Omsendbrief Desember 2015

Terwyl Hy lei, wil ek Hom volg

« »

Ek word telkens gevra, veral deur dienende broeders, hoe en wanneer ek Broeder Branham geleerken het en watter ervaringe die belangrikste vir my was.

In die Pinkstervergaderings van die Elim Pinkstergemeente van prediker Paul Rabe in 1949 in Hamburg, aan Bachstraat, het die bekende prediker David DuPlessis uit Suid-Afrika en Hal Herman van Los Angeles, in die VSA, gepraat en vir die siekes gebid. Dit is van Hal Herman dat ek die naam William Branham vir die eerste keer gehoor het in verband met die besondere genesingsgawe.

In 1951 het ek deelgeneem aan byeenkomste van die Vrye Pinkstergemeente in Hamburg op Eimsbüttelerstraat met Oscar Lardon. Daar het ook 'n Duits-amerikaner uit New York gepraat, Hans Waldvogel, en die Switsers-amerikaanse Richard Ruff, wie toe ook William Branham se besondere genesings- en sienersgawe genoem het. Na dit het die genesings-herlewing wat met William Branham begin het, oral om die wêreld heen versprei.

In 1953 het ek van Albert Götz, die stigter van die "Mehr Licht-Verlags" ("Meer Lig-Uitgewers") in Hamburg, die Duitse uitgawe van die boek "William Branham – A Man Sent From God" verkry. Die skrywer was die Amerikaner Gordon Lindsay van Dallas, Texas. Wat daarin berig word, het my baie beïndruk.

Toe ek verneem dat William Branham van 12 tot 19 Augustus, 1955, spesiale vergaderings in Karlsruhe gaan hou, het ek seker gemaak dat ek daaraan deelneem. Daar het ek vir die eerste keer self 'n oog- en oorgetuie van sy oorweldigende bediening geword. Wat in die profetiese bediening van onse Here gebeur het, was voor ons oë herhaal. Soos Hy vir Natanael kon sê: "Voordat Filippus jou geroep het toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou gesien" en vir Petrus, toe Hy hom die eerste keer ontmoet het: "Jy is Simon, die seun van Jona" (Joh. 1), of die vrou by die put, oor haar lewe (Joh. 4), ens., so het dit gebeur in die profetiese bediening van Broeder Branham. In die gebed vir die siekes het Broeder Branham in visioene dinge gesien oor die persoon vir wie hy bid, dinge wat hy nie kon geweet het nie. As hy dan sê wat hy sien, het dit die geloof van die siekes sodanig versterk, dat hulle genees geword het. Hy het hom met dié profeties sieners-gawe op Johannes 14, vers 12 beroep: "... die werke wat Ek doen, sal hy ook doen" en bowenal op Johannes 5, vers 19: "... die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie". Net soos die Seun van die mens, Jesus Christus, die beloofde profeet (Deut. 18:18), het Broeder Branham in visioene gesien dit waaroor hy met hulle gepraat het.

Ons was almal oorweldig deur die buitengewone, bonatuurlik-bevestigde bediening, want voor ons oë kon blindes sien, dowes kon hoor en die verlamdes weer loop. Jesus Christus het dieselfde nou gedoen soos wat bekend was toe Hy op aarde gewandel het (Heb. 13:8). Vanaf die eerste byeenkoms, het ek geweet dat hierdie man van God gestuur is, want niemand kon doen wat hier gebeur het nie, tensy God met hom is. Natuurlik het ek verlang om hierdie man van God persoonlik te ontmoet.

Op Maandag 15 Augustus, 1955, het die geleentheid my geval. Sulke nederigheid en hartlikheid, het ek nie voorheen belewe nie! Toe ek naby die ontvangs van die hotel gestaan het, het Broeder Branham in die voorportaal gekom en my gekyk, sy regterhand 'n bietjie na my toe opgelig en gesê: "U is 'n prediker van die evangelie; u vrou staan ​​daar by die ingang". Daarna het 'n handdruk gevolg en 'n kort gesprek. Hierdie ervaring het my so diep beïndruk, dat ek kontak wou hou met die man van God.

Dus het ek in Junie, 1958, die geleentheid benut om aan die groot 'Voice of Healing'-konferensie in Dallas, Texas, deel te neem. In die oggend- en middag-byeenkomste het 'n paar wêreld-bekende evangeliste gepraat en in die aande was Broeder Branham die hoofspreker. Ek het die verskil gesien en het met Broeder Branham voor een van die vergaderings gepraat. Ek wou weet waaroor dit gaan in sy bediening, wat van al die ander verskil het. Hy het geantwoord: "Ek het 'n boodskap wat ek moet bring". Aan die einde van die gesprek het hy gesê: "Broeder Frank, jy gaan met hierdie boodskap na Duitsland terugkeer". Twee jaar tevore het ek saam met my vrou na Kanada geëmigreer, 'n huis gekoop en wou vir altyd daar bly. Maar ek het sy woorde as so spreek die Here aangeneem. Dus is ons die daaropvolgende Augustus weer terug na Duitsland toe. Broeder Branham het my gevra, tydens ons gesprek in Dallas, om na die 'tapeboys' Leo en Gene te gaan, wat sy preke opgeneem het. Ek het vyf band-opnames van hulle af gekry en my adres gelos. Aan die begin van sy preek "We would see Jesus" ("Ons wil Jesus sien"), op 12 Junie, 1958, het Broeder Branham verwys na ons gesprek, deur te sê: "'n Man uit Duitsland het net vroeër sy arm om my gesit, net vroeër, waar ons gemiddeld tien duisend bekerlinge elke aand gehad het, vyftig duisend in vyf aande".

Van toe af was bandopnames van al die preke van Broeder Branham aangestuur aan my. Dus kon ek sy bediening sonder onderbreking tot op die einde volg. In Desember, 1959, het ek in 'n klein gebedsgroep in Krefeld, begin om die preke te vertaal. Op 28 November, 1963, het Broeder Branham tydens 'n byeenkoms gesê: "Die bandopname-bediening is 'n wêreldwye ding, oral. Ek dink dit is God se manier om die boodskap na die heidense lande te laat deurdring, daar waar dit dan vertaal kan word. In Duitsland, ensovoorts, neem hulle die bande na die byeenkomste van honderde en honderde mense; en sit klein goedjies in hulle ore, dan maak hulle 'n bandopname. En net soos ek nou staan en praat, staan die prediker en maak dieselfde uitdrukkings in sy taal, ​​voor honderde mense, dit wat ek praat ... ".