Die Antichris
Nou kom ons 'n nuwe simbool tee, wat ook deel uitmaak van die anti- christelike konstellasie. Dit bestaan uit aardse politieke- en geestelik- godsdienstige mag. God het 'n rede vir die keuse van sulke beelde. Hy kon nie die punt op ‘n meer sinvolle manier maak nie. In Openbaring 17 word die laaste koninkryk in sy finale fase daargestel. Die groot hoer speel die hoofrol, wat op die dier ry en ook vir eie doeleindes heerskappy uitoefen oor die wêreldmag. Johannes het 'n stem hoor sê: "Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit, met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery" (Openb. 17: 1b-2). Neem in ag dat dit die veroordeling is soos dit gesien word deur God. Vir die mensdom, kan dit heeltemal anders voorkom. Die maghebbers van die aarde wedywer vir die guns van die groot hoer en die aarde se bewoners het die vermoë verloor om op 'n sinvolle manier te oordeel. Johannes berig verder: "En hy het my in die gees weggevoer na 'n woestyn, en ek het 'n vrou sien sit op 'n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings" (Openb. 17:3).
Om die betekenis hiervan te kan verstaan, moet ons die konsep van ‘vrou’ bekyk en ontdek waarom die Skrif praat van 'n "hoer" in verband daarmee. God verwys verskeie kere in die Ou Testament na Israel as Sy vrou – Sy Gemeente in wie hy die saad van Sy Woord plaas. Hy het haar later berispe vir haar ongeloof en geblameer vir haar geestelike hoerery aangaande die aanbidding van afgode. Sy het van die Woord afgedwaal en daarmee van God self af, en vir haar 'n vreemde saad geneem en begin om geestelik te hoereer. "Twis met jou moeder, twis; want sy is nie my vrou nie, en Ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af weg ... En ek sal My oor haar kinders nie ontferm nie, want hulle is kinders uit hoerery gebore. Want hulle moeder het in ontug gelewe, sy wat met hulle swanger was, het skandelike dinge gedoen" (Hos. 2: 2, 4- 5a).
Die HERE het aan die profeet Jeremia gevra: "Het jy gesien wat die afkerige, Israel, gedoen het? Sy het op elke hoë berg en tot onder elke groen boom gegaan en daar gehoereer" (Jer. 3:6). Die opstand teen God en sy Woord lei tot die aanbidding van afgode. So is 'n ras onegte kinders gebore wat God kinders van 'n hoer genoem het: "Hulle dade gedoog geen terugkeer tot hulle God nie, want daar is 'n gees van hoerery in hulle binneste, en hulle ken die HERE nie ... Hulle het troueloos gehandel teen die HERE, want hulle het onegte kinders verwek ..." (Hos. 5:4,7).
Maar die HERE het ook deur die profeet Hosea die stand van die Gemeente van die Nuwe Testament gewys, wat Hy uit genade die verlossing geskenk het. Hy verkondig dus: "En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming. En Ek sal My met jou verloof in trou; dan sal jy die HERE ken" (Hos. 2:18-19). Deur Sy menswording het God 'n liefdevolle verhouding met Sy Gemeente geherstel. As HERE het Hy haar Verlosser geword en deur Sy dood aan die kruis het Hy eens en vir altyd betaal vir haar versoening en vergifnis. In Sy liefde en barmhartigheid het Hy hulle weer laat terugkeer na die geregtigheid van God. Hy het die verlostes byeengebring in ‘n liggaam wat Hy bou as Sy geliefde “Bruid” Gemeente, met Hom as hul "Bruidegom."
Toe Johannes die Doper van God gestuur was, het hy gesê: "Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom ..." (Joh. 3:29). Die wet en die profete was tot Johannes; van toe af was die koninkryk van God verkondig (Luk. 16:16). Johannes die Doper was die eerste om te praat van die Bruidegom en die Bruid. Dit is in die gestalte van "Bruid" wat die uitgeroepe Gemeente van die HERE, die Ekklesia, gevind word onder die Nuwe Verbond. In Mattheus 25 praat die HERE Jesus van Homself as die Bruidegom en van die wyse, rein en gees-gevulde maagde wie saam met Hom by Sy wederkoms, na die bruilofsmaal van die Lam heen sal gaan. Die voorbereide skare wat die voltooiing bereik word getoon aan ons in heerlikheid in Openbaring 19:7. Hulle roep uit: "Laat ons bly wees en ons verheug en aan hom die heerlikheid gee; want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak".
Net soos dit was met Maria in haar tyd, ontvang die ware Bruid ook die beloofde Woord in ons dag, in ‘n maagdelike staat. Daarteenoor is daar ook die ontroue vrou wat uit die teenwoordigheid van God afvallig geword het en 'n vreemde saad ontvang het. In Openbaring 17 word daardie afvallige instansie vir ons duidelik beskryf. Daar word die ontroue vrou aangewys as die "groot hoer". Om dit beter te kan verstaan, is dit nodig om dit te vergelyk met die vrou wat aan ons in Openbaring 12 aangetoon word, wie die ware Gemeente simboliseer. Ons moet nie die groot verskil tussen die twee profetiese simbole oor die hoof sien nie.
