneem het om te skryf oor die gebeure. Daar was natuurlik baie ander beriggewers ook. Die sogenaamde "apokriewe van die Nuwe Testament" het eers later verskyn. Maar die Here het self voorsiening gemaak dat alleen wat volgens Sy bevel en wil geskryf is ingesluit moes word in die kanon van die Woord van God, alleen dit wat vir ons nodig was.

Die belangrike ding is dat ons die Woord respekteer wat aan ons as die Woord van God oorgelaat is (IThess. 2:13) en dat ons glo dat die hele Skrif deur God geïnspireer is (IITim. 3:16). Wanneer ons in die Nuwe Testament die frase vind "soos die Skrif sê" of "dit is geskryf", is dit altyd die Ou Testament waarna verwys word. Die Nuwe Testament is egter net soveel deel van die Skrif, dat die twee saam 'n geheel vorm. Ons kan dit lees in Lukas 24, verse 44-45 "… dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan".

In Johannes 5, vers 39 het die Here aan die Jode van Sy dag gesê: "Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig". Paulus het dit so opgesom: "… dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte" (IKor. 15: 3-4).

Die apostel Petrus verwys na Jesaja 40:8 en bring die Woord van die Ou- en die Woord van die Nuwe Testament in 'n gemene deler: "… maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is" (IPet. 1: 23+25). Die Nuwe Testament is die gevolg van die ou-testamentiese profesieë.

Dr. Clarence Larkin, 'n internasionaal erkende bybelkenner, het in sy boek "Dispensational Truth" gedemonstreer dat ongeveer 109 ou-testamentiese profesieë letterlik met die eerste koms in Christus akkuraat vervul is. Die verwerklikte profesieë is die bevestiging dat die Bybel van goddelike oorsprong is.

As ‘n mens ‘n saak wil ondersoek, moet jy dit kan benader sonder vooroordeel of gevoelens van afkeer. Wanneer teoloog Carl Schneider skryf: "Die vervalsings het begin in die tyd van die Nuwe Testament en dit het sedertdien nog nie opgehou nie" —K. Deschner: Der gefälschte Glaube ("Die Vervalste Geloof"), bladsy 20 — het hy heeltemal reg. Dit beteken egter glad nie dat ons 'n vervalste Nuwe Testament het nie, maar dat daar ongemagtigde persone reeds in daardie tyd valse leerstellinge en interpretasies bekendgestel het, soos dit tot nou nog is. Ten spyte van al die verdraaiings, waarop ons hier ingaan, bly die oorspronklike Woord staan, en kan ons dit vir altyd as die oorspronklike Woord aanvaar. Hoe ver kan ‘n mens nog gaan, as hulle verwys na die sogenaamde 'vervalste briewe' van Petrus met hierdie vernietigende opmerking: "Die Heilige Boek, die Bybel, is vol valse dokumente"? (Der gefälschte Glaube, bladsy 20). Dit is 'n verregaande eis en daarop nog 'n boosagtige leuen. Dit verwys hier na sogenaamde geleerdes, wat reeds deeglike voorbereidings-werk gedoen het. Dit is vermetel om diegene wat die Nuwe Testament geskryf het, te smaad met niks anders as vervalsings en hulle dus as misleiers te verklaar en gevolglik bybel-gelowiges as mislei aan te gee! Deur sulke misleidende maneuvers kan die stralende Waarheid nie verduister word nie.

Natuurlik was die vier evangeliste eenvoudige manne. Dat hulle onderskeidelike weergawes van die gebeure gedeeltelik uiteenlopend is, bewys net dat hulle nie die een van die ander af gekopieer het nie. Elkeen het geskryf soos hy gelei was om te doen, afhangende van of hy dit persoonlik gehoor of self meegeleef het, of, volgens die getuienis wat hy van iemand anders ontvang het. Wat beslissend is, is die feite wat selfsprekend is, en nie die gepaardgaande verskynsels nie.

Die katolieke teoloog en bybelvertaler, Dr. Konstantin Rösch, het die uiteenlopendheid van die vier evangelies vergelyk met die vier lewende wesens: leeu, os, man en arend, soos beskryf word in Openbaring 4 verse 6-8 (Menge) en ander skrifgedeeltes. Irenaeus het dit reeds in die vroeë Christendom beskryf as simbole van die vier evangelies. Die Bybel is inderdaad in beeld-taal en in gelykenisse geskryf. Matthéüs word gesimboliseer deur 'n leeu, Markus deur 'n os, Lukas deur 'n man en Johannes deur 'n arend. In die eerste hoofstuk van Esegiël word ons vertel van die vier lewende wesens wat elkeen 'n man se gesig gehad het (vers 5) en onder hulle vlerke was mensehande (vers 8). Elke lewende wese het vier gesigte gehad, maar het hul slegs met een voorgestel.

