Glo slegs die “So spreek die Here”
My getuienis - In verband met William Branham
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Dit was in Augustus, 1955, toe Broeder Branham na Duitsland en Switserland gekom het vir byeenkomste. Ons was bevoorreg om in hierdie dae hier in Europa te kon sien, dit wat ten minste soortgelyk was aan wat in die Evangelies en in die boek Handelinge opgeteken is. Waarlik, onder groot oortuiging het sondaars berou gehad oor hul sondes; die siekes was sigbaar genees, en diegene wat gebind was, is deur die krag van God bevry. Daar was baie vreugde as gevolg van wat ons gesien het, wat die Here onder Sy volk gedoen het. Die blindes het hul gesig gekry, die kreupeles kon weer reg loop en alle maniere van wonderwerke het plaasgevind. Daar kan voorwaar gesê word dat niemand hierdie werke kon verrig, tensy God met hom was nie.
Onmiddelik na die eerste diens was dit my begeerte om hierdie man van God te ontmoet; net om 'n paar woorde met hom te hê. Ek het hom nog nooit vantevore gesien nie en het niks van hom of van sy bediening geweet nie, maar in my hart was daar 'n diepe liefde vir hierdie man van God van die oomblik af toe ek hom gesien het. Die volgende oggend, na die sondagaanddiens, is ek toe na die hotel. Voordat ons hand geskud het, het hy na my gewys, toe ek by die ontvangs staan en gesê: “U is 'n prediker van die Evangelie”. Toe draai hy na links, waar my vrou naby gestaan het, by die ingang en beduie na haar en sê: “En dit is u vrou”. Ons het toe na mekaar toe beweeg en hande geskud.
Ek het nog nooit 'n man soos hierdie gesien nie, wat so nederig was dat ek my geskaam het oor my eie gebrek daaraan. Na 'n kort tydjie van gemeenskap het ons vertrek en hy het ons God se seëninge toegewens. Ek het die plek verlaat met trane in my oë, en die Here bedank vir Sy genade en goedheid. Ek het onmiddelik geweet dat Broeder Branham 'n buitengewone bediening gehad het, maar het nie geweet van die spesiale opdrag wat die Engel van die Here hom gegee het op 7 Mei, 1946, nie. Wat ek elke dag by die byeenkomste gesien het was amper te wonderlik om waar te wees. Dit was soos in bybelse dae weer. Die skare was tussen twaalf en sestien duisend mense. Dit was 'n magtige besoek van God in Sentraal-Europa.
In die jare daarna was 'n selfs dieper begeerte by my geskep om hierdie man van God te hoor preek en God se bonatuurlike werk bevestig te sien in Sy Woord. Om die Godgegewe outoriteit te sien, waarmee hierdie man gepraat het, het 'n diep indruk op my gelaat. Toe hy aan die blinde gesê het, “Ontvang jou gesig in die Naam van die Here Jesus Christus!”, was daardie blinde persoon nie meer blind nie. Toe Hy aan die kreupeles op hul draagbaar sê: “Julle is genees deur die krag van God ... Staan op, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret … Neem jou bed op en gaan huis toe!”, was dit so. Die Woord van God wat deur hierdie man gespreek was, het nooit onverrig teruggekeer nie, maar het altyd bereik wat gesê was. Ek het nooit 'n man met sulke goddelike gesag en met sulke bevestiging deur die Here, voorheen of daarna gesien nie.
In die jaar 1958, het ek die “Voice of Healing”-byeenkomste in Dallas, Texas bygewoon, omdat Eerw. Gordon Lindsay vir Broeder Branham aangekondig het as hoofspreker. Hier het die Here my oë oopgemaak vir die spesiale profetiese bediening van hierdie man van God. Dit was nie moeilik om die verskil tussen al die ander evangeliste en hierdie profeet van God te sien nie. Dit was op die derde dag van die byeenkomste, toe ek sê: “Nou moet ek weet wat hierdie man leer en wat hy glo, want ek sien God is met hom”. Die broeders Leo Mercier en Gene Gold, wat band-opnames van die preke gemaak het, het my sewe bande gegee om saam te neem. Wat ek in daardie preke gehoor het was vir my heeltemal nuut; baie belangrike bybelonderwerpe was behandel. My hart het gebrand terwyl ek na hierdie man van God geluister het. Vir my het die Bybel 'n nuwe Bybel geword. Daarna het ek al die bande ontvang soos hulle gepreek was in Jeffersonville, Indiana, VSA. Groot geestelike seëninge is ervaar deur na die boodskappe op die bande te luister.
Toe kom die dag wat ek nie sal vergeet nie. Dit was die 2de April, 1962, toe ek die magtige en indringend-luide stem van die Here gehoor het. Dit was teen dagbreek van 'n baie aangename oggend. Die nag was verby en die son was op die punt om op te kom. Toe ek na die venster kyk, kom die stem van die Here van bo, maar van regs, presies met 'n oorweldigende gesag in die Duitse taal, en sê die volgende woorde: “My kneg, jou tyd vir hierdie stad sal binnekort verby wees. Ek sal jou na ander stede stuur om My Woord te verkondig”. Ek val toe om na links, want die stem het van regs gekom. Eers na 'n geruime tyd kon ek myself weer stadig oplig.
