Die Antichris
Die konstellasie in die eind-fase is van groot belang. Wêreld-wye ontwikkelinge, hetsy op politieke of ekonomiese gebied, dwing die swak state om met die sterkes saam te werk. In hierdie geval het sewe lande in Wes-Europa ‘n direkte rol en dit word gesimboliseer deur die sewe koppe.
Die dryfkrag kom uiteindelik van die "Europese Gemeenskap", waarvan die fondasie reeds in 1957 gelê is deur die Verdrag van Rome. Die implementering van die Verdrag van Rome is ook die vervulling van 'n bybelse profesie. Dit het ontstaan deur drie politici wat 'n deurslaggewende rol in die stigting daarvan gespeel het: Robert Schuman (Frankryk), AIcide De Gasperi (Italië) en Konrad Adenauer (Duitsland). Al drie was Katolieke en Christen-Demokrate, en as sulks was hulle gevul met Rooms-Katolieke internasionalisme. Die herlewing van die Romeinse Ryk het nou in werklikheid begin, met volledige sukses.
Die Franse president Charles de Gaulle, wat toe reeds geskiedenis gemaak het, het die visie gehad van 'n ten volle verenigde Europa, uitgebrei tot by die Oeral. Vreemdsgewys het Michail Gorbatsjof, by die partykongres in Oos-Berlyn in April 1986, dieselfde gedagte gehad. Ons moet kyk na hierdie snelle ontwikkeling van die profetiese bybel-visioen en die orde in ooreenstemming daarmee. Alles sal gebeur soos wat vooruit gesien was.
As Konrad Adenauer die aanbod aan hom gemaak deur Stalin op 10 Maart 1952 aanvaar het, sou geen grens getrek gewees het deur enige land tussen Oos- en Wes Europa nie. Maar hierdie besluit moes geneem word, anders sal die Europese Gemeenskap nie ‘die lokomotief’ wees nie. Stalin het die hereniging van die verdeelde na-oorlogse Duitsland aangebied, met die enigste voorwaarde dat dit neutraal bly. Adenauer, wetende hoe die protestantse bevolking van die Demokratiese Republiek van Duitsland (genoem die DDR), sou stem, het die aanbod geweier. Oostenryk daarinteen het die aanbod van neutraliteit aanvaar en het dit beslis nie berou nie.
Terwyl die sewe koppe 'n sterk komponent is van die stelsel wat domineer aan die einde, manifesteer die tien horings net in die laaste periode van die profetiese gebeurtenisse: "En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier ... Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woord van God volbring is" (Openb. 17: 12,13 en 17).
Dit verwys hier na 'n spesifieke tyd waarin sy mag begin en ook 'n spesifieke tyd wanneer dit sal eindig. Volgens die beskrywing simboliseer die tien horings Oos-Europa, in teenstelling met die sewe koppe wat ons vind in Wes-Europa.
In die finale fase sal die Oos-Europese lande, gelei deur Rusland, gedwing word om by 'n verenigde Europa aan te sluit. Reeds nou al kan ons die geleidelike toenadering waarneem. Die ekonomiese bande tussen die Wes- en die Oos-blok lande sal laasgenoemde geen ander keuse laat as om aan te sluit nie. Verder drywe die kommer oor "vrede en veiligheid" ook almal na 'n gemeenskaplike onderhandelingstafel.
In Daniël 2:43 was die voete van die beeld deels van yster en deels van klei, dit wil sê, van twee fundamenteel-verskillende materiale; omdat yster en klei nie kan meng nie, kan dit dus nie enige sterk verbinding tussen hulle hê nie. So sou dit ook wees tussen Oos- en Wes-Europa. Die lande van Oos-Europa sal deur die planne van die Roomse kerk sien en dit net duld tot op 'n punt – net totdat die bybelse profesieë vervul is; en dan sal hulle die hoer ‘n vernietigende slag toedien, soos dit in Openbaring 17:16 geskrywe staan: "En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand".
Dit sal 'n skielike aanval wees, want dit sê verder: "Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!" (Openb. 18:10). Ons sien 'n paar verse later dat die beskrywing weereens herhaal word, sodat almal met die eerste oogopslag kan herken op wie dit gemik is: "Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!" (vers 16). Voor Johannes se oë het 'n engel verskyn en die einde van hierdie wêreldstad uitgebeeld: "En een sterk engel het 'n klip opgetel soos 'n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met ‘n vaart sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie" (vers 21).