Die vrou in Openbaring 12 is bekleed met die son. Dit dui op Christus, die Son van Geregtigheid, wat genade verleen aan Sy volk, gedurende die tyd van die Nuwe Verbond. Die maan verteenwoordig die Ou Testament met die beloftes wat aan dit gegee is – dit is die fondasie van die Nuwe Testament. Net soos in die natuurlike die maan sy glans ontvang van die son, so is dit met betrekking tot die geestelike; van die Ou Testament wat ook verlig word deur die vervulling van sy beloftes in die Nuwe. Die Nuwe Testament bevat die vervulling van al die beloftes van die Ou Testament.
Die Nuwe-testamentiese Gemeente is gegrond op die fondament van die Ou Testament. Jesus en Sy apostels het hulle uitsluitlik beroep op die Ou Testament, want in daardie dae was die Nuwe Testament nog nie geskryf nie. Alles wat uit die oogpunt van die heilsgeskiedenis vervul word in die Nuwe Testament kan duidelik in die Ou Testament getoon word. Dit is die rede waarom die Ou en Nuwe Testamente gesamentlik die Bybel in sy geheel vorm. In die Ou Testament het God die heil aangekondig; in die Nuwe het Hy dit geskenk.
Die kroon van twaalf sterre wat die vrou op haar hoof het, versinnebeeld die ware Gemeente, gekroon met die leringe van die twaalf apostels. In die afbeelding in Openbaring 12 is die vrou swanger en in haar baringsnood skree sy uit van die geboortepyne, wat daarop dui dat uit die Gemeente gaan diegene wie die goddelike Saad van die Woord opgeneem het, die oorwinnaars, wedergebore word. Die uitverkorenes word uitgeroep uit die menigtes van al die kerk-eeue.
"... En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het" (Openb. 12:4). Vreemd genoeg, die draak was presies soos die dier met sewe koppe en tien horings, waarop die hoer sit, soos aangeteken in Openbaring 17. Die koninkryk van Satan op aarde is die van die antichris. Satan het daarin geslaag om sy koninkryk deur sy verteenwoordiger hier op aarde te bou, om sy voorgenome planne uit te voer.
Hoewel die uitverkorenes nie die groot verdrukking sal meemaak nie, sal hulle tog met 'n kort beproewingstyd getoets word. Dit is wat hier uitgebeeld word waar ons die draak woedend voor die vrou sien staan. Deur sy aardse mag onderdruk hy die Gemeente. Sodra die politieke en godsdienstige magte saamgesnoer word, sal druk uitgeoefen word op politieke vlak, deur godsdienstige mense. Almal wat dan nie onderdanig sal wees aan dié gekombineerde staat- en godsdiens stelsels nie, sal vervolg word.
Nou wil ons ons terugwend na die groot hoer wat op die dier sit met sewe koppe en tien horings. Hierdie hoer-vrou op die dier, soos hier uitgebeeld, is die afvallige godsdienstige wêreldmag wat uit die teenwoordigheid van God kom en politieke regerings van hierdie wêreld dien. Sy was geklee in purper en skarlaken en versier met goud en kosbare stene en pêrels. (Openb. 17:4). Daar is geen rede vir verdere verduidelikings nie. Daar is net een sulke instelling op aarde. "... en sy het in haar hand 'n goue beker gehad, vol van gruwels en die onreinheid van haar hoerery". Ten spyte van haar pragtige voorkoms, was die goue beker in haar hand vol gruwels.
Die hoer van Openbaring 17 is ook ‘n moeder. Vers 5 spreek daarvan:
"En op haar voorhoof was 'n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde". In die laaste fase is sy nie net Babilon nie, maar “die groot Babilon".
Sy het baie dogters wat uit haar skoot voortkom. Net soos die moeder afvallig van God af en ontrou geword het, lei sy haar dogters – die denominasies – weg van die oorspronklike Woord van God af en dus van God self af. Hulle was toe verstrik in hul eie leerstellinge en self- geformuleerde geloofsbelydenisse. Hulle nalatenskap vanaf hul moeder is onbybelse tradisies, wat in die oë van God geestelike hoerery is, daarom noem God se Woord hulle ook hoere.
Wat Johannes in vers 6 berig, is skokkend: "En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien". Die kerk-geskiedenis gee veskillende getalle martelare aan. Die hoogste skatting, sover dit bekend aan die skrywer is, is 68 miljoen. Maar net God weet wat die werklike getal is van diegene wie doodgemaak was ter wille van hulle geloof. Geen wonder dat Johannes verbaas was toe hy die vrou dronk van die bloed van die heiliges en martelare van Jesus gesien het nie. Vir oningeligtes mag dit onwaarskynlik wees, maar diegene wie waaragtig in Christus glo was nog altyd deur die antichris- stelsel vervolg. Aan die einde van Openbaring 18 vind ons die volgende: "... want deur jou towery is al die nasies verlei. En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is" (vv. 23c-24).
