Die Antichris
In Openbaring 13:16 sê dit: "En hy (die tweede dier) maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word". Ook hier het ons te doen met die simboliese taal van die Bybel. 'n Merk is 'n kenteken, 'n identifisering. Paulus het gesê: "Verder moet niemand my moeite aandoen nie, want ek dra die littekens van Jesus in my liggaam" (Gal. 6:17). Hy het gely vir Christus en ter wille van die ware verkondiging van die evangelie. Hy was met Hom in 'n lydingsgemeenskap. Dit was beslis nie sigbare wonde soos dié van Jesus nie. Dit sou natuurlik 'n duiwelse bespotting wees van die heilige, eenmalige verlossingsdaad van God in Christus Jesus; dít kan nie nageboots word nie! Paulus was gekenmerk as 'n dienskneg van Christus, en hy het Sy skande gedra.
Die merk op die voorhoof dui ‘n ooreenstemming met hul besluite aan, terwyl die merk op die hand ooreenstemmende handeling aandui – Die voorhoof dui ooreenstemming met die antichris aan en die hand, deelname aan die antichris-stelsel.
Diegene wat hulself bybel-gelowiges ag, praat baie oor die merk van die dier, maar hulle besef nie dat almal in die mens-georganiseerde christe- like denominasies reeds daardie merk het nie. Nie een van die instellings met 'n aardse hoofkwartier is deur God gestig nie. Hy het ‘n lewende organisme in die lewe geroep. Die bybelse gemeentes in die vroeë christendom het as vrye, onafhanklike, soewereine, plaaslike gemeentes bestaan. In daardie tyd was die Gemeentes onder leiding van gees-gevulde en -gemagtigde manne, elk met 'n goddelike roeping en opdrag, deur God in die Gemeentes gevestig (1Kor. 12:28; Efé. 4:11). Daar was geen hoofkwartier of superintendent oor hulle nie. Daar was ook geen bybelskole of seminare nie of geen mens-verkose leraars- forums om predikers en gemeentes te lei nie. Eintlik was daar op daardie stadium niks van wat in die christendom vandag so voor-die- hand-liggend lyk nie; en omgekeerd is daar nou niks in die georgani- seerde en onafhanklike kerke wat ooreenstem met die suiwer leringe en praktyke van die eerste Christene nie. Dit is nou net 'n dooie vorm.
Vandag het selfs die kleinste splinter-groepie gelowiges hul eie riglyne, waarby hulle hul streng hou; slegs diegene wat aan dieselfde organisasie behoort, kan vir hulle preek. Die Protestante het beswaar gemaak teen die Rooms-Katolieke Kerk se eis dat buite haar daar geen heil is nie, en met reg so! Maar by nadere ondersoek, vind ons dieselfde eise in alle kerke, tot die kleinste groepie. Tog sê almal, óf hardop óf onderlangs, dat as 'n mens hulle leringe of openbaring nie glo nie, jy nie gered kan word nie. Daarmee identifiseer hulle met die merk van die eerste georganiseerde Christelike godsdiens, selfs al verskil hul leerstellinge van mekaar. Dit is genoeg om die merk van die dier outomaties te ontvang en onderwerp te word aan die gees van die antichris. Wat die deurslag gee is waar mense gekoppel is aan 'n organisasie, 'n bepaalde lering of 'n persoon. Dit beteken dat al die kerke, georganiseerd of onafhanklik, tot op die kleinste of jongste beweging, reeds die merk van die dier dra sonder dat hulle dit weet.