Circular Letter
Omsendbrief Desember 2020
Ewald Frank
Navigate
Kapitel
expand_more
Navigate
Kapitel
Navigate
Kapitel
Jump to any chapter without leaving the reader.
Kapitel 4
Wat is ware geloof?
4 / 5
Broeder Branham het op 24 November, 1963, ‘n preek gelewer met die titel “Drie Soorte Gelowiges”, waarin hy praat oor die ware gelowiges, die skyn-gelowiges en die ongelowiges. Abraham is die voorbeeld van ware geloof en word selfs die “vader van die gelowiges” genoem. “Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken” (Rom. 4:3). Die apostel Jakobus het die ware geloof verbind met daadwerklike gehoorsaamheid en geskrywe dat geloof sonder daaruit-vloeiende werke, nutteloos is. Hy het gesê: “Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun op die altaar geoffer het nie? Sien jy dat die geloof met sy werke saamgewerk het en dat die geloof volkome geword het uit die werke? En die Skrif is vervul (Gen. 15:6) wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n vriend van God genoem” (Jak. 2: 21-23).
Wanneer onse Here sê: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word”(Mark. 16:16), waar staan ons dan met diegene wat beweer dat hulle glo, maar die geloofsdoop verwerp? Dan is die geloof nie verbind met die daad nie. Dit gaan nie oor ons eie werke wat ons verrig nie, maar gehoorsaamheid aan die Woord is wat onse geloof bewys. Wat van almal wat beweer dat hulle glo, maar dit wat die Here, byvoorbeeld, in die sendingopdrag in Markus 16 gesê het, verwerp? Is sulke mense regtig gelowig of net skyn-gelowig? Onse Here het gesê: “wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen” (Joh. 14:12) en: "En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg …” (Mark. 16:17). Slegs as die Here God persoonlik deur Sy Woord met iemand praat en die belofte maak, sal die persoon glo, in gehoorsaamheid doen wat die Skrif sê en die beloftes daarin, ervaar.
Wat die skyn-gelowiges betref, moet dit met pyn gesê word: Hulle glo, leer en bid verby God. Mense wat hulself op God se Woord beroep, maar slegs self-gemaakte preke in hul eredienste hoor, wat tot self-gemaakte oortuigings lei, soos dit in alle denominasies die geval is, is net skyn-gelowig. Dit is bekend dat alle Christelike kerke hul eie geloofsbelydenisse het, wat selfs "apostolies" genoem word maar niks in gemeen het met die leer van die apostels nie. Benewens die sogenaamde "apostoliese-" is daar ook die Niceaanse- (325 nC), Chalcedoniese- (381 nC) en ander geloofsbelydenisse.
Die een ware, apostoliese geloofsbelydenis word egter slegs in die Bybel gevind, as 'n nalatenskap van die Nuwe Testament. Vir ware gelowiges geld steeds die volgende: “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê ...”(Joh. 7:38). Aan almal wat hul eie leringe glo, spreek die Here: “... Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is” (Matt. 15:9). Die volgende geld vir ewig: “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid” (Joh. 4:23). Hier moet ons die ernstige vraag vra: Wie glo ons nou eintlik? Glo ons wat God in Sy Woord gesê en belowe het, en wat in die vroeë Christendom beoefen is, of glo ons die insettinge en mensgemaakte leerstellings wat in 'n Christelike kerk geleer word?
Ongelowiges is nie net diegene wat nie kan glo nie en vir wie God nie bestaan nie; dit is van die grootste betekenis wat die man van God, William Branham, gesê het oor ongeloof en die val van die mens in die paradys. Dit is een van die belangrikste openbarings wat Hy van die Here ontvang het aangaande die Verlossingsplan. Aanvanklik het Lucifer in die hemel in opgestand gekom en wou homself gelykstel aan die Allerhoogste, maar is toe met almal wat hom gevolg het, neergewerp (Jes. 14: 12-15). Die val van die mens in die paradys het ontstaan omdat Satan, in die vorm van die slang, dit reggekry het om met Eva te redeneer en met die woorde: “Is dit ook so dat God gesê het ...?”, twyfel te saai oor wat God vir Adam gesê het. So het ongeloof gekom, wat ongehoorsaamheid meegebring het. Die mensdom is deur die verleiding tot sonde gemaak en sodoende in die dood verskeur. Om die ware geloof te beklemtoon, het onse Verlosser gesê: “…as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe” (Joh. 8:24). Ware geloof kan selfs nou nog net geanker wees in diegene wat waarlik in Jesus Christus glo en in wat God in Sy Woord gesê het. Ongeloof word altyd verbind met twyfel wat die saai.
Elkeen moet homself laat ondersoek of hy volgens die Skrif werklik 'n gelowige is en elke Woord van God met die hele hart glo, elke belofte wat die Here gegee het, aanvaar, en innig met God verbind is. Die ware gelowiges behoort tot die uitverkorenes, word deur die Woord en die Gees van God wedergebore en word in die hele waarheid gelei. Hulle glo in die goddelike roeping van William Branham, wat die bybelse boodskap gebring het, en in die goddelike roeping van die draer van die bybelse boodskap, wat dit na die hele wêreld uitgedra het.