Elk van die evangelies beskryf in detail dieselfde voorkoms van die Verlosser; tog bied hulle elkeen Hom aan onder 'n ander gestalte. Intern is al hierdie lewende wesens soortgelyk, alhoewel hulle individueel elk 'n ander gesig wys. So is dit ook met die vier evangelies. Trouens, binne, in die hart, is hulle almal dieselfde. Tog stel die een die Here as Seun van die mens voor; die ander beklemtoon Sy goddelike krag in die simbool van die leeu, wat die koning onder die diere is; die derde stel Hom voor as die draer van die laste; terwyl die vierde evangelie Hom karakteriseer as die arend wat op die goddelike hoogtes sweef.

Daarom, as een van die evangeliste oor een saak berig terwyl die ander dit nie doen nie, of as een van hulle 'n saak baie belangriker ag as die ander, dan is dit so. Wanneer 'n evangelis skryf dat die Here 4,000 met sewe brode gevoer het, en 'n ander skryf dat hy 4,000 manne gevoed het sonder om vroue en kinders te tel, is dit omdat beide reg is. Die enigste verskil is dat een meer besonderhede gegee het as die ander. As een beskryf hoe twee blinde manne by die poorte van Jerigo gesond gemaak was en die ander sê dat daar slegs een was, is albei weereens reg. Een was teenwoordig toe dit gebeur het; Die ander evangelis, wat agterna gekom het, het net een van die geneesde blindes ontmoet, en dit is wat hy aanmeld. 'n Evangelis vertel ons dat albei die rowers wat gekruisig was met Jesus, Hom beledig het (Matt. 27:44); As ‘n ander ons vertel dat die rower aan die regterhand van Jesus berou gekry het en vir Hom gesê het: "Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom" (Luk. 23: 39-42), dan is albei weer reg. Aanvanklik het albei Hom bespot, maar een het genade gevind en op die laaste oomblik erken wie dit was wat saam met hulle gekruisig word en Hom aangeroep.

Die reaksie van die Here aan hom: "Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees", word deur die kritici verkeerd verstaan, soos vele ander. Volgens hulle gevolgtrekkings moes Jesus as gevolg daarvan vir 'n paar dae na Sy dood in die Hemel teenwoordig wees, alhoewel die Skrif sê dat Hy na die onderste wêreld neergedaal het. Hulle het nie verstaan ​​dat die plek van die saliges, tot die kruisiging en die inwerkingtreding van die Nuwe Verbond, was nie bo nie, maar benede. Lukas 16 vertel ons duidelik dat die plek waar die heiliges was, van die verdoemdes geskei was deur 'n kloof en geeneen kon toegang tot die ander kant kry nie. Almal wat hul hoop in die Verlosser geplaas het wat sou kom, was in hierdie rusplek soos in 'n gevangenis. Volgens Mattheus 27, vanaf vers 52, was hulle opgewek met Christus. Van daardie oomblik af is die paradys, die plek waar die saliges is, nie meer onder nie, maar bo. Christus het neergedaal na die onderste dele en almal wat gevange was en in Sy koms geglo het, met Hom opgeneem toe Hy opgestyg het (Efé. 4: 8-10).

Ook is daar geen teenstrydigheid wanneer een van die evangeliste berig dat daar by die opstanding van Jesus twee engele aanwesig was en met die vroue gepraat het (Luk. 24:4), en die ander het gesê daar was net een (Matt. 28; Mark. 16:5), of wanneer hulle deur een van die evangeliste binne in die graf gesien word en die ander sien hulle aan die buitekant. Alles stem tog inderdaad ooreen. Binne het die engele die plek aangedui waar die liggaam van Jesus neergelê was; Buite het hulle aangekondig dat Hy opgestaan ​​het. So het dit gebeur. Alhoewel twee teenwoordig was, het slegs een van hulle gepraat en daarom word net daardie een genoem. Daar is, God sy dank, nie net mense wat hulself "kritici" noem nie, maar ook vooraanstaande manne wat ons die harmonie van die Skrif oortuigend getoon het. Dr C.I. Scofield, 'n internasionaal-bekende bybelvertaler en -kenner, is een van hulle. Hy het 'n inleiding tot die evangelies geskryf wat geen twyfel in hierdie verband laat nie.

Kritici het ook glad nie die profetiese karakter van die Nuwe Testament verstaan ​​nie. So het hulle bv. vir Paulus verkwalik dat hy misgis was in sy eskatologiese verwagting toe hy geskryf het: "Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word …" (IKor 15:51). "ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here …" (IThess. 4:15), ensovoorts. Paulus moes in die teenwoordige vorm skryf omdat die Heilige Gees, wat in hom gewerk het, die hele verloop van die geskiedenis van verlossing aan hom bekend gemaak het. Die hele Nuwe Testament is op so 'n manier geskryf dat dit gedurende die hele tydperk van genade, tot die huidige tyd geldig is, dat dit verkondig en geglo kon word tot met die laaste geslag, wanneer die ooreenstemmende bybelgedeeltes oor die "perusia" van Christus vervul word. Dieselfde Paulus skryf oor homself: "… en die tyd van my heengaan is naby. Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee …" (IITim. 4: 6-8).

