Omsendbrief Desember 2015
Die besonderse ervaring op 2 April, 1962, van my roeping en sending tot die bediening, is aan almal bekend. Ek het toe al sedert 1952 gepreek, want ek het geroep gevoel om dit te doen. Maar daardie dag het ek die alles-deurdringende, gebiedende stem van die Here die volgende woorde hoor uitspreek:
"My kneg, jou tyd vir hierdie stad sal binnekort verby wees. Ek gaan jou na ander stede stuur, om My Woord te verkondig".
Ek sê toe: "Here, hulle sal nie na my luister nie. Hulle het alles in oorvloed en lewe in gemak".
Daarop het die Here geantwoord: "My kneg, die tyd sal kom dat hulle na jou sal luister. Sorg daarvoor dat voedsel en kruideniersware vir julle ingesamel word, want daar kom 'n groot hongersnood. Dan moet jy in die midde van die mense staan en die voedsel uitdeel ...". Toe volg die opdrag: "My kneg, stig geen plaaslike gemeentes nie en deel nie 'n gesangboek uit nie, want dit is 'n teken van 'n denominasie".
Omdat natuurlike lewensmiddele soos aartappels, meel en olie genoem was, het ons regte lewensmiddele in die kelder opgestoor. Omdat dit in die tyd van die Berlynse krisis, die Kubaanse missielkrisis en die klimaks van die Koue Oorlog was, het ons gereken op 'n groot komende ramp. Dit was in Augustus, 1961, dat die Berlynse Muur gebou was en in Oos- en Wes-Duitsland, ja, deurgaans Europa was mense gespanne, oor wat alles volgende sou gebeur.
Toe die maande verloop en daar geen hongersnood was nie, het ek 'n groot innerlike noodgevoel gekry, dat ek nie meer wou preek nie. In November het ek Broeder Branham gebel en gevra om hom dringend te sien. Dit het toe op Maandag, 3 Desember, 1962, plaasgevind met twee broeders, Fred Sothman en Banks Wood teenwoordig. Ek het oorkant Broeder Branham aan tafel gesit en kon sien dat hy 'n visioen sien, want sy regteroog was effens toe. Toe herhaal hy die presiese bewoording van my roeping, en sê aan my dat dit geen aardse voedsel en hongersnood was, soos ek aangeneem het nie, maar dat dit gaan oor die beloofde Woord vir hierdie tyd — die geestelike voedsel wat ek moes opstoor.
In sy preek van 1 April, 1962, het hy gepraat oor die opdrag wat hy gegee was. Dit is, om die voedsel in Jeffersonville op te stoor. Dit het gebeur deur die preke wat op band opgeneem was. Daarom was al die preke na my toe gestuur. Hy het my ook vertel dat ek met die uitdeel van die voedsel — nie met die prediking van die Woord nie — moes wag, totdat ek die res sou kry wat daarby behoort. Aan die einde vra hy my toe of ek in sy plek by die 'Christian Businessmen’s Fellowship', by Demos Shakarian in Los Angeles kon praat, aangesien hy besig was met voorbereiding om na Tucson, Arizona, te verhuis. Omdat my terugvlug in elk geval via Los Angeles beplan was, het ek met graagte ingestem.
Dit beteken vir my baie dat ek persoonlike kontak met Broeder Branham gehad het, in sy huis was, saam met hom geëet het, saam met hom in sy motor gery het. Ook die telefoonoproepe en 23 briewe van hom — die eerste was op 11 November, 1955, die laaste op 30 September, 1965 — behou ek in waardevolle herinneringe. Maar die belangrikste was die verbinding op geestelike vlak, dit wat God bestem het.
Soos vir almal wat na aan Broeder Branham bestaan het, was sy skielike dood ook vir my 'n groot skok, hoewel ek hom in 'n visioen op 24 Desember, 1965, op 'n wolk gesien opstyg het. 'n Dag voor sy begrafnis op 11 April, 1966, is ek toegelaat om Broeder Branham by die begrafnisondernemers nog eenmaal te sien: met 'n sagte glimlag op sy gesig het hy in die kis gelê, sonder enige sigbare wonde. By die begraafplaas het die leidende broeder die treurende gemeente begroet met die woorde: "Ons is hier vir die opstanding van die profeet". Die vergaderdes het daardie Paassondag in 1966 gereken dat hy sal opstaan. Maar dit het nie gebeur nie en so is sy oorskot onder die lied "Only believe, Only believe ...", in die graf geplaas. My geestelike wêreld en al my hoop op die bediening van Broeder Branham, was vir my aan skerwe. Toe ek na my hotelkamer terugkom, het 'n diepe vrede my egter gevul en het dit in my hart gesê: "Dit is nou jou tyd, om van stad tot stad en van land tot land, die boodskap te gaan verkondig".
In die volgende twee dae, 12 en 13 April, het ek die broeders in Jeffersonville bymekaar geroep. Al die ander wie van buite die stad gekom het, het ná die begrafnis teleurgesteld teruggekeer huistoe, behalwe Lee Vayle, wat die boek "The Exposition of the Seven Church Ages" ("Die Eksposisie van die Sewe Kerkeeue") geskryf het. Tot dan was daar slegs dié boek oor die kerkeeue en die 48-bladsy brosjure "The Laodicean Church-Age" en die boeke "Twentieth Century Prophet" en "A Prophet visits South Africa". Op daardie stadium was daar nog nie 'n enkele preek van Broeder Branham gedruk nie en het niemand ook gedink om dit te doen nie. Ek het voorgestel dat Roy Borders, Broeder Branham se sekretaris, wie ek ook persoonlik geken het, verantwoordelik moet wees daarvoor. Ons het ooreengekom dat die band-opnames van die preke in druk oorgesit word, en as brosjures uitgedeel moes word, sodat dit in ander tale vertaal kon word.
