Circular Letter
Omsendbrief Desember 2020
Ewald Frank
Navigate
Kapitel
expand_more
Navigate
Kapitel
Navigate
Kapitel
Jump to any chapter without leaving the reader.
Kapitel 3
Die profetiese bediening
3 / 5
Dit het 'n baie groot betekenis vir my, dat ek die man van God, William Branham, tien jaar lank persoonlik geken het; dat ek in sy byeenkomste die proklamasie van die volle Evangelie van Jesus Christus en die bonatuurlike werking van die Gees van God met die siekes, kon meelewe. Wat die bediening van broeder Branham betref, moet Amos 3, vers 7, beklemtoon word, soos hy dit ook self dikwels gedoen het: “Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie”. Hierdie goddelike feit is van die grootste belang; Ek vra respek vir wat God gesê het.
Ons Verlosser word as profeet aangekondig in Deut. 18, vers 15: “’n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die Here jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister”. In Handlinge 3: 22-23 bevestig die apostel Petrus die belofte aangaande Jesus, as vervul: “Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek. En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word”. In Jesaja 42, vers 1, word die Here, ons Verlosser, ‘n kneg genoem: “Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel 'n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring”, waarvan ons die bevestiging vind in Matthéüs 12, vers 18: “Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel 'n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig”.
'n Ware profeet is 'n dienskneg van God deur wie die bediening van die Here direk voortgesit word. As 'n profeet sien hy vooraf in 'n visioen wat God doen, en as dienskneg voer hy dit uit, in gehoorsaamheid. Dit het ek persoonlik ondervind in die bediening van broeder Branham, in sy byeenkomste. Hy het van homself gepraat as 'n profeet en ook as 'n dienskneg. Wat hy in gesigte gesien het as 'n profeet, het hy uitgedra as 'n dienskneg. So het die Here hom gereeld gewys tydens die gebed vir siekes, wie die persoon is wat voor hom in die gebedslyn gestaan het, waarvandaan die persoon kom en watter siektes hulle het. Gelei as dienskneg het hy die opdrag uitgevoer en kon bv. sê: “Jy is genees van kanker”. Deur openbaring kon hy ook aan my vyf keer die besonderhede aangaande my bediening bevestig. Broeder Branham het altyd benadruk dat dit dieselfde bediening was, soos wat die Here, ons Verlosser, destyds uitgevoer het.
Met verwysing na die sienersgawe, het broeder Branham telkens na drie voorvalle in die bediening van onse Here verwys: Toe Hy Petrus die eerste keer ontmoet, kon Hy vir hom sê: “Jou naam is Simon en jou vader se naam is Jonas”. Hy kon vir Natánael sê: “Voordat Filippus jou geroep het, het Ek jou onder die vyeboom gesien” (Johannes 1). Hy kon vir die vrou by die put sê: “Jy het vyf manne gehad en die een wat jy nou het, is nie jou eggenoot nie” (Johannes 4).
Dieselfde profetiese gawe was deur die jare heen in die bediening van broeder Branham gesien en gehoor. Hy kon keer op keer sê: "So spreek die Here ...", en elke keer het dit gebeur presies soos hy dit gesien het. Dit staan nie net geskryf “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid"(Heb. 13:8) nie, Hy het Homself ook in ons tyd, voor my eie oë, as dieselfde geopenbaar, sondaars gered, gebondes bevry en siekes genees. Dit kan miljoene gelowiges getuig.
Die afgelope paar jaar het ons herhaaldelik berig oor sy roeping en sending en van wat die Here God in die bediening van broeder Branham gedoen het. Nou wil ek slegs kortliks verwys na die gebeurtenis van 28 Februarie, 1963, wat vooraf aan die man van God geopenbaar was. Dit het op Sunset Mountain, Arizona (VSA) gebeur, ongeveer 67 kilometers vanaf die stad Tucson: die Here het in die bonatuurlike wolk neergedaal, waarin daar sewe engele was. Daar is hy opdrag gegee om na Jeffersonville terug te gaan omdat die tyd van die openbaring van die sewe Seël aangebreek het. Vanaf 17 tot 24 Maart, 1963, het die man van God toe gepreek oor die sewe seëls.
Verskeie tydskrifte in die VSA het oor die misterieuse wolk berig. Dit was die onderwerp van die dag in die pers. Maar wie van al die evangeliste, van al die predikers tot vandag toe, het daarvan kennis geneem? Almal het hul programme, maar is nie bewus van wat God belowe het vir hierdie tydsbestek nie. Sonder om daarvan bewus te wees, verwerp hulle so die raad van God vir hulle, net soos die geestelike leiers destyds dit verwerp het (Luk. 7:30). So was dit in die godsdienstige wêreld met die eerste koms van Christus en so is dit ook nou voor Sy Wederkoms. Net soos die Here Sy profeet Johannes gestuur het vir die mense om voor te berei vir die Here, om die Skrif te vervul, so gewis was die man van God, William Branham, op 11 Junie, 1933, tydens die doop in die Ohio rivier vanuit die bonatuurlike Wolk toegeroep: “Soos Johannes die Doper die eerste koms van Christus vooruit gegaan het, word jy ook gestuur met 'n boodskap wat die Wederkoms van Christus sal voorafgaan”. Vandag kan ons met sekerheid sê: hierdie opdrag is uitgevoer.
Available translations
PDF
EPUB