Daarbenewens was daar altyd mense wat in hulle tyd op die Wederkoms van die Here gewag het. Hy wat nie op hierdie Wederkoms reken nie, sal nie deel wees van die eerste opstanding nie, want hy dra nie 'n lewende hoop in homself nie. Martin Luther het ook geglo dat die einde naby was en hy het met die koms van Christus rekening gehou. Hy het selfs na die Antichris verwys as die "eind-Christus". Hy het geskryf: "In hierdie jaar 1540 is die aantal jare presies 5,500. Daarom is die einde van die wêreld te wagte, want die 6de millennium sal nie ten volle bereik word nie, net soos die drie dae waarin die gestorwe Christus nie ten volle uitgeloop het nie" —H. Heinz: Zwischen Zeit und Ewigkeit ("Tussen Tyd en Ewigheid"), bl. 137. Die gelowige wat 'n lewende hoop in hom dra, verwag die Wederkoms van Christus. Dit is vandag nog die geval. Daar is mense wat as gevolg van die vervulling van bybel-profesieë, ook in hierdie geslag staatmaak daarop.

Die hoogtepunt van blindheid wat by die kritici ingeprent is, word geopenbaar wanneer hulle beweer dat hierdie profesie van Christus: "Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur", misluk het (Matt. 24:34). Tog word in hierdie gedeelte van die Jode as 'n geslag gepraat en nie as 'n generasie van 'n sekere aantal jare nie. Ten spyte van die wreedste moorde teen die Jode, is hul ras tot vandag in stand gehou, soos dit in God se plan van verlossing bestem is en soos Jesus dit gesê het. Die aanhaling uit Matthéüs 10 vers 23: "… julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie", was heeltemal verkeerd verstaan ​​en verwar met Sy Wederkoms. Het Hy nie as die Seun van die mens, wandelend in die midde van die sewe goue kandelare, aan Johannes op die eiland van Patmos in Sy koninklike krag verskyn nie, naamlik in Sy koninklike Majesteit? "Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos 'n vuurvlam, en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en sy stem soos die stem van baie waters" (Openb. 1: 14-15). So, dit wat Jesus gesê het, is letterlik gedoen. Met die Woord van God kan elke argument, wat bedoel is om dit te bevraagteken, weerlêgbaar is.

Dit is nie Jesus en die apostels wat verkeerd was in die loop van die kerkgeskiedenis nie, maar bybelkritiese apologete en eksegete. Hulle praat en skryf tot vandag toe dit wat die slagoffers van dieselfde misleiding in hul monde gelê het sonder om daarvan bewus te wees. Maar daarmee openbaar hulle hul onkunde oor God se plan van verlossing. So oortuigend as wat hulle die historiese deel kon verduidelik, naamlik die afwykinge binne die Christendom, veral die universele kerk, misluk hulle beklaenswaardig wanneer dit kom by die Woord en die dinge van die Koninkryk van God. As 'n bybelgelowige Christen, kan ‘n mens eenvoudig nie stilweg toekyk, wanneer mense wat geen toegang het tot die Skrif en van wie die geopenbaarde heilsraad-besluite verborge is, alles bevraagteken en dit wat vals en teenstrydig is goedpraat, nadat hulle self mislei was.

Ons het nie 'n historiese bewys van die bestaan ​​van Jesus Christus nodig nie, want Hy is die sentrale punt van die geskiedenis van verlossing, en nie van die geskiedenis soos deur die mensdom vervat nie. Die feit dat Josephus of 'n ander historikus oor Hom geskryf het of nie geskryf het nie, is nie te debatteer nie. Die profete en apostels het van Hom gepraat omdat hulle direkte opdrag ontvang het. Dit is geloofwaardig en genoeg. Van my kant af glo ek almal wat teenwoordig was, toe iets bonatuurlik gebeur het en wie dit aan ons oorgedra het. Vanaf die geboorte van Christus, tot met Sy hemelvaart, het ons waaragtige getuies, wie met hul eie oë gesien en met hul eie ore gehoor het. Vandag, net soos destyds, swyg hulle oor die bonatuurlike dinge wat God nog op aarde doen. Omdat dit nie in gevestigde kerke en godsdienste gebeur nie, bereik dit nie koerant-beriggewers nie. Vir die gelowige is die gegewe getuienis egter alles genoeg en niemand voel die behoefte om die valse getuies van die Woord, wat baie later gekom het, te hoor nie.

Wanneer kritiese kerkgeskiedkundiges van ‘n vervalste en gemanipuleerde geloof skrywe, is dit onmoontlik dat dit oor die vroeë Gemeente en oor die handelinge van die apostels, dit wil sê, oor die vroeë Christendom en die nuwe-testamentiese Gemeente sal wees. Die gemanipuleerde en verwronge geloof, die vervalste leerstellings en boodskappe, is dié wat nie met die Heilige Skrif saamstem nie en wat eers later verskyn het.