In my eerste engels-gepubliseerde brosjure, "Only believe the Thus Saith the Lord", het ek die bediening van Broeder Branham bekendgestel. Die totale uitgawe van 85,000 eksemplare was met die Jeffersonville adres aan al die lande gestuur, waar ek gepreek het. So kon almal wat belangstel, die gedrukte preke in Engels uit die VSA gestuur word. In Krefeld het ons begin met die vertaling en publikasie van die gedrukte preke in die Duitse taal.
Reeds in 1966/67 het ek vergaderings in 25 stede in Wes-Europa gehou waarby Broeder Pearry Green op my uitnodiging getuienis afgelê het van wat hy tydens Broeder Branham se vergaderings belewe het. Toe begin die broeders in ander tale vertaal. So was die mondelinge kennis oor die boodskap, ná die heengaan van die profeet, aangevul deur die verspreiding van die gedrukte preke. Vanaf 1968 het ek ook oral in Oos-Europa gepreek, ingesluit Moskou. Toe volg Kaïro, Damaskus, Beiroet en baie ander plekke op alle kontinente, waar ek die bybelse boodskap kon verkondig het. Daar was 14 ryklik-geseënde jare, onder die direkte leiding van die Here, wat in 85 lande vele vrugte voortgebring het vir die koninkryk van God.
Toe kom die jaar 1979, toe die hele hel oopgemaak het, wat vir my en die werk van God deur die ergste lastering en opsetlike karakter-moord wou vernietig. Selfs oor die goddelike roeping was daar gelaster en was dit bevraagteken. Dit is net aan God en Sy genade te danke, dat die vyand nie daarin geslaag het om God se werk te vernietig nie.
'n Nuwe tydperk was begin waarin aan die lig gekom het dat twee verskillende sade na vore gekom het: een die Woord-saad, die ander dié van verleiding. Albei bid tot God soos Kain en Abel, albei sing dieselfde geestelike liedere. Maar die onderskeid is duidelik sigbaar: die een laster, die ander word gelaster, die een haat en die ander word gehaat, ens.
Onder die valse invloed was daar verwarring en verdeeldheid, sodat daar oral sogenaamde "boodskap-gemeentes" tot stand gekom het. Daar het nog nooit 'n verdeeldheid deur 'n goddelik-geplaaste bediening gebeur nie. Die kenteken van diegene wat onder valse inspirasie en onder hul eie lering staan, is dat hulle dissipels agter hulle aan trek (Hand. 20:30). Om dan hul eie lering aan hul ondersteuners te regverdig, skuil hulle agter die profeet, wat altyd vorentoe gestoot word. "Omdat", beweer hulle, "almal die Bybel het, maar niemand dit verstaan nie". So word dit wat die profeet gesê het, nie teruggeneem en geïdentifiseer in die Bybel nie, maar bo die Bybel gestel, hoewel die profeet tientalle kere daarop aangedring en die woorde in Openbaring 22 beklemtoon het: "As iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad …".
Niemand is meer dankbaar vir Broeder Branham se bediening as wat ek is nie; sy bediening was tog immers net soos die wat onse Here self gehad het. Die man William Branham was die God-gewyde houer, wat deur die Here gebruik was. Die onfeilbaarheid en die bonatuurlike wat in sy bediening plaasgevind het, kan en mag slegs aan God opgedra word. Daarom behoort alle eer, alle dank, alle aanbidding, aan God alleen, in die Naam van die Here Jesus Christus. Tot die profetiese bediening behoort egter ook die leringsbediening, sodat alles ooreenkomstig die verlossingsplan van God, bybels georden kan wees. Dat die Here my daartoe bestem het om aan alle nasies die geopenbaarde Woord as die laaste boodskap te verkondig, was Sy besluit. Ek wou dit nie hê nie, en het ook nie daarvoor gevra nie. Maar ook dit moet weer gesê word: Soos daar sonder 'n boodskapper, geen boodskap kan wees nie, so sou die wêreld ook nie sonder hierdie goddelike roeping, van die boodskap gehoor het nie.
Broeder Branham is 50 jaar al nie meer op die aarde nie, en kan dus self glad nie die Wederkoms van Christus, waarop ons nou wag, voorafgaan nie, soos daar verkeerdelik beweer word. Maar die bybelse boodskap wat hy gepreek het, word aan al die nasies verkondig. Die Here het Sy boodskapper geneem maar die boodskap word steeds wêreldwyd uitgedra. Die boodskap is dit wat in die Woord van God staan — nie interpretasies van dit wat Broeder Branham gesê het nie.
Natuurlik was hy tot aan die einde toe in groot afwagting op die dinge wat God sou doen, en ons sal alles meelewe en in vervulling sien, wat God in Sy Woord belowe het. Aanhaling: "Daar sal so 'n krag in die Gemeente kom, wat dan gaan neerdaal. Die Heilige Gees sal die mense so salf dat hulle die woord sal uitspreek en dit skeppingskragtig sal werk ... die Gemeente word in hierdie posisie gebring, sodat die volheid van die krag van die Heilige Gees in die Gemeente inkom. Dit sal net 'n kort tydjie neem. Let wel: dit sal nie lank duur nie, maar dit sal daar wees" (13 Maart, 1960).
Aanhaling: "Maar wanneer daardie tyd kom — wanneer daardie druk begin, dan sal dit wat nou tydelik gesien word, in die volheid van sy krag gemanifesteer word" (29 Desember, 1963).
Soos dit in Josua se tyd gesê kon word, sal dit uiteindelik wees: "Geen woord van al die beloftes wat die Here aan die huis van Israel gegee het, het onvervuld gebly nie; alles is nagekom" (Jos. 21:45).