Circular Letter
OMSENDBRIEF DESEMBER 1973
Ewald Frank
Navigate
Kapitoly
expand_more
Navigate
Kapitoly
Navigate
Kapitoly
Jump to any chapter without leaving the reader.
Kapitola 4
Slotsom
4 / 7
My opdrag bestaan uitsluitlik daarin, dat die God-geopenbaarde Woord oorgedra word; dat die opgestoorde voedsel uitgedeel word. Ek wil graag hierdie roeping pligsgetrou uitvoer en my nie by enige spekulasie inlaat nie. Ons staan vasberade teen alle en enige eie uitlegging van die Heilige Skrif en die geopenbaarde Woord in hierdie tyd. Ons distansieer onsself bewustelik van elke broeder en enige groep wat nie by die Woord van God alleen hou nie.
Dit is voor-die-hand-liggend dat die Here God die profetiese Woord met Sy uitlegging en vervulling bekend gemaak het. Ook het die Here alle bybelse leringe in die gemeente opnuut op die kandelaar geplaas. Die hele Raad van God is verklaar, soos Hy dit geopenbaar het aan Sy dienskneg en profeet. Daar is nou geen rede, dat ons oor sekere dinge moet besluit nie. God het alles vasgelê, en dit is genoeg. God het reeds bepaal of daar drie of sewe jaar sal wees, na die Wegraping van die Bruidgemeente tot die vestiging van die millennium. Hy sal ons nie daaroor uitvra, om te sien of ons reg of verkeerd daaroor was nie. Vir ons is dit belangrik dat ons die boodskap van die eindtyd vir ons voorbereiding en volmaaktheid gebruik, sodat ons sodoende in staat kan wees om deel te neem aan die bruilofsmaal van die Lam.
'n Dienskneg van God is nie twisgierig of eiesinnig nie. Hy dikteer nie sy kennis dogmaties aan ander nie, maar verkondig die Woord van God in die liefde van God, aangedryf deur die Heilige Gees. Paulus het die geestelike standpunt, die ware gesindheid van ’n dienskneg van God vir die verkondiging duidelik uiteengesit in IKorinthiërs 2.
Ons moet in alles deeglik en waar wees. Na die heengaan van Broeder Branham, het ons vergaderings met broeders van die VSA in Europa gehad. Wat ons vertel was, het ons geglo volgens die Woord van die Skrif: “... liefde glo alles”. In die volgende jare het ons alles deeglik nagegaan soos hulle in Berea, en ondersoek ingestel of dit so was. Wanneer dit gaan oor beweerde uitsprake van Broeder Branham, neem ons gevolglik slegs as basis van ondersoek, dit wat alles op die bande vasgelê is, van wat Broeder Branham in die byeenkomste gesê het.
Tot dusver het ons dit nog nie teëgekom waar Broeder Branham van 'n kalender gepraat het, wat vanself oopgegaan het en by die jaar 1977 gestop het nie. Hy het die jaar 1977 telkemale in verskillende kontekste genoem. Absoluut niks verander in die betekenis daarvan nie. Die broeders van die VSA kon dit ook nie vind nie. Hulle het net vertel dat dit in 'n manuskrip gestaan het. So, ons moet dit daar laat. Niemand moet sê: “My Heer talm om te kom” nie, en niemand moet fanaties 'n tyd vasstel nie. Wat wel seker is, is dat die Wederkoms van Jesus Christus op hande voor ons is. Maar die tyd en uur weet niemand nie. Mag ons dan net elke dag wakend en gereed wees.
Available translations
PDF
EPUB