Die Antichris

Die Oorsprong

« »

Dat die antichris ‘n misterieuse persoon is, is onweerlegbaar. So seker as wat Christus, as die Waaragtige, slegs erken kan word deur openbaring van bo, net so seker kan ‘n mens die antichris ook net uitken deur verligting van bo. Soos Christus die openbaring van God in menslike gestalte is, sal die antichris gemanifesteer word as Satan se verpersoonliking in 'n man. Satan is beslis nie 'n ateïs nie, hy glo in God en sidder (Jak. 2:19). Sy verteenwoordiger op aarde volg sy voetspore heeltemal. Uiterlik het ons te doen met 'n besondere vroom man wat selfs gedeeltes in die Bybel gebruik net soos die Satan dit gedoen het met die versoeking van Jesus.

Christus sowel as die antichris het 'n lang vorige geskiedenis. Albei het hul oorsprong in die hemel. As ons hulle voetspore terugvolg, kan ons maklik sien dat Christus van God af kom en dat die antichris van die Satan af kom. Christus verteenwoordig die koninkryk van God met Lig en Lewe. Die antichris verteenwoordig Satan se koninkryk van duisternis en die dood. Beide is tans op die aarde, beide is tegelyk bedek en openbaar.

Soos reeds bemerk is, vind ons oor beide presiese beskrywings in die Bybel. Sedert die begin van tyd, word sowel Christus en die antichris uitgebeeld in skadu-beelde en simbole. Beide verteenwoordig 'n koninkryk. Beide maak aanspraak op 'n troon – met die verskil dat die een God is en die ander word vereer asof hy God is. Lig en duisternis, dag en nag, die lewe en die dood, getuig van die begin af van twee fundamenteel-verskillende wesens en van twee terreine. Ons sien die twee stambome vanaf Kain en Abel, voortgesit in Jesus en Judas, en uiteindelik tot by Christus en die antichris.

Christus word vir ons beskrywe deur Sy verskillende aanwysings wat in verhouding staan met sy veelvuldige take: die Seun van God, die Seun van die mens, Seun van Dawid, die Lam van God, die Middelaar, die Voorspraak-maker, die Koning, die Priester, Profeet en so aan.

Soos reeds genoem is, word die antichris ook elke keer met verskeie titels genoem soos: die "valse profeet", "die onregverdige", "die wettelose", "die man van sonde", ens. Vir iemand wat vertroud is met die Skrif, sal dit nie moeilik wees om te vind dat al die eienskappe en kenmerke van God een honderd persent aangetref word in Christus en die van die Satan word alles in die antichris gevind.