Die Antichris

Besondere Kenmerke

« »

Die profeet Daniël gee vir ons meer onmiskenbare en opvallende tekens van hierdie man, wat ook beweer dat hy koning sal wees. Ten slotte oortref sy koninklike paleis alle ander koningshuise. In Daniël 11, vers 36, word die volgende gedagtes uitgedruk: "En die koning sal doen net wat hy wil en homself verhef en hom groot hou bo enige god, en teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek; en hy sal voorspoedig wees ...". Ons ondervind hierdie verwaandheid van die man voortdurend. Daar word ook gesê in vers 37: "... en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou". God het die kenmerke van sy persoonlikheid so duidelik beskryf dat selfs 'n eenvoudige mens dit kan begryp. Dit is die HERE wat die huwelik ingestel het, maar hierdie man verwerp dit en is dus gekant teen die goddelike orde. Daniël het onder inspirasie van die Heilige Gees geskryf toe hy noem dat hierdie man vroueliefde sal verag.

Dit is met 'n profetiese blik dat Paulus hierdie tema opneem in sy brief aan sy mede-werker, Timótheüs. Hy skryf oor die leerstellinge wat van duiwels en dwaal geeste kom, en dan kom hy ook tot die kern van die saak: "wat verbied om te trou, en gebied dat mense hulle moet onthou van voedsel ..." (1Tim. 4:3). Weereens beklemtoon ons dit wat die HERE gesê het: "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie ..." (Genesis 2:18).

Die leerstelling oor selibaatheid het ‘n vroom voorkoms, maar is ont- masker in die onfeilbare Woord van God as 'n valse en demoniese leerstelling. Dink net altyd só daaraan: anti-Woord = anti-Christus.

Paulus skryf aan die gemeente van Korinte: "Het ons dan geen reg om 'n suster as vrou ... net soos die ander apostels en die broers van die HERE en Céfas nie?" (1Kor. 9.5). Hier word ons te kenne gegee dat ook die broers van Jesus vrouens gehad het. Die broers van Jesus word ‘n paar keer genoem in die vier Evangelies, en selfs by name in Matthéüs 13:55. Dit weerlê duidelik die ou legende dat Maria geen ander kinders gehad het nie, ‘n legende wat volgehou word as gevolg van die aanbidding van Maria. Volgens Handelinge 1:14 was Maria, die moeder van Jesus én Jesus se broers, onder die 120 mense wat in die bo- vertrek vergader was.

Van die hoof van hierdie stelsel hoor ons verder: "maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer, en die god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteente en kosbaarhede vereer" (Dan. 11:38). Die frase "sal hy die god van die vestings vereer", spreek van die oorlogsugtige verbintenis wat hierdie godsdienstige mag het. Die geskiedenis getuig van kruistogte, godsdienstige oorloë en verwoesting wat in die naam van God begaan is onder die teken van die kruis. Om die verband selfs duideliker te maak, ontbreek die verwysing na goud, silwer en edelstene nie. Die god wat hy gemaak het, is 'n god wat sy vaders inderdaad nie vereer het nie. Die God van Abraham, Isak en Jakob is 'n ander God.