Die waaragtige gelowiges is bekend met die tyd en die uur waarin ons lewe. Hulle het uit alle godsdienstige tradisies en leringe, wat nie bybels is nie, uitgekom, en word geheilig in die Woord van die Waarheid. Die Verlosser se gebed is: “Heilig hulle in U waarheid: U woord is waarheid” (Johannes 17:17). Dit begin met die godheid: die ware leer getuig van net een God. Nie een keer is die woord ‘Drie-eenheid’ of ‘Drie-enige God’ in die Bybel te vinde nie; ook van drie ewige persone is daarin geen sprake nie. Die Bybel ken net die enige ware God, wat Sy eie verlossingsplan aangekondig het. Hy het Homself in die hemel as Vader en op aarde in Sy Seun, Jesus Christus (“Emmanuel”, God met ons) openbaar en werk deur die Heilige Gees in die verloste Gemeente.Nie een keer staan die formule "in die Naam van die Vader, in die Naam van die Seun, in die Naam van die Heilige Gees”, in die Bybel nie.
Wat die doop ook betref, gehoorsaam hulle wat Petrus onder die salwing en inspirasie van die Heilige Gees op die stigtingsdag van die nuwe-testamentiese Gemeente, gesê het (Hand. 2: 38-41). Petrus het die sendingopdrag verstaan en presies uitgevoer. Ook Filippus (Hand. 8:16), Paulus (Hand. 19:5), en alle gelowiges in die eerste eeue, het diegene wat gelowig geword het, in die Naam van die Here Jesus Christus gedoop. Want dit is die naam waarin God Homself aan ons, as Vader in die Seun en deur die Heilige Gees, openbaar. Die Woord uit Efésiërs 4, vers 5, is nog steeds geldig: “...een Here, een geloof, een doop ...”.
Almal wat nou regtig glo, is gehoorsaam en ervaar wat in IIKorinthiërs 6: 17-18 geskrywe staan: “Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige”. Hulle ondervind nou, deur ‘n bonatuurlike werk die voleinding van die Heilige Gees. Die Here God sal die vroeë- en laatreën op 'n kragtige manier stuur, soos vooruitgespreek deur die Apostel Jakobus, onder die salwing en inspirasie van die Heilige Gees: “Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het” (Jak. 5:7). Selfs die profeet Joël het onder die salwing en inspirasie van die Heilige Gees aangekondig (2:23): “En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die Here julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen”.
Ons kan ook bly wees dat ons, soos geskryf deur die apostel Petrus, “... in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd” (IPet. 1:5). Ons het in die laaste tyd aangekom. Op die oomblik moet ons nugter en normaal op alle terreine bly en in die huidige situasie integreer, sodat ons geen skande op die Naam van die Here Jesus bring nie.
Daar moet weereens beklemtoon word dat daar geen dwaallering-misleides, ooit in die hemel gevind sal word nie. Die Here het genade gegee dat ons deur die finale boodskap honderd persent na die Woord van God en die leer van die eerste apostels teruggebring word. Elkeen wat dit nie respekteer nie, het die dag van God se genadige besoek nie erken nie (Luk. 19: 42-44).
In Lukas 21 het die Here baie dinge aangekondig wat sou gebeur en met verwysing na die eindtyd gesê: “... en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid ... En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is ... So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur ... Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (verse 25-36). Die Here het ons die belofte gegee: "En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld”(Matt. 28:20).
Broeder Branham het sy profetiese sending uitgevoer en die geestelike voedsel opgestoor. Ek het ook gedoen wat die Here my beveel het, deur die profetiese Woord volgens die leer te orden en die geestelike voedsel te versprei, soos die Here dit op 19 September, 1976, bevestig het (Matt. 24: 45-47). Deur die genade van God kon ek ook alle moeilik-verstaanbare woorde van broeder Branham in die Woord van God plaas, soos Petrus kon skryf met verwysing na Paulus se briewe: “... net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte”(IIPet. 3: 15-16). Ek kan getuig dat ek gedoen het wat Paulus destyds aan Timoteus geskryf het: “verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering”,soos die Here my met 'n groot stem in Marseille beveel het. Daarom het ek net die Woord verkondig en enige interpretasie geweier.
Soos Paulus, kan ek ook getuig: “Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor ...” (IITim. 4:17).
Alle broeders wat waarlik 'n goddelike bediening het, deel die geestelike voedsel uit — die geopenbaarde, suiwer Woord. Die tafel van die Here was nog nooit so ryklik gedek soos in ons tyd nie. Nou gaan ons onsself in vurige gebed bymekaar verenig, en die Here self sal Sy verlossingswerk met groot krag tot voltooiing bring (Rom. 9:28). Heel aan die einde, soos broeder Branham dit gesien het, sal die Bruid in geestelike gelid stap en God sal ons gebede verhoor, sodat dit wat ons in die geloof sal uitspreek, kan gebeur. Dit is belangrik dat ons in die Woord en wil van God bly, want net dan kan Sy plesier op ons rus.
Available translations
PDF
EPUB