In die Ou Testament vind ons 'n beskrywing van hierdie stad. Almal het al gehoor van die toring van Babel. Bab-el beteken ‘Poort van God’. Babilon, wat beteken ‘verwarring wat styg na die hemel’, kom uit die oorspronklike Babel. Die profeet Jeremia het sy ondergang reeds gesien as 'n voldonge feit, "Babel was in die hand van die HERE 'n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword" (Jer. 51:7). Valse leerstellinge het 'n geestelike uitwerking, soos in die natuurlike ‘n mens na sterk drank sy toevlug neem en dan sy fokus verloor en nie weet wat waarheid is nie, wat hy dink of wat hy sê nie. Dit is die geestelike toestand van die christendom vandag. Almal het gedrink uit die beker van Babilon en hulle eie gedagtes daarmee gemeng.
Jeremia skryf verder in vers 8: "Skielik het Babel geval en is verbreek. Huil oor hom; gaan haal balsem vir sy pyn! Miskien sal hy gesond word". Soos ons sien in die daaropvolgende vers, is daar genesing vir diegene wat uit Babilon kom maar nie vir Babilon self nie: "Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy het nie gesond geword nie; verlaat hom en laat ons trek, elkeen na sy land; want sy strafgerig raak tot aan die hemel en verhef hom tot by die wolke" (v. 9).
In Openbaring 16:19 word die oordeel van hierdie stad ook beskryf vir ons: "En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn". Met die aanskouing van hierdie hoerende vrou het ons gevind dat sy met 'n beker verwerplike en onbybelse leringe in die hand sit waaruit die ganse mensdom gedrink het, volgens Openbaring 18:3. Maar in geregtigheid word die beker van die toorn van God uiteindelik op haar gegiet. "Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het!" (Openb. 18:20).
Dit godsdienstige instelling, wat haar heerskappy oor die konings van die aarde in verbinding met die ekonomiese en politieke mag uitoefen, sal uitgeroei word voor die vestiging van die Koninkryk van God op aarde. In Openbaring 18: 2-3 sê dit dat ‘n engel met groot mag met 'n groot stem uitgeroep het: "Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste en 'n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls, omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid".
Dit is oorweldigend om te sien hoe die Heilige Gees die profete en apostels geïnspireer het en hierdie dinge lank vooruit aan hulle geopenbaar het. In vers 5 word ons vertel dat haar sondes na die hemel gereik het en in verse 7 en 8 sê dit: "Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie – daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger, en met vuur sal sy verbrand word; want sterk is die HERE God wat haar oordeel".
God, die Almagtige, het reeds vooruit die oordeel oor haar uitgespreek. Hy het die tien horings voorberei om gebruik te word as instrument om die stad met 'n bom 'n skielike einde te gee. Ons kan seker wees dat die tyd sal kom wanneer die ware proklamasie sal realiseer, want God sê wat hy bedoel en hy bedoel wat hy sê. Dit is hoekom almal wat verwoesting wil ontsnap, moet gehoor gee aan wat die stem gesê het uit die hemel: "Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie" (Openb. 18:4).
Ons moet Rusland beskou as die uitvoerder van God se oordeel. Die simbole van die hamer en sekel is heeltemal paslik. Drie aanvalle sal uitgevoer word, waarvan die eerste die ander twee bybels- toewysbaar sal maak. Die eerste sal vervul word teen die VSA, die tweede teen die Vatikaan en die derde teen Israel. Omdat die VSA naas Israel staan sal die eerste aanval strategies op hom wees om hom buite aksie te stel vir 'n rukkie, sodat die VSA nie kan ingryp nie, wanneer hulle op Israel toesak. Rusland sal aansluit by al die Arabiese lande om die aanval teen Israel te loods. Vir lesers van die Bybel, is hierdie gebeurtenis bekend as die groot slag van Armageddon:
"... Perse, Kusiete en Putéërs saam met hulle, almal met skild en helm; Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die noorde, en al sy leërs – baie volke saam met jou. Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle 'n leidsman. Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy ‘n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as pynhoop daar gelê het – ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid. Dan sal jy optrek soos 'n onweer wat aankom, jy sal wees soos 'n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou" (Esé. 38: 5-9).
Dit is dan dat God sal ingryp en met net een slag 'n einde aan alles sal bring: "En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is. So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is" (Esé. 38: 22-23).
In Sagaria 14:12 vind ons die volgende: "En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hul mond".
Dié beslissende stryd is gedurende die apokaliptiese oordeel. Dit sal plaasvind wanneer die sesde engel sy skaal van God se toorn uitgiet. (Openb. 16: 12-16). Dis dan wanneer die volgende woorde tot vervulling sal kom: "Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie ..." (Dan. 2:44). Die begin van die eskatologiese gebeure, vervul wat geskrywe is: "Want Hy volbring ‘n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die HERE 'n saak wat verkort is, op die aarde sal doen" (Rom. 9:28).