Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem
Broeder Branham gaan na die begin, naamlik, na die eerste boek, Genesis — wat "oorsprong", of “begin” beteken — waar die oorsprong van alle boosheid was, die ‘sondeval’. Daaraan is dan die eerste ongehoorsaamheid gekoppel, die eerste oortreding van die Woord, die eerste verleiding, die eerste owerspel, ens. Hy lê uit, hoedat Eva in Adam was met die skepping van die geestelike liggaam (hoofstuk 1), en hoe sy in hoofstuk 2, deur 'n aardse skepping, uit Adam geneem was. So word 'die geskiedenis van verlossing' binne die geskiedenis van die mensdom, van die begin af voor ons oë gehou: Die Bruid van Christus was al in die Verlosser terwyl Hy in 'n geestelike liggaam was, maar Sy het nie by Hom uitgekom nie, totdat Hy verskyn het in 'n liggaam van vlees en verlossing aan die kruis van Golgota bewerk het.
In sy prediking het Broeder Branham toe gesê dat daar in die begin van die skepping net “'n paar” van elke soort was, dit wil sê 'n manlike en 'n vroulike. Dit bring die gedagte dat die oorspronklike skepping nie geneig was tot sonde nie en ook nie in gesoeking gelei kon word nie (bl. 23). Dit is die rede waarom die vyand die vrou, wat nie in die oorspronklike skepping as 'n onafhanklike persoon langs Adam geskape was nie, in besit kon neem. Sy was eers later uit Adam gehaal. Die volgende gebod is deur God, die Ewige, aan Adam gegee, terwyl Eva nog in hom was: “Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe” (Gen. 2: 16-17). God het met Adam gepraat maar die vyand het Eva gekies as geselskap, en hy het haar verstrengel in argumente oor “wat God gesê het”. Selfs vandag nog gebruik die vyand dieselfde woorde deur die monde van baie mense: “Is dit ook so dat God gesê het ...?”, en dan volg die verdraaiing. God het 'n spesifieke boom gemeen, waarvan nie geëet kan word nie, “die boom van die kennis”; die vyand het van “al die bome” gepraat. Inderdaad het hy met die tema gebly, maar nie in die waarheid nie.
Tydens die eerste skeppingshandeling was die manlike en die vroulike wese beide in een vorm vervat: “En God het die mens geskape na Sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen. 1: 26-29). Alhoewel die hele skepping voltooi was en as baie goed beskou was, en God gerus het op die sewende dag van al Sy werk, nadat hy hierdie sewende dag geseën en geheilig het (Gen. 2: 1-3), word gesê in hoofstuk 2, vers 5b: “... en daar was geen mens om die grond te bewerk nie ...”. Dit was eers daarna, toe hy in ‘n liggaam van vlees gevorm was, dat Adam aan die slaap gemaak kon word en Eva van hom verwyder kon word. In hierdie liggaam van natuurlike vlees, kon die mens al die aardse werke doen, maar dit was ook in hierdie liggaam wat hy geval het; daarom moes die Here in ‘n natuurlike liggaam kom om ons uit die sondeval te bevry en ons te verlos. Die Verlosser is soortgelyk gemaak aan almal wat gered sou word (Heb. 2:17), sodat hulle in die voltooiing soos Hy kon wees (IJoh. 3:2). Dit is omdat die eerste verwekking plaasgevind het deur die verleiding van die ‘slang’, dat die mensdom vleeslik verwek is onder die vloek van die bose. Kain was 'n kind uit “die Bose” (IJoh. 3:12). In die “Onse Vader” bid ons: “... verlos ons van die Bose” (Mat. 6:13b). Die Here van die hemel moes, deur die Gees-verwekking, in 'n menslike liggaam kom om ons van die sonde af te bevry op die regte manier, en ons vry te koop van die mag van “die Bose”.
Vanaf die oomblik dat Eva haarself laat meevoer het deur die argumente van die slang, het sy haar onder die gesag van Satan bevind. Sy het daarna toe vir Adam onder dieselfde invloed gebring, wat baie duidelik, deur die oortreding van 'n gebod, gelei het tot die sondeval. So is dit duidelik dat enige vrou, wat soos Eva, haar man beïnvloed teen die Woord van God, haarself onderwerp aan die inspirasie van die “Bose”. Sulke besprekings word natuurlik, net soos destyds, gevoer met argumente oor “wat God gesê het”. In so 'n situasie, verdraai die vyand die Woord van God in die vrouens se koppe en op hul lippe sonder dat hulle dit oplet. Satan gebruik altyd die Woord van God met die bedoeling om te mislei; hy het ook na onse Here toe gekom met “… daar is geskrywe”, want slegs op hierdie manier kan hy kinders van God tot ‘n val bring. Elke leuen is eintlik 'n waarheid wat onderstebo aangebied word, dit wil sê, verdraai is. Ons moet dus die voorbeeld van ons Here volg wie hom ontmoet het met: “maar daar is óók geskrywe”. Satan haal aanhalings uit die Bybel aan, geïsoleerd en buite konteks, om gelowiges te versoek, maar ons neem die ganse Woord om hierdie versoeker te weerstaan.