Daarna is ek buite my liggaam geneem, in 'n ander dimensie gestaan en my natuurlike liggaam gesien. My arms het aan my sye gehang, met die hand-palms oop. Van waar ek in die geestelike realm was, kon ek sien hoe my mond oopgaan en kon ek my antwoord hoor: “Here, hulle sal my nie hoor nie. Hulle het alles in oorvloed en sal nie na my luister nie”. Na 'n oomblik van stilte spreek die Here se stem toe weer die volgende woorde: “My kneg, die tyd sal kom wanneer hulle jou sal hoor. Stoor voedsel op … want daar kom 'n groot hongersnood. Dan sal jy in die midde van die mense staan en die voedsel uitdeel. Moenie plaaslike gemeentes stig nie en moenie 'n gesangboek publiseer nie, want dit is die teken van denominasie”. Ek getuig dat hierdie woorde die waarheid voor God en die mens is. Ek kan selfs die toon en die presiese manier waarop die Here gepraat het onthou en weergee. Terwyl ek die stem gehoor het, was veral die outoriteit opmerklik. Ek het geweet dat dit 'n absolute en finale opdrag was. Ek dink toe dat, as die stem weer moet praat, sou die hele wêreld tot stilstand kom. Daar was geen emosies van blydskap of opspring nie, maar eerder 'n eerbied en ontsag in die teenwoordigheid van die Here.
Sekere dinge soos groente en meel is genoem in verband met die opstoor van die voedsel. Daarom het ek aanvanklik geglo dat dit in die natuurlike bedoel was. Maar in Desember van dieselfde jaar bereik ek toe die punt waar ek 'n antwoord van die Here moes kry oor die betekenis van my ervaring. Ek het besluit om na die Verenigde State te vlieg en vir Broeder Branham daaroor te vra. Ek bel hom toe vanaf die Louisville lughawe, in Kentucky. Tot my teleurstelling antwoord Billy Paul toe en sê vir my dat Broeder Branham weg is, en hy weet nie wanneer hy sou terugkeer nie.
Ek was baie mismoedig, want dit was 'n Saterdag en ek het gehoop om Broeder Branham te ontmoet oor die naweek. Die Sondag oggend het ek na die Tabernakel in Jeffersonville gegaan vir die diens. Skielik gee 'n broeder 'n profesie wat sê dat ek nie tevergeefs gekom het nie, maar die profeet wel sou ontmoet en aan my gesê sou word wat ek wou weet. O, dit het die las van my laat val! Pastoor Neville het my versoek om 'n Woord te deel met die gemeente. Die volgende dag het Broeder Branham teruggekom en my met sy eie motorvoertuig in die YMCA Hotel, in Louisville gaan haal. Twee ander broeders, Banks Wood en Fred Sothman, het op die agtersitplek gesit terwyl Broeder Branham bestuur het. Ons het saam geëet en het toe die oomblikke genader wat vir my soveel beteken. Aan tafel het die twee genoemde broeders teenoor mekaar gesit, en ek het oorkant Broeder Branham gesit.
Broeder Branham het toe 'n gesprek aangevoer aangaande die byeenkomste in Duitsland en Switserland en voortgegaan totdat ek my kans gekry het om net hierdie woorde te sê: “Broeder Branham, mag ek u iets vra?”. Dit was die enigste woorde wat ek kon spreek, toe Broeder Branham onmiddellik antwoord: “Broeder Frank, mag ek jou vertel wat die Here met jou gespreek het?”. Ek was baie keer 'n getuie toe die bonatuurlike gawe in werking was in die bediening van Broeder Branham. Maar dit was heeltemal anders toe my beurt gekom het. Broeder Branham herhaal toe woord vir woord, dit wat die Here duisende kilometers ver vir my gesê het, in die presiese volgorde wat die Here gepraat het. Ek was so beïndruk en verbaas oor hierdie bonatuurlike gawe, dat my spraak my begewe het en ek net kon luister, terwyl Broeder Branham voortgegaan het.
Nadat hy my vertel het wat die Here met my gespreek het, het hy voortgegaan en gesê: “Broeder Frank, die hongersnood is nie 'n natuurlike hongersnood, soos jy gedink het nie, en die voedsel is nie natuurlike voedsel nie”. Toe sê hy: “God gaan ‘n hongersnood stuur om Sy Woord te hoor, en die voedsel wat jy moet opstoor, is die geopenbaarde Woord van God vir hierdie uur, wat op die bande behoue is”. Hy gaan toe voort en sê: “Wag met die uitdeel van die voedsel, totdat jy die res daarvan, wat daarby hoort, gekry het”, ens.