Die geskiedenis van die Gemeente is deurweek met die bloed van die martelare. Dit is slegs in die Tweede Vatikaan Raad, tussen 1962 en 1965, toe hulle begin instem het dat die 'vloek' wat op die Jode was, waarin hulle aangewys was as "moordenaars van Christus", nie langer in stand gehou kon word nie. Dit is onder hierdie vloek van die pouse waardeur die Jode vervolg, onteien en gedood was in al die eeue! Dit was dieselfde met almal wat 'n ander geloof gehad het. Maar wie praat vandag nog van die slagting in Ierland? Wie onthou nog die ander sy van die Spaanse Inkwisisie of die slagting van St. Bartholomeo in Frankryk? Wie onthou nog wat gebeur het met die Hugenote of die Mennoniete? Wie het nie gehoor van die onteiening en uitsetting van die Waldense nie? Wat van al die vervloekinge wat geskrywe was, ten opsigte van alle sg. ketters en spesifiek by die Raad van Trent? Hierdie anathemas is nooit herroep nie! Nie die doel, nog minder die wese van hierdie "instelling" is verander nie, net die strategie. Tot vandag nog word almal wat anders glo, insluitende ware Bybel gelowiges, beskou as ketters en sekte-aanhangers, ens.
In Openbaring 17:7 word die geheimenisvolle konstellasie nog ‘n maal aan ons presies beskrywe, toe die engel aan Johannes vra: "... Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra". Dan kry Johannes die volgende verduideliking: "Die dier wat jy gesien het, was en is nie en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar ..." (vers 8a). Hierdie mag kom nie van bo nie, maar van onder af. Die leier en haar volgelinge gaan die verderf in, net soos Judas. Deur die val van die Romeinse Ryk het Rome sy wêreldmag tydelik verloor, maar op die ou einde sal haar godsdienstige invloed, met ‘n ondenkbare omvang weer versterk word.
Mag die volgende verse die laaste twyfel wat daar nog mag wees verwyder: "Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit" (Openb. 17:9). Hierdie beskrywing toon duidelik watter stad dit is – een wat gebou is op sewe heuwels. Diegene wat noukeurig lees moet ook in staat wees om die beskrywing van die vrou presies te plaas, wat haar hoofkwartier het in die sogenaamde ‘ewige’ stad! Maar, soos die Woord van God sê, is dit nodig om goddelike wysheid, tesame met 'n goeie begrip te hê, om hierdie dinge te herken.
Maar die sewe koppe het egter nie net 'n eenvoudige betekenis nie: dit versinnebeeld ook sewe vooraanstaande heersers, waarvan vyf reeds verskyn het toe Johannes die visioen gehad het. Die sesde was daar tydens sy tyd en die sewende behoort aan die eindtyd. Derdens, simboliseer dit ook die leidende hoofde binne die wederopgerigte Romeinse wêreldryk aan die einde. "En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf" (v. 11). Dit is hoogs interessant. Hier praat dit van 'n agtste maghebber wat ook beskryf word as die dier.
Wie die Vatikaan besoek sal eerstehands ervaar dat die Vatikaan op sigself 'n selfstandige staat is met alles wat aan ‘n aardse regering behoort. Daarom kan ons verstaan dat die agtste geografies behoort aan die sewe, maar nog steeds bestaan as die onafhanklike "Vatikaan- stad". Dit is 'n staat midde-in 'n ander staat.
Meer duideliker kan dit nie wees nie. Om bybelse profesie te vervul het Benito Mussolini in 1929, deur die Lateraanse Verdrag, die Pous die reg van soewereiniteit oor die Vatikaanstad verseker. Op 20 Julie 1933 volg toe die samestelling van die ryk tussen Hitler en Pius XI. Daarmee het beide hierdie katolieke diktators die magtige Katolieke Kerk agter hulle gehad. In verband daarmee was aan Johannes verduidelik: "Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale" (Openb. 17:15).
Dit hou verband met Europa waar daar reeds in daardie dae al massas van mense en tale was. In vers 18 is dit nie nodig om enige ander kommentaar by te voeg nie: "En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde".
Wie wil ontken dat alle maghebbende persoonlikhede, veral politici wat aan bewind kom, na Rome reis? As dit nie was vir die Vatikaan nie, sou nie een van hulle hul steur aan daardie stad nie. Juis daarom hoor ons altyd berigte van oudiënsies wat toegestaan was aan belangrike persoonlikhede van alle wereldse vlakke; sulke besoeke word altyd gedek deur die belangrikste media.
Deur diplomatieke kanale is dit moontlik gemaak dat hulle onbeperkte invloed uitoefen op alle belangrike lande van die aarde. Daar is net een gesag op aarde wat beide heimlike en openlike invloed uitoefen op konings en staatsmanne, op demokrasieë en diktature eweneens. Daar is net een supermoondheid wat die wêreld omvou.