Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem

Vanaf die Here ontvang

« »

In die inleiding tot sy prediking, noem Broeder Branham (bl. 5), dat tienduisende gevalle vooraf aan hom geopenbaar is, wat hy vooruitgespreek het en dat alles gebeur het. Hy het dit gedoen voor sy gemeente, wie al hierdie jare oog- en oorgetuies was, wat hulle toe met 'n kragtige "Amen!" bevestig het. Toe wys hy dat die twee heersende leerstellige rigtings, wat heeltemal teenoor mekaar staan, bybels onwaar is, hoewel dit oral gepreek en geglo word. Aanhaling: “Aldus het ons twee denkrigtings oor die huwelik en egskeiding. Een daarvan is dat 'n man slegs een keer getroud kan wees, tensy sy vrou dood is. Dit is een van die denkrigtings. Maar as jy hierdie pad volg, gaan jy oorboord. Die ander sê: 'Ag, as die man of vrou, enigeen van die twee, owerspel gepleeg het, dan kan enigeen die ander verlaat en weer trou”. Maar ook daarmee, gaan jy oorboord” (bl. 12).

Soms kan dit vreeslik onaangenaam wees, wanneer selfs private gebeure genoem word. Maar God gee op 'n vaderlike manier om vir ons welstand, ook ons onderlinge​​ menslike verhoudings, ingesluit die huwelik. Hy het Sy leringe, ook die oor die verbode dinge, in gebooie in Sy geskrifte vir ewig laat vaslê. Hy is die een wat die beste weet waarvan ons gemaak is en weet wat goed is vir ons, en hoe die oortreding van die wette rakende ons liggaam ons lewe geestelik beïnvloed. Die ongehoorsaamheid wat in ons liggaamlike optrede tot uiting kom, is wat ons siele uiteindelik sal beskadig en ons van God sal skei. Dit is waarom alles in die Skrif, vir 'n kind van God verpligtend is. Deur die wet te gee, het God lewe en dood, die vloek en die seën voor ons geplaas om te kies — deur gehoorsaamheid aan Sy Woord, kies ons lewe; maar enige ongehoorsaamheid daaraan, bring die dood. Ons Verlosser, Hy wie ons plek ingeneem het, was gehoorsaam selfs tot die dood aan die kruis (Fil. 2:8), om ons te verlos van Adam se ongehoorsaamheid (Rom. 5:19, o.a.). Ons Verlosser het gesê: “... maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh. 3:36). Petrus het geskryf: Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie” (IPet. 1:14). Daar is slegs 'twee pare skoene': een paar, ongeloof en ongehoorsaamheid, en die ander, geloof en gehoorsaamheid. Watter paar skoene dra ons? Hier moet ons nie aan ander dink nie, maar onsself persoonlik laat aanspreek deur die Woord van God.

Al die bybelgedeeltes rakende 'n saak moet in ag geneem word. Die een wat 'n enkele teksgedeelte uit die Bybel neem sonder om ‘n ander in ag te neem, doen skade aan die Woord van God. Hierdie Woord is nie daar om iemand die reg te gee nie. Dit is ook nie daar om ons eie interpretasies te ondersteun nie. Ons leef om aan God reg te laat geskiet en om ons aan elkeen van Sy Woorde te onderwerp. Hulle wie byvoorbeeld nie die Woord wat aan die man gerig is en die Woord wat aan die vrou gerig is, kan onderskei en dit laat geld nie, verstaan nie regtig die saak nie. Of miskien wil hulle dit glad nie regtig verstaan nie. As God egter van “hom” praat, is dit die man wie Hy aanspreek, en as God “sy” sê, dan gaan dit oor en is dit vir die vrou. God meen altyd wat Hy sê, en Hy sê altyd wat Hy meen.

In die inleiding tot sy prediking, noem Broeder Branham (bl. 5), dat tienduisende gevalle vooraf aan hom geopenbaar is, wat hy vooruitgespreek het en dat alles gebeur het. Hy het dit gedoen voor sy gemeente, wie al hierdie jare oog- en oorgetuies was, wat hulle toe met 'n kragtige "Amen!" bevestig het. Toe wys hy dat die twee heersende leerstellige rigtings, wat heeltemal teenoor mekaar staan, bybels onwaar is, hoewel dit oral gepreek en geglo word. Aanhaling: “Aldus het ons twee denkrigtings oor die huwelik en egskeiding. Een daarvan is dat 'n man slegs een keer getroud kan wees, tensy sy vrou dood is. Dit is een van die denkrigtings. Maar as jy hierdie pad volg, gaan jy oorboord. Die ander sê: 'Ag, as die man of vrou, enigeen van die twee, owerspel gepleeg het, dan kan enigeen die ander verlaat en weer trou”. Maar ook daarmee, gaan jy oorboord” (bl. 12).

Soms kan dit vreeslik onaangenaam wees, wanneer selfs private gebeure genoem word. Maar God gee op 'n vaderlike manier om vir ons welstand, ook ons onderlinge​​ menslike verhoudings, ingesluit die huwelik. Hy het Sy leringe, ook die oor die verbode dinge, in gebooie in Sy geskrifte vir ewig laat vaslê. Hy is die een wat die beste weet waarvan ons gemaak is en weet wat goed is vir ons, en hoe die oortreding van die wette rakende ons liggaam ons lewe geestelik beïnvloed. Die ongehoorsaamheid wat in ons liggaamlike optrede tot uiting kom, is wat ons siele uiteindelik sal beskadig en ons van God sal skei. Dit is waarom alles in die Skrif, vir 'n kind van God verpligtend is. Deur die wet te gee, het God lewe en dood, die vloek en die seën voor ons geplaas om te kies — deur gehoorsaamheid aan Sy Woord, kies ons lewe; maar enige ongehoorsaamheid daaraan, bring die dood. Ons Verlosser, Hy wie ons plek ingeneem het, was gehoorsaam selfs tot die dood aan die kruis (Fil. 2:8), om ons te verlos van Adam se ongehoorsaamheid (Rom. 5:19, o.a.). Ons Verlosser het gesê: “...maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh. 3:36). Petrus het geskryf: Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie” (IPet. 1:14). Daar is slegs 'twee pare skoene': een paar, ongeloof en ongehoorsaamheid, en die ander, geloof en gehoorsaamheid. Watter paar skoene dra ons? Hier moet ons nie aan ander dink nie, maar onsself persoonlik laat aanspreek deur die Woord van God.