Niemand kan uitdruk wat so 'n ervaring met jou kan doen nie. Dieselfde God wat openbaringe aan die profeet Daniël gegee het, het hierdie openbaring aan Broeder Branham gegee. Tydens hierdie onderhoud was ek nie bewus van die feit dat Broeder Branham self die opdrag gekry het om voedsel op te stoor nie, soos hy by verskeie geleenthede genoem het, selfs in die boodskap oor die sewende seël. Nadat ons geweet het wat die opdrag van die Here was, was daar lang jare van wag totdat my beurt gekom het. Ons het al die bande met daardie kosbare voedsel ontvang en opgestoor soveel as wat ons kon.
Nadat Broeder Branham heengeneem was om by die Here te wees, het dit op die dag na die begrafnis gebeur, dat die woorde, “Wag totdat jy die res van die voedsel ontvang het, en dan sal die tyd van die uitdeel wees”, tot my herinnering gekom het. Net daar het ek met absolute sekerheid geweet wat ek moes doen, volgens die bevestigde opdrag wat aan my gegee was. 'n Innerlike stem het net daar in Jeffersonville gepraat en die woorde herhaal: “Jou tyd het nou aangebreek om die voedsel uit te deel”. Op daardie stadium was ek nie bewus dat die direkte skriftuurlike bediening, deel van die verlossingsplan was nie, maar God was sekerlik. Volgens Amos 8, vers 11, het Hy belowe om ‘n hongersnood te stuur om die Woorde van die Here te hoor. En in Matthéüs 24, verse 45-47, het onse Here gepraat oor die voedsel wat op die regte tyd uitgedeel sou word. Vanaf vers 36 is die onderwerp die koms van die Seun van die mens. Die volheid van die Woord word tans geopenbaar, daarom gee ons die volle gang van God se voorbereide eetmaal. Die mens leef weer van elke woord wat by God se mond uitkom.
Dit is nie moontlik om op al die besonderhede in te gaan nie, maar die Here, wat gespreek het, het alles tot op die letter vervul, wat Hy vir my gesê het. Die ware Woord van God, die Heilige Skrif, soos dit geopenbaar was aan die profeet van die Here, onse geliefde Broeder Branham, het die vars voedsel geword vir menigtes in Europa en dwarsdeur die wêreld. Hy het die opdrag gehad om die voedsel op te stoor. God was verantwoordelik om ‘n hongersnoodte stuur, ek was onder die opdrag om dieselfde voedsel uit te deel. Ek is 'n persoonlike getuie van wat in 110 lande gebeur het, en slegs die ewigheid sal die uitwerking en die gevolge van wat hierdie God-gegewe boodskap op die ware kinders van God in hierdie geslag wêreldwyd gehad het, openbaar.
Op elke moontlike manier het ons die voedsel uitgedeel. Die preke van Broeder Branham is vertaal in baie tale. Ons is bly om u te dien deur die genade van God. Dit is verordineer deur die Almagtige dat u vertroud moet wees met wat God tans doen, volgens Sy beloofde Woord in ons geslag. Hy is gereed vir die voltooiing van Sy werk met die bruidgemeente. Mag ons almal daaraan deel hê.
Neem u standpunt oor die Woord van God, soos ook ander dit gedoen het. God seën u.
Deur Sy opdrag
Outeer en Uitgewer van die oorspronklike Engelse uitgawe:
Ewald Frank, Posbus 100707, 47707 Krefeld, Duitsland
http://www.freie-volksmission.de
Ons plaaslike kontak in Suid Afrika:
Broeder Cecil Golden
Pretoria Mission Centre
Posbus 76222
Lynnwood Ridge
0040
Pretoria, RSA
Foon: +27-73-631-7762

Dit is nie moontlik om op al die besonderhede in te gaan nie, maar die Here, wat gespreek het, het alles tot op die letter vervul, wat Hy vir my gesê het. Die ware Woord van God, die Heilige Skrif, soos dit geopenbaar was aan die profeet van die Here, onse geliefde Broeder Branham, het die vars voedsel geword vir menigtes in Europa en dwarsdeur die wêreld. Hy het die opdrag gehad om die voedsel op te stoor. God was verantwoordelik om ‘n hongersnood te stuur, ek was onder die opdrag om dieselfde voedsel uit te deel. Ek is 'n persoonlike getuie van wat in 110 lande gebeur het, en slegs die ewigheid sal die uitwerking en die gevolge van wat hierdie God-gegewe boodskap op die ware kinders van God in hierdie geslag wêreldwyd gehad het, openbaar.
Op elke moontlike manier het ons die voedsel uitgedeel. Die preke van Broeder Branham is vertaal in baie tale. Ons is bly om u te dien deur die genade van God. Dit is verordineer deur die Almagtige dat u vertroud moet wees met wat God tans doen, volgens Sy beloofde Woord in ons geslag. Hy is gereed vir die voltooiing van Sy werk met die bruidgemeente. Mag ons almal daaraan deel hê.
Neem u standpunt oor die Woord van God, soos ook ander dit gedoen het. God seën u.
Deur Sy opdrag
Br. Frank